9.3x62 met 250gr TSX
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
9.3x62 met 250gr TSX
Goeie Dag aan die manne
Ek en Marius is besig met ontwikkeling vir die 250gr TSX op my 9.3. Het al n paar koeels getoets met goeie sukses (286gr Nosler Partition & 250gr Accubond / 286gr Hornady Interlock / 270gr Speer Hot Cor / Rhino in 286gr & 250gr en 286gr Woodleigh) maar nog nie die 250gr TSX nie. Beste performance in akuraatheid nog was met Nosler Partitions , en kon nog nie n Rhino terug kry nie.
Is daar iemand daar buite wat die 250's TSX skiet of al probeer het , en indien wel hoor ek graag van julle.

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.

- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Ek het al 286 gr ProAmms en Hornady punte probeer in my 9.3, asook 270 Speer, 200 en 250gr Impalas, 235gr Rhinos en 250gr TSX. Al die punte het sub 25mm groeperings op 100m gegee, met die uitsondering van die TSXe. My Husqvarna kom glad nie met hulle reg nie.
Ek hou hierdie draad fyn dop....
Ek hou hierdie draad fyn dop....
Gooi lood!!!!
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Het meer verwag Askari
Het tot laat nag rond gekrap op internet om te hoor wat se die Yanks , en glo dit of nie , maar tot hulle praat nie veel of gee vreeslik inligting op baie van hulle forums nie. Maar soos ek is , gaan ek daai toets en toets en toets en toets tot een of ander een van ons gatvol raak. Het 9 pakke gekoop , so ek kan so bietjie speel , en weet jy wat , ek like die geweer en skiet graag voor ek TV kyk.
Het tot laat nag rond gekrap op internet om te hoor wat se die Yanks , en glo dit of nie , maar tot hulle praat nie veel of gee vreeslik inligting op baie van hulle forums nie. Maar soos ek is , gaan ek daai toets en toets en toets en toets tot een of ander een van ons gatvol raak. Het 9 pakke gekoop , so ek kan so bietjie speel , en weet jy wat , ek like die geweer en skiet graag voor ek TV kyk.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Ek het verlede jaar heelwat 235gr Rhinos gekoop vir my 9.3. Hulle skiet lekker akkuraat, maar ek het gevind dat hulle baie "hard" is. As jy nie groot been tref nie, hardloop hulle deur en die bok hol ver voor hy agterkom hy lek. Ek het toe maar al my onoopgemaakte pakkies gaan teruggee. Ek het daarna 100 x 250gr Peregrine punte gekoop, maar nog nie met hulle begin speel nie.
Op die baan gebruik ek 200gr Impala Bosvelders. Kry gereeld clovers op 100m en na my ervaring met die harde Rhinos het ek hulle in die jagveld gaan "toets". Ek het al heelwat bokke geskiet met my 308 met 130gr Impalas @ 2996 vt/s en hulle werk mooi. Ek was bietjie skrikkerig dat die Impalas nie genoeg spoed gaan hê uit my 9.3 om te werk soos geadverteer nie (200gr Bosvelder @ 2412 vt/s), maar die 2 gemsbokke, vlakvark, blesbok en springbok wat ek daarmee geskiet het, het gouer geval as met die Rhinos.

-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Oom Matt
Ek skiet daai 250 TSX'e in my 370 Sako (9,3x66) en hulle perform soos Barnes maar doen...FANTASTIES,ELKE KEER!!
Ek weet nie waste trompsnelheid jy kry op die 9,3x62 nie, maar dis belangrik dat jou impakspoed,bo 2000f/sek is vir optimale ontplooing.
In terme van akuraatheid, is daar geen problem nie. Alhoewel die nege drie nou nie regtig vir langer skote of kompitiese skiet bedoel is nie, is my advies maar altyd om eerder weg te bly van die Tiped TSX af ( die een met die blou puntjie), aangesien die puntjie nie altyd (eintleik meestal) nie-konsentries is nie, wat akuraatheid negatief beinvloed
Met Barnes sal jy nooit verkeerd gaan nie!
