7x57

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

7x57

Post by Raven »

Wouter/Arnold,

Ek weet nie nou nie of my vorige post verdwyn het nie.

7 x 57 , Truvelo loop 26", S365, 120gr Sierra Pro Hunter, PMP Doppe

Na watse spoed kan ek opwerk vir die kaliber.

Dankie Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7x57

Post by Wouter Roets »

Raves

Ek het vir jou ge-post op jou vorige skrywe. Ek herhaal maar net weer.

Met 56 000psi as die maksimum druk op die 7x57 is die spoed so in die orde van 3250ft/sek jou maksimum. Die lading wat QL aangee is 56gr die maksimum maar jy sit met daai lading op amper n 105% dopfulling. Dit is nog heeltemal in orde. Met n sterk aksie kan n mens gemaklik gaan na 60 000psi maar dit gaan jy nie reg kry met S365 nie en jy sal eerder na S355 moet kyk wat in elk geval baie goed werk met die 7x57. Laat weet maar van jou aksie dan praat ons weer.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Hi Wouter

Raven het namens my die vraag aan julle gestel so ek antwoord maar so paar van die vrae.

Die geweer is 'n Voere met 'n mauser aksie vervaardig in 1976. Ek het die kasie laat blueprint deur Jeffrey Barabal (van die Kaap) en hy moes toe die draad daarop verander omdat dit bietjie uit gewerk was. Die ID is nou groter wat beteken dat die wand van die aksie sowat 'n millimeter dunner is. Ek weet nie wat die maksimum druk dan sal wees wat hierdie aksie sal kan hanteer.

Ook, die loop se twist is 1:12 want ek wou met ligter punte skiet.

Hoor graag van jou.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7x57

Post by Wouter Roets »

Hallo Ralph

Baie welkom hier by Jaracal ek hoop jy gaan dit geniet!

Ek dink om veilig te speel kom ons hou maar by daai gegewens wat ek jou deurgegee het. Dit is moeilik om te se wat n aksie sal kan hanteer of nie sonder om bietjie self na hom te kyk. Daai spoed is in elk geval nie sleg wat jy op hom behoort te kry nie. Indien jy meer verlang kyk na die Ackley opsie of na koeels soos die GSC.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Dankie Wouter

Ek sal probeer en laat weet.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 7x57

Post by Janjak »

Raves,
pm vir Porcus op die forum.
Sy 7x57 skiet daai 120's laat die jakkalse eintlik begin strike en toy-toy net so voor n skiet naweek.

Hy sal jou eerstehandse raad kan gee.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 7x57

Post by Armand Steenkamp »

Joh daai 7x57 is haastig met die 120greiners 3250 :o
Wonder wat sal die ackley maak! 3550!!?
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Dag manne!

Ek soek asb bietjie hulp. Ek het die naweek my 7x57 op 100m en 200m gaan toets vir mooi groepe. Op 100m skiet ek toe half duim maar op 200m die hele blad vol (sowat 10duim). Die volgende is die detail van geweer en patroon:

26" truvelo loop (1:12 twist) met terminator KD, K98 aksie
Dop:      Norma
Primer:  CCI200
Poeier:  S365 - 43gr
Punt:      Sierra 130MK
Spoed:    2830 - 2850 vps
TPL:        sowat 1mm vanaf lands

Ek hoor graag wat julle hiervan dink.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 7x57

Post by Raven »

Ralph,

EK sien dis stil hier op jou vraag, hopelik kan die slim manne soos Wouter en Ludwig hulle jou gou uithelp.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 7x57

Post by Wouter Roets »

Raves weet nie van die slim gedeelte nie!

Gewoonlik met sulke probleme dui dit op onder stabilisering van die koeel. Dit kan ook wees dat die silencer moonlik vang. Die silencer hoef nie noodwendig te vang nie maar die koeel kan gedestabiliseer word deurdat hy te naby aan die een kant verby gaan en die gasse hom dan daar destabiliseer want hulle is nie univormig nie.

Ralph die eerste ding om te doen is om na die silencer se binnekant met n kein flitsie te kyk of hy nie dalk vang nie. Indien jy niks optel nie gaan skiet daai lading sonder die silencer en kyk wat maak hy op byde 100m en 200m.

Die koeel kan dalk aan die lang kant van die 1:12 twist se vermoe wees om voldoende te stabiliseer, maar ek twyfel daaraan. Kom begin maar eers met die silencer dan pak ons die tweede gedeelte later.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Wouter,

Dankie vir die raad. Ek sal so maak en kyk wat gebeur. Laat weet sodra ek dit gedoen het.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Wil graag hierdie groepie van my 7x57 met julle deel. Detail is as volg:

Punt: Nosler 120gr BT
Poeier: S365 45gr
Primer: cci200
Dop: Norma
Afstand: 100m

Verder was dit interessant dat ek met dieselfde gewig kruit dieselfde point of impact kry met sierra MK 130gr.

[img width=360 height=480]http://i1247.photobucket.com/albums/gg6 ... 083951.jpg[/img]
Shoot more, shoot more often!
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: 7x57

Post by Ralph »

Vergeet om te noem dat die eerste skoot wat wegle geskiet was na die geweer ge-olie was. Die res is 4 skote daarna.
Shoot more, shoot more often!
Post Reply