Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
CZ 537 - 7x57mm Mauser Nosler 48 - 243 Win Savage 12 VLP DBM - 300 WSM Tikka T3 Lite - 22-250 Rem Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
kopskoot wrote:Wat van n "dubbel" bende. Vertel bietjie van jou dubbel. Sommer watse koeëls en ladings jy gebruik, en of jy oopvisier, of met enige optics op hom skiet?
As jy wil, sit sommer n foto op!
George Gibbs .450-.400 3&1/4"
Ek laai 400gr Woodleighs vir hom teen so 2120fps, voor 83gr S385 en n Federal 215 primer. Die geweer doen heeldag 2-3" 4 skoot groepe - 2 uit beide lope - op 50m hiermee. Die herwinde Woodleigh het die Zebra in die kuiltjie getref op 54m, en kom uit sy boud uit net onder die vel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
kopskoot wrote:Lekker Dewald. Baie nice roer ook daai!
Sou self daarvan gehou het om een in n 450-400 te hê, al sal Sullivan sê sy ouma skiet ook een!
Dankie Ronnie, die kaliber is great. So ook n dubbel wat 10 pond weeg. Wat Ouma Sullivan nie weet nie, is dat meeste mense weet van die moerske stuk lood in Markie se .600 NE se kolf om hom effens makker te maak.
Weereens het die Woodleigh 400gr uitstekend presteer, en 391,5gr geweeg na hy deur die skouers en enjinkamer is. Die bul het so 30m gemaak voor hy uit stoom uit gehardloop het