Groete
Ronald

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Ek het 'n baie slegte ervaring gehad met die 270gr Speer. Nekskoot op Blesbok ram op so 120m, die punt het heeltemal opgebreek en daar was geen uitgangswond. Ek moes die hele nek vir die honde voer en het daarna my oorblywende Speers op die baan uitgeskiet.
Toe ek destyds my 9.3 gekoop het, het ek RWS H-Mantle 258gr winkel ammo saam gekry. Hulle voel asof hulle warm gelaai is en pop mooi ogies uit met kopskote. Ek weet ongelukkig nie wat hulle spoed is nie.

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Stem 100% saam met jou, het ook slegte ondervinding met die Speer koeels gekry, myne ook op die baan uitgeskiet, baie jare terug het OPM vir my 258 H-mantels gelaai vir my 9.3x62, teen 2550fps, het goed gewerk, kon 2 koeels herwin net die agter kant het oorgebly maar elke bok wat ek geskiet het het nie verg gekom nie, tot met die groote van Eland.Askari wrote:Ek het 'n baie slegte ervaring gehad met die 270gr Speer. Nekskoot op Blesbok ram op so 120m, die punt het heeltemal opgebreek en daar was geen uitgangswond. Ek moes die hele nek vir die honde voer en het daarna my oorblywende Speers op die baan uitgeskiet.
Toe ek destyds my 9.3 gekoop het, het ek RWS H-Mantle 258gr winkel ammo saam gekry. Hulle voel asof hulle warm gelaai is en pop mooi ogies uit met kopskote. Ek weet ongelukkig nie wat hulle spoed is nie.
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Kopskoot
Ek ken Barnes , skiet hulle nou op 7x57 / 300H&H / 30-06 en gaan op 9.3. Ander gewere moet maar eers wag. Die 308 met Nosler Partition skiet http://www.jaracal.com/posting.php?mode ... d52d198be2# Stem 100% saam oor die tip , het klomp gekoop vir 7x57 (160gr TTSX) en glo my ook maar , daai tip hardloop die wereld vol.
Soos genoem het in my draad begin ek nou eers ladings met 250gr TSX vir 9.3 en gaan Saterdag eers gou spoed doen. Marius het gou die resep gehardloop deur QL met my gegewens en berekening wys op +/- 2480vps.
Maar dankie aan julle. Daar moet seker nog manne wees wat hulle 10c kan neer sit , dan speel ons coinage.
Ek ken Barnes , skiet hulle nou op 7x57 / 300H&H / 30-06 en gaan op 9.3. Ander gewere moet maar eers wag. Die 308 met Nosler Partition skiet http://www.jaracal.com/posting.php?mode ... d52d198be2# Stem 100% saam oor die tip , het klomp gekoop vir 7x57 (160gr TTSX) en glo my ook maar , daai tip hardloop die wereld vol.
Soos genoem het in my draad begin ek nou eers ladings met 250gr TSX vir 9.3 en gaan Saterdag eers gou spoed doen. Marius het gou die resep gehardloop deur QL met my gegewens en berekening wys op +/- 2480vps.
Maar dankie aan julle. Daar moet seker nog manne wees wat hulle 10c kan neer sit , dan speel ons coinage.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
wys op +/- 2480vps.
Daai behoort dan baie mooi te werk.
Hierdie Zebra op omtrent 100m reg van voor geskiet met die nege 3. Koeel in die pens gekry. Ook 100% retensie,soos altyd
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/01FDAA75-C9CC-4138-8623-275D1B2C1F65_zpsgpt2uooq.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/45CF82C5-9DD0-4941-9F90-03A627A5A138_zpsqvsaxh7b.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/29DD8FA4-5FAA-4E2A-BF5E-0900BAA7F408_zps5qqqpx9r.jpg
Daai behoort dan baie mooi te werk.
Hierdie Zebra op omtrent 100m reg van voor geskiet met die nege 3. Koeel in die pens gekry. Ook 100% retensie,soos altyd
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/01FDAA75-C9CC-4138-8623-275D1B2C1F65_zpsgpt2uooq.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/45CF82C5-9DD0-4941-9F90-03A627A5A138_zpsqvsaxh7b.jpg
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/Mobile%20Uploads/29DD8FA4-5FAA-4E2A-BF5E-0900BAA7F408_zps5qqqpx9r.jpg
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Dag Kopskoot
Terugvoer oor my toetse.
