Spitbraai - Skaap

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

More manne

Ek spit Donderdag vir ons kerk 'n skapie of twee. Wat is julle manne se mening oor die skaap inspuit terwyl hy braai of net 'n sousie oorvryf? Die ander spitbraais wat ek gemaak het het ek altyd ingespuit. Maar ek hoor van die mense beweer dat baie van die natuurlike sappe word dan verlore?

Hoe maak julle?

En sal van julle omgee om julle sousie met my te deel asb?

Groete
Ruann
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13642
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Geno »

Ons spuit hom net met suurlemoen sap en sout. Sodoende hou hy sy natuurlike geur en word dit nie met fancy souse bederf nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by RUPERT »

Ek stem saam Geno. Water my bek nou!
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Dankie Geno

Waaruit my sousie gewoonlik bestaan is
Olyfolie
Suurlemoensap
Asyn
Water
Growwe sout en pepper
Knoffel
Roosmaryn
Koljander
Ui

Het jy al soortgelyke iets probeer?

Of gebruik jy slegs suurlemoensap en sout?

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Rooster1089 »

Ons het altyd daai BBQ souse by die slaghuis gekoop en dan spuit jy daai skaap vol, maar het agtergekom dat van die vleis dan bietjie droog raak.
So het ons ook op die vars suurlemoen en sout resep afgekom, en ek moet saam die ander manne stem, dit werk baie lekker.
Die vleis is sag en sappig, die vel raak ook lekker crispy.
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Rooster

Baie dankie, Ja ek is ook nie 'n groot fan van bbq souse en soet souse nie. Spuit julle dan sommer van daai mengel net so oor die karkas ook terwyl hy braai of net binne?

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Carl »

Hallo Ruan

Ek het nou al ingespuite skape geeët of gesien waar die sous snaaks reageer binne die skaap. Dit was so gemaak vanaf die slaghuis. :( Ek is nou eenmaal 'n man wat verkies om beter vleis te koop dan hoef jy niks te verberg nie. Niemand sal my oortuig dat ordentlike lam beter proe met 'n mengsel van Coke en chemiese spesery ens nie.

'n Oordeelkundige gebruik van natuurlike geur middels in balans is 'n ander saak. Lam met roosmaryn, knoffel en suurlemoen. Enige iets met suiker (suurlemoen het) in teen hoë hitte gaan aanbrand en dit is onsmaaklik. Sous net opgesmeer gaan beslis net op die buitekante geproe word.
My sous.
* Kookolie (jy gaan nie die verskil met olyf olie proe nie.) Olie help net om die vleis te karamaliseer. Wissel die hoeveelheid na gelang van hoe vet die skapie is. (Dis baie soos sondbrand olie, 'n blondie van 36-32-34 wat 49kg weeg gaan nie so baie nodig hê om bruin te brand nie )
* droeë wit wyn, die alkohol brand weg
* roosmaryn, vars en na smaak.
* knoffel, vars
* sout en swart peper
* as die skapie amper gaar is sit suurlemoen by. :)
Jy kan ook bietjie bysit
* witwyn asyn, minder suurlemoen later
of
* worcestershire sous

'n Goeie lams karkas wat reg gebraai word het genoeg sous binne om dit heerlik te maak. Die een probleem met kerkbasaar is dat die tyd wat die lam op die rooster is dalk te lank raak en dan droog die vleis uit. Jy kan die vleis sny en dan 'n lekker mengsel van die drup sous maak en dit dan oor gooi. Verminder net die vet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Carl »

Ek het so lank getik en so honger geraak, maar die manne se advies stem ooreen ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Baie dankie vir die goeie raad! Waardeer dit opreg.

Ek gaan hom bietjie so probeer. Gelukkig is ons nie te veel wat daar gaan eet nie en almal gaan gelyk eet, so hopelik hoef die vleis nie te lank te staan nadat dit gesny is nie.

Een vraag vir oom, glo oom ook dat jy in die begin met hoë hitte begin en na die eerste ruk dan af te kom na 'n bietjie laer temperatuur toe waarteen hy dan konstant gehou word?

