AR/semi-auto lisensie

Anything to do with SemiAutomatic Firearms will go here/Enigeiets met vuurwapens wat self herlaai hoort hier
User avatar
Choppie
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sun Apr 21, 2013 11:30 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Choppie »

Jinne, so hulle raak regtig moelik. Will graag vir my 'n .22 semi auto kry. Soos jy in 'n vorige pos gesê het, solank jy bevoeg is en dit korrek kan motiveer, behoort daar nie 'n rede te wees om dit nie te kry nie. Wat het het die appel behels?

Werner
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by tau »

EK wag nog steeds.....
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Lukie
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Mar 21, 2016 9:09 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Lukie »

Ek het bietjie navraag gedoen en gehoor die volgende is baie belangrik in die aansoek vir 'n semi:

Hulle kyk uiteraard na bevoegdheid heel eerste.
Dan na toegewyde status.
Dan is endorsement of aanbeveling deur jou organisasie (NSA, SAPSA, SADPA etc.) belangrik.
BELANGRIKSTE op die oomblik is bewys van deelname. So hou maar mooi log van elke oefening en kompetisie en laat dit bevestig word.

Met bg 4 in jou motivering sal daar nie moeilikheid van CFR af wees nie.
Weatherby Vanguard RC 308
Colt LE6920 223
Glock 23 40
Benelli M2 12Br
Ruger M77 Mk2 25-06
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Lukie wrote:Ek het bietjie navraag gedoen en gehoor die volgende is baie belangrik in die aansoek vir 'n semi:

Hulle kyk uiteraard na bevoegdheid heel eerste.
Dan na toegewyde status.
Dan is endorsement of aanbeveling deur jou organisasie (NSA, SAPSA, SADPA etc.) belangrik.
BELANGRIKSTE op die oomblik is bewys van deelname. So hou maar mooi log van elke oefening en kompetisie en laat dit bevestig word.

Met bg 4 in jou motivering sal daar nie moeilikheid van CFR af wees nie.
Bewys van deelname aan wat? Hoe kan jy deelneem as jy nie n lisensie vir die wapen het nie?

Ander deelname word tog reeds bewys deur toegewyde status.
User avatar
Lukie
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Mar 21, 2016 9:09 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Lukie »

Arnold, bewys van deelname aan die sportskietdissipline van jou keuse. Ek verstaan wat jy bedoel met die feit dat toegewyde status eintlik 'n bewys opsigself is, en ek stem 100% saam met jou daaroor. Die CFR wil blykbaar amper 'n "logbook" sien van mens se aktiwiteite (soos SARS 'n logboek vir mens se voertuig wil sien.) Dis eintlik belaglik, maar dis hoe die CFR daarvan hou.

Ek het byvoorbeeld met my pistool deelgeneem aan events. Ek het log gehou van elke oefensessie en ladingontwikkelingsessie. Veldskiet en klubskietkompetisies toon mos alles dat mens aan 'n sport deelneem en derhalwe die nodige toerusting vir die navolg van hierdie sport benodig.

Sodra mens die duidelikheid van "I need this and that for my sport" dan kan aantoon, is 'n weiering byna onmoontlik, soos die wet huidiglik uiteengesit is.
Weatherby Vanguard RC 308
Colt LE6920 223
Glock 23 40
Benelli M2 12Br
Ruger M77 Mk2 25-06
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Gawie(13mm) »

Lukie, jou gedagtes is edel en opreg en ek verstaan hoekom dit as motivering kan dien, maar ek stem saam met Arnold. Indien jy wil begin om aan 'n dissipline deel te neem en jy besit nog nie 'n wapen nie, is dit mos onmoontlik om boek te hou van jou aktiwiteite.

'n Endorsement van jou vereniging tov. jou sportskut- status is in effek al wat jy benodig. Om daardie status te verkry, het jy nie 'n wapen nodig nie. Om die status in stand te hou, moet jy egter wel aan die aktiwiteite van jou vereniging deelneem, soos voorgeskryf.

Waar daardie log boek wel handig te pas kan kom is wanneer jy vir addisionele wapens wil aansoek doen.
Last edited by Gawie(13mm) on Fri May 27, 2016 9:05 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Lukie, ek was bietjie aspris en uitlokkend gewees met my plasing.

Wat jy sê is korrek, maar die wet vereis dit nie. As die wet dit nie vereis nie mag hulle nie jou lisensie afkeur op daardie gronde nie, indien hulle dit wel doen is daar maniere om dit te hanteer.

