2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post Reply
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE!!



[img width=540 height=480]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... Engels.jpg[/img]

Wil net dankie s? aan almal en hul betrokkenheid tot die forum asook die geleentheid wat my gegun word om die "BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL" te adverteer. Die skietstoel kompetisies is nie net geloods om my produk te bemark nie maar ook om positief by te dra tot die JARACAL forum. 10% van die bedrag wat tydens die skietstoel kompetisie ge-in word, word oor gedra aan die JARACAL fonds rekening om terug te ploeg vir dit wat ek neem uit die forum.

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... 112010.jpg[/img]

Die tyd het aangebreek waar die JARACAL lede en vriende weer die geleentheid het om deel te neem aan ons jaarlikse skietstoel
kompetisie. Afhangende van die hoeveelheid inskrywings wat ek ontvang sal ek ook 'n 2de en moontlik 'n 3de prys beskikbaar stel bv.

1. 40+ inskrywings sal een stoel as prys beskikbaar wees
2. 80+ inskrywings sal 'n 2de skietstoel gewen word
3. 120+ inskrywings sal 'n 3de skietstoel gewen word

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... C03103.jpg[/img]

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... 112009.jpg[/img]

Die kompetisie begin amptelik vandag 1/3/2011 en sal afsluit Donderdag 31/3/2011. Die prys wenner(s) sal aangekondig word Vrydag 01/04/2011. Kompetisie re?ls is soos volg:

- Deelnemers moet kaartjies koop @ R200/inskrywing
- Deelnemers is nie beperk tot 'n spesifieke hoeveelheid inskrywings nie. So jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
- Kaartjies word gekoop deur die bedrag per kaartjie (R200) elektronies oor te plaas in die volgende bank rekening:

F P SENEKAL
STANDARDBANK
CHEQUE REK # 221138889
TAK: VANDERBIJLPARK


- Sodra die kaartjie geld oorgeplaas is moet die deelnemer my PM met sy/haar adres en kontak besonderhede waarna 'n kaartjie nommer toe geken sal word.
- Kaartjie nommers word aan die einde van die kompetisie aan 'n onafhanklike persoon gestuur waarna 'n trekking sal plaas vind en die wenner op die forum aangekondig word.

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... /JAKES.jpg[/img]

Sterkte mense en mag jul die kompetisie geniet!

P.S Jakes, ek hoop nie jy slag my oor jou foto nie... ;)
Last edited by Freek on Tue Mar 01, 2011 9:09 am, edited 1 time in total.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Geno »

Dalk is ek die keer gelukkig.........
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Stefan764 »

Eks self in die mix...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Geno »

Stefaans,
Sterkte maat, ek hoop maar vir third time lucky die keer!
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Geno, maak nou seker jy koop die regte kaartjie nommer die jaar... 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by JACQUES BOTHA »

FREEK
EN DAAR SIT EK TOE OP JOU GEMAKSTOEL DIE VOLLE 150 KG VAN PURE PASSIE..
LEKEKR BLY
JACQUES BOTHA
MANNE DAAI STOEL IS STEWIG TER BEVESTIGING
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Pvdw »

Freek sit sommer my naam op daai stoel 8) 8) Ek sien myself al te lekker sit in hom ;D ;D

Ek gaan my luck try op die een.

Peet
Work to live, don"t live to work
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

JB 
...VOLLE 150 KG VAN PURE PASSIE..


Mis ek darrem nou daai kursus op Middelburg, so klomp jak jagters by mekaar is 'n belewenis.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Stoele oppad na die Laeveld, Jakkalse se nommers is binnekort op daar. Dink julle hierdie rig kan werk vir  jakkals jag instrukteur en student?  Ek  dink dit kan handig te pas kom met 'n praktiese demonstrasie, moet net 'n bakkie kry met 'n lang genoeg bak an laer dak-Sir Taffie en Dr Jaracal, daar kan altyd iets gereel word...