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Spitbraai - Skaap

Post by ruaanb »

Ek was eendag by 'n spit waar so 6 skape gespit is. Wanneer elke skapie so 80% gaar was volgens die braaier het hy sy MeatOMatic opgestart en daai skapie opgesaag soos wanneer jy by 'n slaghuis is. Alles is dan in groot bakke gesit, sy geheime sousie oorgegooi en toegemaak met foelie. Die bakke is dan op op ander braaidromme gesit waar kole gemaak is en vir so 20 minute laat staan en stoom. Liplekker!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by NicoSmit »

Ek was eenkeer saam in 'n span wat 'n skaap moes braai toe slaan die skaap aan die brand die tyd dat die brand geblus was was die skaap houtskool en ons was nugter geskrik . Het op die ou einde gekos ons moes toe maar die skaap vervang en weer van vooraf begin so al raad wat ek kan gee is pasop dat hy nie aan die brand slaan nie
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Nickvn »

ruaanb wrote:Ek was eendag by 'n spit waar so 6 skape gespit is. Wanneer elke skapie so 80% gaar was volgens die braaier het hy sy MeatOMatic opgestart en daai skapie opgesaag soos wanneer jy by 'n slaghuis is. Alles is dan in groot bakke gesit, sy geheime sousie oorgegooi en toegemaak met foelie. Die bakke is dan op op ander braaidromme gesit waar kole gemaak is en vir so 20 minute laat staan en stoom. Liplekker!

My vriend is die spitbraai koning hier by ons en maak hom ook so. Dit werk baie goed as jy baie mense kos gee. Die skaap word in chops opgesny en elkeen kry n stukkie van alles. Jy kry nie daai een ou wat die hele rugstring uithaal net vir homself nie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Ruaanb daai klink slef na 'n blikplan wat daai man beet het.

Hahaha oom Nico lekker lag ek nou.. Daai is groot skade. Ek neem aan die was met 'n kole spitbraai gewees? Ek gaan 'n gas spitbraai gebruik so kan daai een hopelik van die lysie afhaal. Maar dankie vir die raad. Hoop die tweede een was toe darem 'n groot sukses.

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Oom Nick ja dis waar wat oom se daar is altyd daai een perd wat so maak. Ons gaan gelukkig ook as hy gaar is hom mooi opsny en dan bedien.

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Carl »

ruaanb wrote:so 20 minute laat staan en stoom. Liplekker!
Kyk julle mense wat nie pap eet met julle braai vleis nie. ;D Eintlik mag braai vleis nie stoom nie, want dan is dit stoom vleis. Ek het 'n ewige jikkel in mense wat braai en dan die vleis in bakke sit en dan aanklets terwyl mamma eers die slaai maak >:+

Maar nou ja toegegee met so skaap braai in die Kaap is dit of reën wat die vleis nat gaan maak, of die wind wat dit weg gaan waai. So julle moet toemaak :laugh:

Ek stem vir vleis saag dit werk koning.

Striker dis 'n goeie beginsel vir braai om eers teen hoë hitte te seël. Met die heel spit moet jy net sorg dat die binne vleis temperatuur genoeg is om gaar te word, sonder om buite te brand of te stadig dat dit vrot word. In teorie kan jy 'n skaapboud teen 60 grade oornag gaar kry, die temp binne teen die been moet hoog genoeg wees.

Ek braai lam op die Argentynse metode. Dis gevlek en staan teen 45 grade by 'n groot vuur, namate dit gaar word sit ons minder hout op en dan later braai dit net oor die kole as die lam omtrent gaar is.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by NicoSmit »

Ja was kole baie duur uitstappie gewees skaap, charcoal vervang en brandblusser hervul
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Spitbraai - Skaap

Post by ruaanb »

Carl wrote:
ruaanb wrote:so 20 minute laat staan en stoom. Liplekker!
Kyk julle mense wat nie pap eet met julle braai vleis nie. ;D Eintlik mag braai vleis nie stoom nie, want dan is dit stoom vleis. Ek het 'n ewige jikkel in mense wat braai en dan die vleis in bakke sit en dan aanklets terwyl mamma eers die slaai maak >:+
Jy gaan moet sterk wees hier by my. >:+ Ek vat eers nog 'n paar slukkies 8)
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Oom Carl baie dankie dit is hoe ek dit ook het. Ons gaan darem 'n lekker pap en sous saam met die skaap geniet.
Daai 45 grade langs die vuur werk baie lekker. Ek maak altyd skaaprib so gaar. Lank en stadig. Het nie die geriewe of hout om dit met die hele skaap te doen nie maar sal wel dit eendag wil probeer.

