Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Hallo
Wonder sommer wie het ook van hierdie lekker .22 gewere??
JJV
Wonder sommer wie het ook van hierdie lekker .22 gewere??
JJV
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
//images.tapatalk-cdn.com/16/01/26/d73fcc58237a80b8cae4119fd4700d4d.jpg//images.tapatalk-cdn.com/16/01/26/d64c71ce51b2fb6528b1930f3db4b952.jpg
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Is dit die ambidex?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Jip. Dis die Ambidex daai.
Ek dink daar is net 12 gemaak?
Nommer hoeveel is hierdie een?
Ek dink daar is net 12 gemaak?
Nommer hoeveel is hierdie een?
- Tertius Steyn
- Full Member

- Posts: 241
- Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
wow n Musgrave .22!? Eerste keer in my lewe wat ek een sien, baie baie mooi, dis Goud daai. Ek Het al eenkeer 2 Mauser .22's gesien, een wat soos n mini RSA aksie gelyk het, en dan die ander een wat ek gesien het soos n K98 gelyk het, baie mooi gewees net jammer hulle was nie te koop nie,Groete Tertius
Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________
From a place they can not see, Comes a sound they will not hear
Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________
From a place they can not see, Comes a sound they will not hear
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Hallo
Ja dis die ambidex, jy draai die skroefie agter op die slot los dan flip jy die handle oor, dan is hy vir ouens wat links is! Hy is no 0186. Gekry toe ek 16 was, laaank terug!!
Ja dis die ambidex, jy draai die skroefie agter op die slot los dan flip jy die handle oor, dan is hy vir ouens wat links is! Hy is no 0186. Gekry toe ek 16 was, laaank terug!!
-
303
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Thu Apr 07, 2011 3:48 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
As mens so een tekoop kan kry wat sal hy werd wees.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Google "musgrave abidex .22" daar is artikel op gunsite oor een, daai was die de lux model, ek het die std, nie 'n idee wat hy werd gn wees nie, hang seker maar af hoe graag jy 'n Musgrave .22 wil besit!!
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
- win270
- Hero Member

- Posts: 2103
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Nooit geweet dat Musgrave .22 gemaak het nie. Baie interessant.
Maak deesdae se Musgrave manne op Ermelo ook .22s?
Maak deesdae se Musgrave manne op Ermelo ook .22s?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Ek wens daar was sulke volledige inligting beskikbaar oor alle Musgrave gewere... So jammer
http://www.thamesvalleyguns.co.uk/Musgrave22rifle.pdf
http://www.thamesvalleyguns.co.uk/Musgrave22rifle.pdf
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Baie oulike artikel.Hein M. wrote:Ek wens daar was sulke volledige inligting beskikbaar oor alle Musgrave gewere... So jammer
http://www.thamesvalleyguns.co.uk/Musgrave22rifle.pdf
As ek reg onthou het 'n stywe prys belangstelling in die' geweertjie geknou.
JJV, hoe skiet jou geweer as dit by groepe kom? Vertel ons van jou geweer se geskiedenis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Ek het die geweer gekry as my eerste geweer so omtrent 1993 se kant, hy het uitstekend geskiet met swartklip std en subsonic patrone, jy kon patroon gate sny op so 20 tree, het nooit teleskoop opgesit nie, hierdie is eintlik die tweede ene, die eerste geweer het doppies gebars as jy blitsers geskiet het, die dop het dan vasgesit en jy moes hom met skoonmaak stok uitstamp. Ons het die geweer by Musgrave in Bloemfontein gaan ingee en ruk later het hul nuwe geweer met oorspronklike nommer vir ons gegee. Nog geen probleem met geweer gehad nie, moet erken ek skiet bitter min met hom, so min dat ek nog Swartklip high velocity patroontjies oor het! Het Desember bosduif op so 30m uit boom laat val, so ons kan nog! Weet nie van iemand wat ook so een besit nie, dink hulle was nie te volop nie. Myne is by Middelkaroo (winkel) op Carnarvon gekoop, plek bestaan ook al lankal nie meer nie.
Groete
JJV
Groete
JJV
-
Denzil
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Thu Jan 16, 2014 7:34 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Daar was oor die 300 gemaak. Drie modelle. Standaard, De Lux en Supreme.
Standard = Beechwood stock
Delux = Walnut met checkering
Supreme = Hoe graad walnut met rooi recoil pad (twee modelle met verskillende veiligheids knippe)
Die Pretoria Versamelaars Vereniging is besig om 'n boek te skryf oor SA gemaakte wapens en Musgrave maak 'n groot hoofstuk daarvan uit. Die boek kom in Augustus uit - beperkte druk.
Ek het 2 Ambidex .22's. 'n Std en 'n Delux. Het nog nooit 'n Supreme gesien nie.
Standard = Beechwood stock
Delux = Walnut met checkering
Supreme = Hoe graad walnut met rooi recoil pad (twee modelle met verskillende veiligheids knippe)
Die Pretoria Versamelaars Vereniging is besig om 'n boek te skryf oor SA gemaakte wapens en Musgrave maak 'n groot hoofstuk daarvan uit. Die boek kom in Augustus uit - beperkte druk.
Ek het 2 Ambidex .22's. 'n Std en 'n Delux. Het nog nooit 'n Supreme gesien nie.
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Hi Denzil,
Eerstens: Ek soek daai boek! Waar kan ek een koop as hy beskikbaar word?
Tweedens: Baie welkom op die forum!
Eerstens: Ek soek daai boek! Waar kan ek een koop as hy beskikbaar word?
Tweedens: Baie welkom op die forum!
-
Denzil
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Thu Jan 16, 2014 7:34 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Jy moet nou bestel en betaal, hulle gaan nie veel meer as die bestelling druk nie.
Forward jou email adres, dan forward ek die write up en bestel vorm.
Forward jou email adres, dan forward ek die write up en bestel vorm.
- thys308
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Hi ek die naweek so.22 gekoop vir my by ñ vriend vir R3000 en lyk na driftige geweertjie, hulle het die magesyn verloor. Waar kan ek een opspoor of pas daar ander vabrikate ook op die geweer? As iemand kan raad gee asb.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
K mags se mauser .22 mags is blykbaar dieselfde, hulle het die mags vir musgrave gemaak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- thys308
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Baie dankie JJV
Ek glo ek sal nou reg kom met hulle.
Nou sien ek nog meer uit na my nuwe speel ding.
Ek glo ek sal nou reg kom met hulle.
Nou sien ek nog meer uit na my nuwe speel ding.
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Jip gou in my boek gekyk Kmags het magesyne gemaak jy kry 5,10en 15 skoot. Ek het my Musgrave ambidex .22 al 24 jaar!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
- thys308
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Fri Aug 17, 2012 8:13 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Kan enige iemand my sê of mens ander sneller kan opsit
Om die voortrek beter temaak.
Ek het hom gepolish mr nogte te swaar vir my.
Om die voortrek beter temaak.
Ek het hom gepolish mr nogte te swaar vir my.
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 663
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Wie van julle het Musgrave .22 gewere?
Ek het so Ambidex in 1988 gekoop by die Oosthuisen broers in George. Ek was baie ontevrede met myne. As ek net bietjie hard oorgehaal het, het ek met die slot in my hand gestaan. Toe ek hom uiteindelik terugvat het die oom gese hy het 10 verkoop en myne was die tiende een wat terugkom. Ek het toe vir my n Bruno gekoop.
Groete
Groete