Daar was n klomp kalibers om na te kyk 458 Win, 458 Lott, 450Rigby, 500Jeff en selfs die 505 Gibbs.
En toe loop ek n kaliber raak wat ek nooit voorheen regtig raak gelees het nie. 460 Guns & Ammo
Eers toe ek die kaliber sien het ek mis gelees en asn geneem dis die 460 Weatherby maar hoe meer ek begin lees het hoe meer hou ek van die kaliber.
As veld gids is skiet die heel laaste opsie om jouself en jou gaste te beskerm, dit betekin jy skiet n olifant, buffel, leeu of wat ookal jou wil trap of byt op baie kort afstand.
Hier het jy dus n kaliber nodig wat n stopper kaliber is en met n 500gr mono reguit en diep kan penetreer want n olifant bul afhangende van die hoek van waaruit geskiet word moet moet die 500gr tot 2m diep kan penetreer om by die brein uit te kom en die ligte af te sit.
Die 460G&A is gebaseer op die 404 Jeff dop, skiet n 458 kaliber koel.
Die kaliber kan n 500gr teen 2350fps skiet as hy warm gelaai is en n 550gr teen 2100fps.
Die dop het meer kapasiteit as die 458 Lott wat dit ideaal maak vir Somchem kruit.

Ek het ook na n Mauser aksie of Bruno 602 aksie gesoek vir die groot kaliber en dinge het toe ook so bymekaar gekom dat ek n Bruno 602 raak geloop het te danke aan DWB wat sy ore op die grond gehou het vir my.
Ek was nuwe jaar vir n paar dae by die huis vir my ouers se "memorial service" en kon toe gou na die geweer gaan loer en ook die lisensie in gee,
Ek was aangenaam verras toe ek sien die die aksie het n ingeboude pop up gaatjie visier.

Die V visiere gaan af kom en ek gaan net met die gaatjie visier skiet.
Die voorste visier gaan n rooi optic fiber pennetjie op kry.
Die hout kolf gaan ge pillar bed word as hy nie reeds is nie.
Uit en uit presies waarna ek gesoek het as n groot kaliber werks geweer.
Nou is dit die gewag vir die lisensie...




