Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Balans is baie goed. As jy gewiggies voor in die kolf onder die loop wil plaas kan jy. Daar is genoeg plek in die holtes van die kolf.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Baie dankie,ja daar is belis lekker pak plek voor in daai kolf, ek weet nie van jou nie maar daai kolf voel baie lekker as jy hom optel en point! sal maar moet wag en sien of dit so gaan wees met die roer.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Vuurpyl, ek dink jy verstaan verkeerd.joe rocket wrote:Balans is baie goed. As jy gewiggies voor in die kolf onder die loop wil plaas kan jy. Daar is genoeg plek in die holtes van die kolf.
Wanneer jy die geweer onder die magesyn kas vashou, gaan daai roer van jou se loop afwaarts beur met die demper vooraan. Vir uit die vuis, wil jy hê dat die balans redelik neutraal is. Jy sal vind dat jy eerder gewig in die kolf se agterkant, onder die skop kussing wil aanbring om sodoende die balans reg te kry.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Ek verstaan reg die kolf is swaarder aan die agterkant maar met my dik/duk loop voor sonder die demper is die balans neutraal, dit kanseleer mekaar uit. Wat ek bedoel as jy die roer onder die magesyn vas hou en die geweer hang agter kan jy gewiggies in die "fore end" van die kolf plak om die balans eweredig te kry.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Lyk baie nice
Watter maak Sunshade het jy op die Zeiss, waar kan ek een kry en teen watter prys?
Watter maak Sunshade het jy op die Zeiss, waar kan ek een kry en teen watter prys?
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Dit is n nightforce ek het R 500 by Safari betaal.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- phb
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Lekker combo wat jy daar het.. Wil graag weet watse rail jy op het en is dit warne medium ringe? Hoekom nie "Low" nie. Ekt solank vir my howa wat kom n NF alu 20moa rail gekry en met dieselfde skoop lyk dit vir my of ek low ringe sal kan gebruik.
Groete,
phb
Groete,
phb
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Howa 243 Ackley ( Groen Mamba)
Dankie phb en al die ander manne. Die rail is by VGK humansdorp gekoop en is 20 moa staal rail. Ek het die rail laat "gun coat" in, swart want die blueing, of wat ook al daar op was, lyk soos die hond se g@t. Die kolf het n verstelbare wangstuk, wanneer ek die kolf teen my wang bring is my oog onmiddellik in lyn met die middel van die lens van die "scope". Lae ringe het my ongemaklik laat voel en ek moes my kop laat sak om teiken beeld te kry. Ek is altyd vertel n scope moet so laag as moontlik op n roer sit. Ek glo nie meer daardie storie nie. Die hoogte van die scope is vir my, met warne se meduim ringe, gemaklik om vinnig my teiken te identifiseer. Daar in die Karoo waar ons jag spaar dit tyd, want daar wei die springbokke teen 120 km/h:laugh:
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
