Middag Manne
Ek weet ek skiet bietjie hier in die donker maar ek sal dit opreg waardeer as iemand dalk kan help. Ek soek jagplek in die Oos Kaap. Ek en Mamma en die klein CEO (3 jaar) gaan so bietjie see toe na Cape St Francis van 30/4 tot 10/5. Ons wil graag oppad terug so bietjie jag vir vleis. Dit hoef nie 5ster akkommodasie te wees. Het nou na kaart gekyk en plekke oppad terug soos Cradock, Grahamstown, Somerset East, Steynsburg, Burgersdorp. Ek het nou al redelik op die internet gesoek maar plekke wat ek kon sien en navrae doen is maar meer gefokus op die oorsese jagters. Dit sal in die week wees van 10/5 tot 13/5 en as daar dalk iemand op die forum is wat kan help of iemand wat plekke kan aanbeveel vir SA biltongjagters sal ek dit baie waardeer.
Baie dankie
Groete
Jagplek in Oos Kaap
-
2shot
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Tue Mar 15, 2016 2:01 pm
Re: Jagplek in Oos Kaap
Jessie, praat met Andrew 078twee1224twee3. Hys PH op Bucklands paar km uit Grahamstad. Seker hy kan help
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Jagplek in Oos Kaap
Highland safaris, dink hulle is net buite Graaff Reinet het nog plek
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2