[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... C03162.jpg[/img]


[img width=560 height=420]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... C03164.jpg[/img]
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Dag manne. Die tyd stap aan, ons is al oor die halfpad merk m.b.t die kompetisie se sluitings datum en daar is tot dusv?r slegs 2 deelnemers wat vir die 2011 skietstoel kompetisie in geskryf het. Wil net graag 'n aanduiding kry van hoeveel JARACAL lede en vriende moontlik nog belangstel om in te skryf.

Hierdie is 'n gulde geleentheid vir iemand wat nog nie toegang het tot 'n oordentlike skietstoel om weg te stap as die trotse eienaar van 'n nuwe Bosvark skietstoel. Kry die buurman of jagmaat waat graag so 'n stukie toerusting benodig om te kom inskryf, die uurglas loop leeg...

Groete
Freek
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Frederik »

Freek, hoeveel kos die stoel en kan hy hoer gaan as jy bietjie hoer dak het soos cruiser ?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Raven »

Frederik,

Dit is wat ek met Freek se stoel gedoen het. Ek het 'n raam gesweis waarop die stoel vas bout.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... Landy1.jpg[/img]

En hier was hy nog baie laer op die bakkie.

[img width=320 height=480]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 0159-1.jpg[/img]


Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Raven »

Frederik,

So lyk die raamwerk, en as ek hom ho?r wil h?, draai ek net die raam om, as ek in bos area jag.

[img width=560 height=371]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... gstoel.jpg[/img]


Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Lamtjop »

Freek.
Wat gebeur as daar minder as 40 inskrywings is, s? maar 25. Kry iemand dan nogsteeds die stoel of kry niemand die stoel nie. Of kry die paar ouens hul inskrywings fooi terug? Nie dat ek dink dit sal gebeur nie, maar sou dit gebeur hoe werk die dinge dan.
Groete
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Manne dankie vir die skierlike roering hier - ek het so bietjie onrustig begin raak oor die doodse stilte wat op die onderwerp geheers het die afgelope tyd... Lyk my ek was verniet bekommerd. ;)

Julle oorval my nou met die versoeke. Laat ons begin:

Frederik
hoeveel kos die stoel en kan hy hoer gaan as jy bietjie hoer dak het soos cruiser?
 
Die stoel verkoop @ R7000 vir Jaracal manne. "Retail" prys by jag winkels ens. vir so R8000+ afhangende van die verskillende winkel eienaars se "mark-up". Die Bosvark skietstoel is al op 'n paar Cruisers geinstaleer en die skiettafel staan lekker bo die Cruiser se dak uit. As jy hom nog ho?r soek, kan jy altyd maak wat Raven op sy Land Rover gedoen het.

Lamtjop
Wat gebeur as daar minder as 40 inskrywings is, s? maar 25.
Die afgelope 2 jaar se kompetisies was die inskrywings merk nie naastenby naby aan my minimum perk van 40 nie. Ek het maar so in die omgewing van 25 - 27 inskrwings gemiddeld per kompetisie gehad, vir die afgelope 2 kompetisies en nogsteeds die prys laat gaan en ook die 10% van die geld wat tydens die kompetisie gekolekteer was aan die Jaracal rekening oor geplaas. So jy kan maar s?, die kompetisie werk uit op 'n "dead loss" as jy die sommetjies gaan maak. Uit 'n man se oog punt wat wil wins maak uit so iets werk hierdie "move" definitief nie. Ek sal as die belangstelling buitensporig laag is, kom ons s? vir aguments onthalwe minder as 20 inskrywings per kompetisie,  ongelukig genootsaak wees om die kompetisie terug te trek en die deelnemers se inskrywings fooie terug te betaal.