Haha oom Nico daai is uiters sleg, groot skade daai!
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Carl »

ruaanb wrote: Jy gaan moet sterk wees hier by my. >:+ Ek vat eers nog 'n paar slukkies 8)
Ek moet hoeka kom kuier... my pel het nog so pakkie 20 8X68S gekry. Ek bring dit en dan 2 sakke 5kg mielie meel. 1 vir jou en 1 vir die manne in die Pêrel, sal ruil vir wyn. Ek weet Gawie stook skelm.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Spitbraai - Skaap

Post by ruaanb »

Carl wrote:
ruaanb wrote: Jy gaan moet sterk wees hier by my. >:+ Ek vat eers nog 'n paar slukkies 8)
Ek moet hoeka kom kuier... my pel het nog so pakkie 20 8X68S gekry. Ek bring dit en dan 2 sakke 5kg mielie meel. 1 vir jou en 1 vir die manne in die Pêrel, sal ruil vir wyn. Ek weet Gawie stook skelm.
:laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Viking »

Striker,

Met 'n oop vuur moet jy die vleis temperatuur eers opjaag. Ek gooi gewoonlik net kole onder die boude en blaaie na die eerste halfuur op die spit. As die ribbes vooraf bedek word met foelie sal dit nie brand of uitdroog nie - die foelie kan gewoonlik afgehaal word vir die laaste 40 minute.

As jy 'n gas spitbraai gebruik werk dit baie dieselfde as in 'n oond. Jou hitte is meer egalig as op 'n oop vuur.

Ek koop die Franse slaaisous van Knorr en spuit die skaap daarmee in - dis seker maar dieselfde as sout en suurlemoen ( net 'n paar kruie meer.

Persoonlik is ek nie 'n voorstander van vleis afsny en in bakke stoom nie. Gryp 'n elektriese mes en laat waai - soos die bakke vol is word dit neergesit vir skep. Dit werk altyd beter as iemand verantwoordelik is vir die opskep....dan gaan almal sekerlik kos kry.

Nou is ek honger getik - gaan eers loop kos soek!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
Striker.
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Sun Oct 25, 2015 3:35 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by Striker. »

Viking dankie ja ek gaan 'n gas spitbraai gebruik.

Sal 'n man hier opkommandeer as skep kaptein.

Groete
30-06 Steyr Mannlicher SM12
6mm Creedmoor Ruger Precision Rifle
204 Ruger Howa
223 Ruger AR 15
12Ga Browning
9mm S&W M&P Shield
357 Mag Ruger Security Six
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by mossie »

Koop n groot bottel sweet en sour gherkins - eet die gherkins en spuit skaap aand voor die tyd met die sous in. As jy kan hang foelie voor die burners in die spit. Dit werk soos n screen om brand te voorkom en haal foelie af rukkie voor hy gaar is om dan te verbruin.
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by .223 JAGTER »

Wat vir my weer beter werk as jy skaap ontbeen saak dan bene op vir kookvleis spice dan skaap soos elkeen se behoefte rol die skaap in sy lengte op maak met toutjies was sit hom tussen 2 roosters en braai hom soos jy sal gewone spit braai as hy gaar is sny hy baie maklik op en vleissaag is glad nie nodig nie en jy self het nog die bene vir pot kos
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Spitbraai - Skaap

Post by worshond »

Ek braai gereeld skaape by funksies en het 3 gas spit braais, ons sny ook skaape op in chops met vleis saag nadat dit gaar is, so daar is regtig baie min mors.

Vat n pakkie 6 gun grill en n pakkie Texan spice en meng saam, laat skaap vir so uur sweet sodat hy lekker nat is met vet. Sprinkel dat die helle mengsel egalig oor die skaap. Maak to en wag nog so uur. Gooi water indie bodem van die braai want baie van die spice so nou al af geval het met die vet wat drip, meng die spul goed en verf nou die skaap met water spice en vet mengsel. 30min voor skaap reg is vat ek tween bottle huening en dedruip skaap daarme en verf dit oorals in. Maak toe en 30min later sny jy hom op dan is hy so lekker goud Bruin.

Doen Hoeka More nog een vir n 30ste
Post Reply