Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Citfield wrote:Ek is in Pta. Ons sal graag bietjie iets wil kry om te slag.
Ons plaas is in dwaalboom dis bietjie ver van pretoria af. So 3 ure se ry en ons het nie fasiliteite om n bees op te sny nie. Ons verkoop maar ons bees lewendig.
het vanogend abatoir pryse gekry
A2-4 bees R38 n kilo
C2-6 Bees R30.5 n kilo.
Lam 2/3/4 R70 n kilo.
Hier le n rowwe jaar vir die verbruiker.
Pryse gan eers begin daal as daar weer genoeg mielies teen onder R3000 n ton gekoop kan word en dit is eers Junie 2017.
Ek sien hier kom moeilike tye. Dit is al n klomp jaar wat ons beleef waar jong gemiddelde salaris trekkers nie meer eiendom kan bekostig nie. As dinge so aan hou, dan gaan hulle ook nie meer kan kos koop nie.
Brent ruoile se prys is op die grond, en tjop nogsteeds met R12/l.
Ek voel soos n stuk biltong wat opgehang is. Ek sien dinge verdamp uit my budget soos tyd loop, maar daar is niks wat ek kan doen nie.
die hoe vleispryse is vir ons baie goed.ek voer al van laasjaar april af elke dag.teen r220 n 50kg sak voer kan jy maar die som maak.dit beloop tussen 80-120k n maand en dit het nogsteeds nie gereen nie.
pryse nou goed, want hier is nie baie lammers nie.
dit sal weer val.
rak die vleis te duur, sal die aanvraag ook minder raak.
iewer kant, sal ons tog nie regtig wen nie
johans wrote:die hoe vleispryse is vir ons baie goed.ek voer al van laasjaar april af elke dag.teen r220 n 50kg sak voer kan jy maar die som maak.dit beloop tussen 80-120k n maand en dit het nogsteeds nie gereen nie.
Ek weet die voerdery is duur en arbeidsintensief ,ek het toe vir my lek voerders gebou wat 1000kg kleingraan kan hou die voerders kan gestel word om die skaape se inname tot 200g per dag te beperk .Ek sit 200 droë ooie op een bak en 100 ooie met lammers.die skaape het net met hul tonge toegang tot die kos en as hulle eers besef dat daar altyd kos is kompeteer hulle nie vir krip spasie nie .Die boere in my omgewing het na hulle die stelsel gesien het al 70 bakke bestel.
Ek het Donderdag by Food Lovers gestop. Hulle was nog oop en ek verkies om heel snitte te koop. Die klaar verpakte goed is soms klaar te ryp Ek sien toe daar is vakuum verpakte Karan Beef snitte, die ander is reeds koelkamer toe. Die ribeye (geen prys) is genoeg vir ons gesin, die heel porterhouse was 119/kg. Ek vra die man moet hom weeg en sommer kyk wat is die prys......
........
R209.99/kg ! Nou ja porterhouse is ook lekker
Hierdie prys Saterdag gesien in SPAR naby Irene...
As dit nou nie blatante uitbuiting in die ergste graad is nie dan weet ek wragtag nie.
Ek is sprakeloos.
Lyk my sommige besigheid eienaars het sommer besluit om gou ryk te word voor die produsentepryse rerig beigin rof raak...
IMG-20160214-WA0001[1].jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A