EN LW. DIE RESEP VIR MY GEWEER , SAL VEDUIDELIK ONDER ALGEMEEN WAT AL WEER GEBEUR HET OP SKIET BAAN.
En net weer dank vir die forum. Lees draad onder algemeen en sal maar 10c gooi.
Na hulp deur Marius het ek die volgende gedoen , na berkening deur QL
Spoed gedoen op begin lading (S 335 / 50.0gr)
2204vps / 2199vps
Het gelukkig soos QL ook 3x gelaai (S 335 / 52.0gr)
2286vps/2272vps/2258vps
Die gegee vir Marius en toe...................gee QL antwoord.
Vir een of ander rede is my 9.3x62 stadig , maar maak nie saak nie , weet hy is baie akkuraat , en dit is die belangrikste.
Nou voor ek voort gaan.............ek is so gelukkig soos vark in @#$&. Barnes is bo.
Het 6x gelaai (S 335 / 54.0gr)
En soos QL (54.7gr) , het ek 6x gelaai (S 335 / 55.0gr)
Eerste toets gedoen van 3x op S 335 / 54.0gr en groep +/- 25mm op 100mt ********
Spoed:2407 / 2406 / 2390
Tweede toets gedoen van 3x op 335 / 55.0gr en groep +/- 60mm
Derde toets gedoen weer met 54.0gr en groep +/- 25mm*************
Spoed:2399 / 2395 / 2404
Vierde toets gedoen weer met 55.0gr en groep +/- 50mm
Is gelukkig met lading
Terugvoer oor my toetse.
EN LW. DIE RESEP VIR MY GEWEER , SAL VEDUIDELIK ONDER ALGEMEEN WAT AL WEER GEBEUR HET OP SKIET BAAN.
En net weer dank vir die forum. Lees draad onder algemeen en sal maar 10c gooi.
Na hulp deur Marius het ek die volgende gedoen , na berkening deur QL
Spoed gedoen op begin lading (S 335 / 50.0gr)
2204vps / 2199vps
Het gelukkig soos QL ook 3x gelaai (S 335 / 52.0gr)
2286vps/2272vps/2258vps
Die gegee vir Marius en toe...................gee QL antwoord.
Vir een of ander rede is my 9.3x62 stadig , maar maak nie saak nie , weet hy is baie akkuraat , en dit is die belangrikste.
Nou voor ek voort gaan.............ek is so gelukkig soos vark in @#$&. Barnes is bo.
Het 6x gelaai (S 335 / 54.0gr)
En soos QL (54.7gr) , het ek 6x gelaai (S 335 / 55.0gr)
Eerste toets gedoen van 3x op S 335 / 54.0gr en groep +/- 25mm op 100mt ********
Spoed:2407 / 2406 / 2390
Tweede toets gedoen van 3x op 335 / 55.0gr en groep +/- 60mm
Derde toets gedoen weer met 54.0gr en groep +/- 25mm*************
Spoed:2399 / 2395 / 2404
Vierde toets gedoen weer met 55.0gr en groep +/- 50mm
Is gelukkig met lading
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Was dit groepe op 100 of 200m?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Oom Matt,
Party 9.3s het 'n baie lang sprong na die lande.
Dus is die koeel soms in vry-vlug tot hy die lande tref, dit veroorsaak die vertraging in snelheid.
Ek skiet hoofsaaklik 286gr in my 9.3 en sy sprong is van so aard dat ek nie maks TPL kan meet nie, dus gooi ek heelwat meer kruit (S355) om by die voorgestelde spoed uit te kom.
Die roer skiet ook bitter mooi (14mm op 100m)
Elkeen is maar uniek!

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Marius
Ladings was gedoen op 100m
DWB
Het self daai probleem. Met die 250gr TSX sit koeel in dop net 1mm (het gevind met 250gr Nosler Accubond meskien minder agv. boatail & 286gr Nosler Partition / 286gr Swift a-Frame so +/-2mm agv. ogive van koeel , maar Rhino is beter) , dan is ek teen lande. Maar die magesyn kas laat net 83.5mm toe , dus los dit my met soos in die geval nou met 10mm jump , waar Rhino my 3.5mm jump gee.