Natuurlik is dit vir ons makliker en vinniger om net aan die sinnelose vereistes van die CFR te voldoen : (
User avatar
Lukie
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Mar 21, 2016 9:09 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Lukie »

Hehehe dankie Arnold. Ek voel eintlik behoort ons almal bloot die wetlike vereistes na te kom en dis dit. As die CFR dan 'n aansoek weier, behoort hulle bloots gery te word om te toon hoekom hulle dit weier. Dis net jammer die appèl proses vat so lank...
Weatherby Vanguard RC 308
Colt LE6920 223
Glock 23 40
Benelli M2 12Br
Ruger M77 Mk2 25-06
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Lukie, my appél was binne n maand afgehandel ;)
User avatar
Lukie
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Mar 21, 2016 9:09 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Lukie »

Arnold, as ek ooit vassit met 'n aansoek, gaan ek jou opsoek vir bystand... ;D
Weatherby Vanguard RC 308
Colt LE6920 223
Glock 23 40
Benelli M2 12Br
Ruger M77 Mk2 25-06
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by tau »

Hoe gaan dit hier manne? EK het gister 'n tweed eSemi opgespoor wat ek baie graag wil aanskaf. G3A1 ek sal seker maar knetter om tweede lisensie te kan kry as ek reeds AR 15 het. Gaan probeer vir motiveer vir ander 3 gun klas.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Lukie
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Mar 21, 2016 9:09 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Lukie »

Dit klink na 'n goeie benadering. Een semi vir minor en een vir major. Hou ons asseblief op hoogte oor die sukses van die aansoek. My hande jeuk ook vir 'n tweede een in 'n groter kaliber.
Weatherby Vanguard RC 308
Colt LE6920 223
Glock 23 40
Benelli M2 12Br
Ruger M77 Mk2 25-06
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by tau »

My tweede aansoek is weer in gedrang.

Die vuurwapen is nie op handelaar se naam by wie ek dit gekoop het nie. Hulle kom nie terug na my nie en dan se CFR ek het nie 'n competancy nie, maar dit is op dieselfde competancy as my pistool. En my DPO het my competancy gister vanaf die aansoek op die sisteem geprint !!!!

GOSA kan nie help nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Ai Tau, dit is nie lekker om hierdie gevegte te veg nie >:(

Met jou tweede aansoek bedoel jy jou eerste een wat jy weer moes doen?
Het die handelaar nie vir jou 'n SAPS350 nie?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by tau »

Arnold wrote:Ai Tau, dit is nie lekker om hierdie gevegte te veg nie >:(

Met jou tweede aansoek bedoel jy jou eerste een wat jy weer moes doen?
Het die handelaar nie vir jou 'n SAPS350 nie?
Jip my eertseeen wat SAPS gekanseleer het en toe self 'n copy weggestuur het.

EK het papierwerk by handelaar gekry en ingegee hulle het hulle deel ingevul. Wapen is steeds by hulle in JHB.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Vandag so bietjie met my swart barbie dress up gespeel. Nog so paar goedjies wat kort maar ek het gister eers die lisensie gekry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160527/9621557601cdf4b52be58f267d6a119d.jpg

Jammer Tau Image
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by JGZ »

Arnold watter rail het jy daarop? Ek wag vir my colt se liksens en spaar solank vir sneller, adjustable gas block, ens. Ek het gekyk na die geiselle smr en alg defense. Daardie rail lyk ook of hy lekker sal werk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Dit is die UTG pro keymod 15", was R3000 by Dave Sheer Guns.

Geissele SD-E sneller

Ek het sommer my A2 front sight verander in n low profile gasblock om n paar rand vir eers te spaar.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160527/dcae619d7e50af7c052dc89c19253ea2.jpg

Nightforce A192 mount en Vortex Strike Eagle 1-6x24 scope.

Ek het ook Magpul Pro LR backup sights wat dalk gaan opkom.

Magpul trigger guard.

Kort nog n ander grip, kolf en muzzle brake. Wou net eers sien of die kolf gelig moet word vir die scope maar dit lyk reg so ek sal nou n Daniel Defense kolf en grip bestel en n AD Tactical muzzle brake.

Kan nie wag om te begin skiet nie.
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by gbvl »

Arnold soek jy dalk magasyne? Ek het 4 USGI met die s/s vere nog geseel in die brownells verpakking wat beskibaar is. Nou nie so mooi of tacticool soos Magpul gen 3 maar lekker vir gelaai stoor.


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Dit hang maar af van die prys aangesien ek reeds n paar magesyne het.
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by gbvl »

Ek het 10 gekoop en het my met posgeld, invoer belasting ens so R250 stuk uitgewerk. Het 6 gehou en sal die 4 laat gaan vir wat ek betaal het.

As jy eerder self wil koop sien daar is nou weer 99USD special op brownels vir 10

Sent from my SM-G900H using Tapatalk
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Arnold »

Ek sal al 4 by jou vat. Ek stuur n PM
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by Gian_dP »

Arnold, ek is bly jou AR is uiteindelik by die huis! Hou baie van hoe jy vir "Barbie" aangetek het. Geniet haar!
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by tau »

Baie geluk Arnold. As julel manne nog magasyne het laat weet ek soek vir as ek in 2018 my lisensie kry.......
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: AR/semi-auto lisensie

Post by JGZ »

Arnold waar het jy die sneller gekoop? Ek sien Hailstorm het maar die prys is grof. Ek het n lift vir een van amerika af maar is bietjie skrikkerig om die kans te vat.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
Post Reply