Jou volgende vraag sal nou seker wees nou hoekom ek nogsteeds dit doen? My antwoord is soos volg:

1. Dit is vir my lekker om te gee en ander te help waar ek moontlik kan.
2. Die forum put definitief waarde uit sulke aksies en as dit beteken dat mens tot sulke aksies moet oorgaan om 'n goeie saak te help groei, dan doen ek dit met 'n smile op my gesig.
3. Ek "laaik" dit om stoele te bou en te sien hoe ander jou produk effektief gebruik om die predasie probleem suksesvol aan te spreek. As een stoel gaan, gee dit my rede om 'n volgende stoel te bou.  8) Stoelbouery help baie om op die regte manier van kantoor frustrasies ontslae te raak. Dit hou my gedagtes en dade uit die sonde. ;)


So daar is hy manne, vir die wat gedink het die kompetisies word gereel om my sak te bevoordeel julle het nou die antwoord.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Manne, ek groet julle tot Dinsdag. 'n Sekere groot BELLS ondersteuner het 'n Rooibok jag bespreek daar in Limpopo, iets gepraat van een of ander GS Custom koel punt toets ens. Sal maar 'n  lekker vet bok uitsoek wat daai koel gaan vang vir 'n oordentlike outopsie verslag. Blykbaar fluit daai GSC deur 'n maer bok...

Laat dit julle geweldig gaan!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Stefan764 »

Whoo stadig eers met die GSC, kom ons toets nou eers die GMXe klaar  ;D

Sien jou more.....kan nie wag nie.....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Dag manne ons is weer terug in die tuig na die naweek se jag uitstappie. Stefan het mooi gegooi met daai 7x64 van hom. GMX ko?ls het gewys dat hulle geskik is vir jag doeleindes. Hulle maak mooi dood met minimum vleis skade an voldoende vernietiging van die bok se enjinkamer(hart&longe). Ongelukig wou die bokke nie verder as 80m van ons af staan nie, so die GMX'e het regdeur die teikens gefluit, selfs met 'n kop skoot poging op +-50m wou daai ko?l net nie binne die bok bly nie. Die monometaal ko?l maak definitief minder vleis besoedeling as die ander wel bekende loodkern sagte punt jag ko?ls.

Wel gedaan Stefaans met die mooi skote, dit het v?r stap gevat om die eerste bok te laat val. Mens onthou mos maar altyd beter die geleenthede waar jy gewerk het om jou bok te kry. Baie dankie vir die lekker lag, kuier en puik naweek wat ons saam met jou mense kon geniet.

Manne terug by die kompetisie. Dankie aan almal wat gegooi het met die inskrywings, ek het 'n volledige 6 deelnemers waat vir die kompetisie ingeskryf het tot dusv?r. Daar is darrem nog so paar daggies oor voor die sluitings datum en ek het nog 'n handvol kaartjies wat ek graag wil verkoop voor 31/3/2011. Indien die kaartjies nie verkoop nie, is daar een van 2 opsies wat vir ons beskikbaar is:

1. Kanseleer die skietstoel kompetisie en betaal deelnemers hul inskrywings gelde terug ( van my kant af wil ek nie regtig hierdie opsie uit oefen nie, ek voel hier is genoeg lede betrokke by die forum om die kompetisie 'n sukses te maak)

2. Verleng die kompetisie tyd om moontlike deelnemers wat graag nog wil inskryf kans te gee om hul ding te doen.

Dan laastens met die oog op die naderende sluitings datum wil ek graag by die deelnemers hoor hoe julle verkies dat ons die kaartjie trekking moet behartig.

In die verlede het ek die deelnemer lys vir Ambessa (wat glad nie aan die kompetisie deel geneem het nie) gestuur. Ambessa het dan die kaartjies geskommel en 'n kaartjie getrek waarna die prys wenner op die forum aan gekondig is. Ons kan dit die jaar weer so doen...  OF

Ons kan die die trekking op 'n soortgelyke wyse behartig as die pas afgelope OTAIV (operasie tjank aftrap) prys trekking waar deelnemers, myself en 'n onafhanklike persoon op 'n gegewe datum en tyd (wat julle pas) inlock op die forum en ons dan die onafhanklike persoon die kans gee om uit die reeks kaartjie nommers wat verkoop is, 'n wen nommer te kies en op die forum aan te kondig watter kaartjie nommer die wenner is. Die individuele kompetisie deelnemers ontvang hul kaartjie nommers soos wat hulle inskryf, sodra die wen nommer aangekondig word sal die wenner en myself weet watter deelnemer se naam aan die wen nommer gekoppel is.

