Jaggeleentheid

Post Reply
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Jaggeleentheid

Post by Frikkie Coetzee »

Dag manne.

Ek en my buurman sit so paar jagpakkette bymekaar. Ons gaan net 3 uitsit en een is reeds gevat.

Die pakket is as volg:
30 springbokke
5 blesbokke
5 rooi ribbokke
5 damara skape

Maks van 6 jagters. Alle dagfooie en verblyf is ingesluit. 3 volle jagdae en 4 aande. Gebruik van Landcruizer en koelkamer, afslag ens ingesluit. Slegs eie kos en drank. Geen ander kostes behalwe as jy ekstra wild wil skiet.

Die pakket kos R50 000.

Die bogemelde diere is in genoeg getalle op die plaas. Ekstra diere kan dalk gereel word. Koedoes is beskikbaar maar n kans is nie gewaarborgnie en daarom nie deel van pakket nie.

Datums is 2,3,4 Junie en weer 7,8,9 Junie.

Deposito van50% bevestigjou plek.

Pm my asb as iemand belangstel.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by FHM »

[quote="Frikkie Coetzee"

5 x damara skape

[/quote]

Is daai skapies baie wild?
Beraamde afstand van skiet?
Watse kaliber stel jy voor?
Grein?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Apie »

Vrekkit, my jag vir die jaar is klaar vas!
Saam goeie pelle klink daai mos oorlekker!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Frikkie Coetzee »

Apie. Die skape kan naby wees of ver. Hang af van waar hulle is die dag.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Hilux01 »

Blacksam Frikkie

Daai is n mooi pakkie om af te haal as n man so groepie van 5 is kan die somme mos mooi uitwerk
Ons is ongelukkig reeds vas vir n week jag in Junie en Julie

Volgende keer
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Gernie »

Klink heel mooi
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Frikkie Coetzee »

Manne

As die datums pla, praat met my dan kyk ek na ander datums ook. Die plaas het so 500 springbokke op hom en seker so 200 ribbokke en 80 plus blesbokke. Julle sal nie sukkel om kans te kry nie.

Die plaas is tussen Cradock en Graaff Reinet.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Apie »

As julle in 2017 jagte het boek en en my jagvriende vooruit.
Ons goed vir die jaar is ongelukkig reeds gereel
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Frikkie Coetzee »

bump
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Jaggeleentheid

Post by Boersonderroer »

Daar is nie dalk ander geleenthede op die plaas vir so 4 jagters en 4 nie-jagters gedurende die week in Julie maand nie? Ons stel belang in springbok, ribbok , kudu , swart wildebeest, rooi hartebeest, gemsbok en takbok.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Jaggeleentheid

Post by win270 »

Jy sal beslis 'n roer moet hê, Boersonderroer!! ;)
Post Reply