Kyk , ek kan nog speel met TPL om te kyk vir beter groep , en soos ek myself ken , sal seker , maar vir bos jag n groep van 25mm op 100m is goed genoeg
Ladings was gedoen op 100m
DWB
Het self daai probleem. Met die 250gr TSX sit koeel in dop net 1mm (het gevind met 250gr Nosler Accubond meskien minder agv. boatail & 286gr Nosler Partition / 286gr Swift a-Frame so +/-2mm agv. ogive van koeel , maar Rhino is beter) , dan is ek teen lande. Maar die magesyn kas laat net 83.5mm toe , dus los dit my met soos in die geval nou met 10mm jump , waar Rhino my 3.5mm jump gee.
Kyk , ek kan nog speel met TPL om te kyk vir beter groep , en soos ek myself ken , sal seker , maar vir bos jag n groep van 25mm op 100m is goed genoeg
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Definitief.
Oom moet bietjie meer van die 404 ook kom vertel onder die 404 draad:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... &start=200
Oom moet bietjie meer van die 404 ook kom vertel onder die 404 draad:
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... &start=200
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Deon
Kan nie veel praat oor die 404 nie , net dat hy lekker skiet.
Net nadat ek die 9.3 , klop jare terug , laat bou het , het ek die 404 laat bou , saam met geweer het ek n paar pakkies Kynock in 410gr gekry , Leupold 1.5-5 VX 3 op gesit en begin speel. Het 3x keer die ou sanna saam gevat bos toe en Eland , Wildebees en Waterbok geskiet met hom.
Het Mauritz gevra om te help toe ek Woodleigh 400gr RNSN & 400gr FMJ gekoop het , n paar keer geskiet op baan met ladings en moet in skaamte se , toe nie weer nie. Beplan Buf jag oor so paar jaar , net eers seuns deur hul studies(oudste in finale jaar Chemie , jongste besig met honneurs in Accounting) kry , dan gaan ek die spinnekoppe uit daai loop jaag.
Kan nie veel praat oor die 404 nie , net dat hy lekker skiet.
Net nadat ek die 9.3 , klop jare terug , laat bou het , het ek die 404 laat bou , saam met geweer het ek n paar pakkies Kynock in 410gr gekry , Leupold 1.5-5 VX 3 op gesit en begin speel. Het 3x keer die ou sanna saam gevat bos toe en Eland , Wildebees en Waterbok geskiet met hom.
Het Mauritz gevra om te help toe ek Woodleigh 400gr RNSN & 400gr FMJ gekoop het , n paar keer geskiet op baan met ladings en moet in skaamte se , toe nie weer nie. Beplan Buf jag oor so paar jaar , net eers seuns deur hul studies(oudste in finale jaar Chemie , jongste besig met honneurs in Accounting) kry , dan gaan ek die spinnekoppe uit daai loop jaag.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Hahahaha, wel maar sterkte!
Watse kruit het oom Mauritz voorgestel?
Watse kruit het oom Mauritz voorgestel?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
As ek reg onthou , moet in herlaai manual gaan kyk by huis , was dit S365.
Nou hoop ek net nie hier is baie mense wat hier nou en later gaan lees nie.
Net na ons gesprek , het ek gou weer gelag , iets onthou oor hoekom ek ook die speelding gebere het , raak mos mak.
Met laaste skiet het ou maat van my gevra hoekom is daar bloed op voorkop......................moet ek verder gaan.
Sssssshhhhhhhhhttttt moenie voor kinders praat nie
Nou hoop ek net nie hier is baie mense wat hier nou en later gaan lees nie.
Net na ons gesprek , het ek gou weer gelag , iets onthou oor hoekom ek ook die speelding gebere het , raak mos mak.
Met laaste skiet het ou maat van my gevra hoekom is daar bloed op voorkop......................moet ek verder gaan.
Sssssshhhhhhhhhttttt moenie voor kinders praat nie
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 9.3x62 met 250gr TSX
Bush hat
Wat ek van Facebook weet is baie gevaarlik , daars nie kruit , dop , primers en koeels nie. Of dalk die tekort van hare