Laat weet asb hoe julle dink, ek gaan nie 'n pol oop maak m.b.t die onderwerp nie. Wil graag elkeen se siening hier sien.

Mooi week vir julle.

Skietstoel groete
Freek
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Stefan764 »

Freek (Herman  ;D ;D ;D )

Ek stem vir opsie 2. En en Geno NODIG dai stoel.

Ek stem ook vir die lotery op opsie 2. Stel vir FM en oom Leeu aan as "kieskommitee" en lat hulle die ding stuur soos die lucky draw op OTA4, dit sal sorg vir baie opwinding.

Dankie vir n lekker naweek ou maat en vir die voorreg om op julle grond te kon jag. Die toets het ek onder toerusting geplaas, gaan loer gerus daar.

Groetnis en sien die naweek by die skou.

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Daarmee stem ek 100% Stefaans. Ek glo Louis en FM sal vir ons in die bres tree met die trekking. Sal by die kapteins die nodige versoek rig as die inskrywings die perk haal. Kan net goed wees om die JARACAL gees so bietjie te laat opleef voor die groot visvang daar in NAM...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Ek het gaan na dink oor die kompetisie en die effektiwiteit asook die groter doel wat met hierdie aksie bereik wil word. Daarom het ek besluit om voort te gaan en te hou by die kompetisie se sluitings datum van 31/3/2011. Die prys trekking sal op dieselfde wyse geskied as die OTAIV prys trekking waar ons die geleentheid sal h? om saam op 'n gegewe datum en tyd op die forum in te lock waarna 'n onfhanklike party wat glad nie betrokke was by die kompetisie nie, 'n gegewe reeks nommers sal uitwys wat verbandhou met die deelnemers se kaartjie nommers. Soos wat die nommers uit geroep word, word die deelnemers af gestem. Die nommer wat dan laaste uit geroep word, wen die skietstoel.

Ek wil graag by die volgende individue hoor wie moontlik vir ons hierdie trekking kan lei. Asook die datum wat julle gaan pas om dit te doen, verkieslik voor die beplande Myl108 trip in April. Ek het gedink dit sou smart wees as ons hierdie trekking eers komende Saterdag aand 02/04/2011 kan hou, so rondom 19:00 se kant. Sal die volgende manne asb. aandui wie kans sien vir hierdie takie:

Taffie/ Louis102/ FM/Ambessa/Gerhard/Janjak

Indien meer as een van julle betrokke wil wees, sal dit ook kan werk. Ek glo nie ons gaan vir ure besig wees nie aangesien die inskrywings maar skraps is die jaar, so julle behoort betyds weer terug te wees by die gesinne en families voordat hulle julle regtig sou mis.

Die tyd loop uit manne, die wat nog wil inskryf moet roer indien julle nie op hierdie geleentheid wil uitmis nie. Daar is nog 3 dae oor om in te skryf voordat die  2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE sluit op 31/3/2011 om 23:55.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Stefan764 »

Freek

Kan ons nie asb die trekking die maandag hou nie?? Van ons loop mos rond naweke....  :angel:

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Freek »

Geen probleem Stefan, as dit julle beter pas dan maak on so. Kan die manne wat gevra is om te help met die trekking net Stefan se versoek in gedagte hou asb.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Skolla »

Freek

Ek het vir jou n PM gestuur.

Skolla
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Post by Pvdw »

Freek hoeveel inskrywings het jy al? Gaan ons die min. haal ??? ???

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply