Gamo Whisper CFR

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Post Reply
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Gamo Whisper CFR

Post by Klein Chris »

More Almal,
So bietjie raad ens nodig

Ek wil vir my n Gamo Whisper CFR aanskaf vir die volgende redes:
Ek is n "leftie" en die geweer is ambidextrous
Die geweer het n vasteloop
Het n verstelbare wangstuk
Die greep is baie dieselfde as my jag geweer sin

Ek wil die geweer gebruik om my algemene skiet vernuf uit veldskiet posisies te verbeter - daar is n klub in my omgewing en ek wil aan die SFT discipline gaan deelneem

Soos ek nou al gegoogle het is die Gamo se sneller nie lekker nie en die veer het die gewoonte om te buig en nonsens te veroorsaak

Ek beplan om die veer te vervang met n gas ram sisteem (soos die mze) as ook die sneller met iets beters

Wie in die Pretoria omgewing kan vir my so gas ram in sit en n sneller vervanging doen?

Hoor graag van julle
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gamo Whisper CFR

Post by Capt. Yoda »

Klein Chris, die CFX is n baie lekker geweer wat nie baie werk nodig het nie. Die MZE sneller en die Gasram maak n baie groot verskil ongelukkig is Oom MZE nie meer met ons nie maar daar is nog n paar ouens wat jou kan help. Jy kan op Airrifle.co.za bq gaan rond krap as jy wil anders sal die maklikste wees om die geweer na Nicholas Yale toe te vat, hulle het ook n sneller en n Ram vir al die Gamo gewere wat hul vir jou kan in sit.

https://www.kittedout.co.za/about-us/
http://www.airrifle.co.za/threads/37203 ... holas-Yale

Jy kan met Adrian ook praat hy verstaan ook nogals die goed en die kanse is goed dat hy dalk nog van die MZE parte kan he
Oom A's Airrifles ¤ 084 012 3282
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Gamo Whisper CFR

Post by Klein Chris »

Dankie Capt - gister toe vir my n CFR by kittedout gaan koop - die gas ram sisteem en ander sneller maak n groot verskil

Nou vir n teleskoop
Skiet bly maar lekker
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Gamo Whisper CFR

Post by Gawie(13mm) »

Ek het bietjie gaan lees op kittedout se webtuiste oor die suiers.
Ek sit self met 'n veer-geweer wat sal kan doen met so 'n modifikasie. Tot my spyt het ek amper teen die einde gelees dat 'n teleskoop nie aanbeveel word vir 'n geweer met die modifikasie nie.
Die kragte wat die suier uitsit is heelwat meer as die van 'n veer. :(
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Gamo Whisper CFR

Post by Klein Chris »

Gaats skrik ek nou :):
Dag nou net ek het n wit olifant >:D - gou gaan lees
Daar is 3 tiepes suiers - lae/medium/hoog - dit is sleg die hoë druk suier wat nie geskik is vir n teleskoop nie

Hoop maar dit is die medium een wat in die geweer is - tyd sal wys
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gamo Whisper CFR

Post by Capt. Yoda »

Ek twyfel of hulle die "high pressure" een sou in sit tensy jy vir hom gevra het nie. Skiet n 8.4gr koeltjie oor n crony en kyk watse spoed jy kry, enige iets by 880fps rond sal die medium een wees 770fps sal die low wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply