Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post Reply
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Dagse manne

Hoop dit gaan goed met almal.

Verskoon asb my spel. Ek try maar (Engels en Afrikaans lol)

Ek het hier by my 4500h bees grond (geen hoe heinings). Daar loop natuurlik kudus en varke op die plaas.

Ek sit my voelers uit om te sien of iemand so belangstel om hier te kom jag.

Ek wil graag nie van bakkies af skiet nie, en dis "amper" onmoontelik om te walk en stalk aangesien klippe en swarthak. Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit.

Ek dink om so R3500 vir kudu (net bulle) en R600 vir varke te vra. Die kanse is goed om mooi volwase bulle te skiet. Ons gemiddelde groot bull is so tussen 45 en 47 duim.

Daar is geen infrastruktuur vir jagters nie, so as daar mense is wat naby is wat vir die dag wil kom sal dit reg wees. Die ander opsie is "rof" kamp, daar is niks jy sal als self moet voorsien (ek sal hout aflaai)

Ek dink R 200 per dag, dit sal bok optel en afslag insluit en dan ook aflaai en optel van mense by waters. (Die is net om die aarbeid en diesel te dek) dis vir 1 mens of n groep mense nie PP nie.

As julle wil kamp sal dit ook R200 per nag wees
Ook vir almal nie PP nie. (Dis vir houd en aarbeid)

Daar was nog nooit deur ander mense behalwe famielie op die plaas gejag nie en die sal die eerste keer wees wat ek so iets reel.

Ek will weet wat dink julle manne. Is my pryse reg? Wat moet ek nog insluit.

Ek vra advies en bied die geleentheid ter selvde tyd aan.

Baie dankie manne
Mooiloop
Dave
0839509667
Last edited by F.L.A.S.H on Thu May 19, 2016 2:13 pm, edited 1 time in total.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by junglejulian »

Dave Hoeveel koedoes het jy in gedagte?
Ek skakel jou more.

Mooi loop
Julian
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Hi Julian

Ek is nie seker nie.

Die goed is nie gewaarborg nie. Omtrent hoeveel soek jy?
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by Gernie »

As jy net nader was....
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by Ashley »

Gernie wrote:As jy net nader was....
+1 :(
Daai pryse klink baie goed..
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by LoveHenties »

Gernie, Ashley, dit maak drie van ons... Vier pas gemaklik in n bakkie. :) :)

Dis 550km van pretoria. Ek is in as julle is?
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by LoveHenties »

F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Kom ek stel dit so, ek is opsoek na n jong bul vir biltong en n paar varke vir die mark.

Ek ry die afgeloope 6 dae met die geweer saam in die bakkie en die eenigste bulle wat ek gekry het was 2 groot bulle by die waters..

N mens kan net omtrent 100m tot omtrent verste 200m sien van die bakkie af (daar is ander plekke waar mens verder kan sien maar dis nie algemeen nie. En die plaas is so dig met swarthak dat as jy afklim sien jy 50m maar raas baie as jy wil loop (swarthak is rerig baie)

Ek weet die gaan nie vir almal wees nie, dus het ek gese dit sal goei plek wees vir boog jagters.

Ek is jammer. Ek self is baie lief vir walk en stalk en sal se ek is nie te sleg met n bekruip nie maar het al so deur die jaare net n paar bokke do gesiet en meeste van hulle was maar naby die water.
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by Dolf014 »

LoveHenties wrote:
F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Manne ek ken daai haakbos. Het 3 jaar terug daar gejag. Jy loop jou letterlik vas in die haakbos, dat jy in jou spore moet omdraai. Jy kan ook nie oor die hakbos sien nie.
En as jy n bul tussen daai bosse skiet is dit bloedsweet (letterlik) om hom daar uit te kry.

As die bees voet paadjies uitgetrap het; is dit n oplossing.

Maar ek sê nie jy moet nie probeer nie.

Hierdie is n harde jag, maar n lekker uitdaging.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by ruaanb »

Ek het as jong knaap ook baie in daai area agter hulle aan geloop. Dit is harde werk om die minste te sê as gevolg van daai haakbos.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Dankie Dolf

Jy slaap die spyker op die kop met wat jy se
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by PWV »

Dolf014 wrote:
LoveHenties wrote:
F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Manne ek ken daai haakbos. Het 3 jaar terug daar gejag. Jy loop jou letterlik vas in die haakbos, dat jy in jou spore moet omdraai. Jy kan ook nie oor die hakbos sien nie.
En as jy n bul tussen daai bosse skiet is dit bloedsweet (letterlik) om hom daar uit te kry.

As die bees voet paadjies uitgetrap het; is dit n oplossing.

Maar ek sê nie jy moet nie probeer nie.

Hierdie is n harde jag, maar n lekker uitdaging.

Om hierby aan te sluit:

En as jy die koedoe daar in die digte bos skiet, hoe kry jy hom daar uit?

Om koedoes by watergate voor te lê, verg kennis van hul gewoontes. Hulle drink in die nag of vroegoggend en ook in die aand by sononder. As jy en 'n maat gaan, moet julle 'n pak kaarte saamneem en in die "af tye" poker speel! :)
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by LoveHenties »

Toemaar Oom. Reeds daarteen besluit.

Sent from my D6603 using Tapatalk
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by sako 30-06 »

LoveHenties wrote:
F.L.A.S.H wrote:... Dis het ek gevind die beste metode om vleis huistoe te vat is om by die waters te sit....
Flash, sien nou net die. Wat's mens se kans andersins? Daai voel soos vleis koop by die slaghuis.
Ek dink die slagter gaan ongelukkig wees as jy met n geweer by die slaghuis instap ;D
Slaghuis hang die vleis ook klaar, op die jag moet jy hom self skiet. Glad nie dieselfde nie. :)
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Oom PWV

Dis nie baie aangenaam om bokke uit die digte goed te haal nie. Die bloed loop gou.

Die bokke is nie geguarantee nie. Hierdie is n oop plaas waar hulle loop soos hulle wil. Ons naaste hoe heining is 4 plaase weg.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by PWV »

F.L.A.S.H wrote:Oom PWV

Dis nie baie aangenaam om bokke uit die digte goed te haal nie. Die bloed loop gou.

Die bokke is nie geguarantee nie. Hierdie is n oop plaas waar hulle loop soos hulle wil. Ons naaste hoe heining is 4 plaase weg.
Dit is soos jy sê, F.L.A.S.H, geen waarborg dat jy 'n bok gaan kry nie. As jy tyd het ('n week), sal jy wel, maar dan moet jy weet wat jy doen. Ek ken daardie tipe jag maar te goed.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by musgrave270 »

Die manne wat ek ken wat in daai wêreld jag sit 'n stel jagtralies bo-op hul bestaande stel tralies, so jy sit omtrent 3m hoog wat dit moontlik maak om meer wild te sien.

Groete
Ruan
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Ok manne, na betjie dinkwerk gaan ek die vark pryse laer maak

Varke is dis nou R600 eenige groote
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Manne ek tik hierdie post met my gumguard al kla in.

Ek vra net eers onverskoning.

Ek en die baas van die plaas (my ouma) het mekaar nie so mooi verstaan nie.

Daar is nog jag biskikbaar hier by my maar dit is ongelikig net vir boog jagters.

Ek is self nie baie bly oor die hele storie nie.

Ek vra weerens onverskoning.

Lekker aand
Dave
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by PWV »

F.L.A.S.H wrote:Manne ek tik hierdie post met my gumguard al kla in.

Ek vra net eers onverskoning.

Ek en die baas van die plaas (my ouma) het mekaar nie so mooi verstaan nie.

Daar is nog jag biskikbaar hier by my maar dit is ongelikig net vir boog jagters.

Ek is self nie baie bly oor die hele storie nie.

Ek vra weerens onverskoning.

Lekker aand
Dave
Flash, ek nou nie by nie. Het jou ouma besluit dat daar nie gejag mag word nie? :'(
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by Andre308 »

Presies hoekom my ouma nie mag inmeng in my jag besprekings nie... Of se eerder in niks van my dinge nie...
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Toets! jag plek +/- 70km vanaf Barkly Wes naby Ulco

Post by F.L.A.S.H »

Nee oom sy wil nie he mense moet met gewere jag nie maar mag met boog skiet.

Ai Andre is dinge net op daardie stadium kan kom sal ek bly wees.

Hoopelik by uinde die jaar vroeg in volgende jaar sal dinge beter gaan, maar man kan net hoop tot dan
Post Reply