Carl,
Hierdie vraag is soos om vir 'n groep mans te vra watter tipe vrou die aantreklikste is, die antwoorde gaan uit en uit gebasseer wees op persoonlike voorkeure, want ons kry bene-manne, oë-manne, jong-manne, ou-manne, hare-manne, longe-manne, ensomeer. En niemand hier is verkeerd nie, elkeen van die rasse genoem het sy goeie punte.
Ek dink dit is belangrik om eerstens te bepaal waarvoor jy die hondjie gaan gebruik en dan van daar af terug te werk, totdat jy uitkom by die hond wat die beste sal inpas in jou omstandighede.
Kom ons vat voëljag as 'n voorbeeld:
Vir die ou wat meerendeels patryse jag kyk mens na 'n Pointer of Setter, omrede die voëls yl bevolk is en die honde massiewe areas moet dek, as jy oorwegend duiwe en watervoëls gaan jag of aan dryfjagte deelneem is van jou retrievers heel moontlik 'n beter keuse, as jy meestal fisante in beboste areas gaan jag, is 'n spinger spaniel dalk die regte hond vir jou en as jy meestal tarentale en fisante oploop, dan is 'n meerdoelige ras (die sogenaamde Hunt, Point and Retrieve rasse) dalk die regte hond vir jou. Onthou maar dat jy met die regte opleiding amper enige hond kan leer om iets vir jou te doen, die voordeel van doelgeteelde honed, is dat jy baie maklike by die eindpunt uitkom, want oor generasies is hierdie rasse geselekteer tot op die vlak waar hierdie gedrag/eienskappe ingebore is en 'n mens slegs die hond moet kry om dit vir jou te doen en nie vir homself nie.
En nou kom ons by my ras van voorkeur, GSP's is wonderlike honde, maar as het 'n magtige dryf aan hulle, en hierdie dryf kan net versadig word met doelgerigte werk, as 'n mens nie die tyd het daarvoor nie, kom hul slegte eienskappe gereeld na vore. Die wyd verkondigde "feit" dat hulle 'n groot erf nodig het, is ook nie noodwendig waar nie, my beste GSP's het basies in 8mx8m spasie grootgeword, maar sodra ek by die huis kom, het ons gaan oefen en daarna het hulle in die huis in gekom soos dit hulle gepas het. Dit is maar altyd 'n gespot met my om die vuur, want daar is altyd een van my honde op my skoot, ek het nou maar verlang geneem daarin dat ek nie eintlik jaghonde het nie, maar wel skoothonde wat kan jag.
Die meerdoelige honderasse is vir die jagter wat iets van alles wil doen en redelik baie daarvan doen. Dit is ook redelik maklik om hulle te leer om bloedspoor te vat, maar ek glo dit is dieselfde met die ander rasse wat retrieving werk doen.
Onthou net, hierdie is 'n twaalf tot vyftien jaar verhouding waartoe jy jouself verbind, kies reg vir jou.
En so ter afsluiting, ek is een van die boudjies-manne, soos hulle sê "I hate seeing you leave, but I sure love watching you go"
Lekker dag
Johann