Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Ek het vir my so geweertjie aan geskaf, ek nie bekend met die verskilende punte wat lekker werk met die 'n 223 nie.
Gaan geweer gerbuik vir springbokke en blesbokke skiet (meestal kopskote) en dan ook lang afstand teiken skiet, ek het gehoor met die 8 twist sal mest meskien 'n 80gr kan laai vir die ver skote.
Wat is jul meenings oor bipods, almal praat goed van die Harris... maar is dit rerig die geld die moeite werd, en water ander alternatiewe is daso...
Baie dankie vir die hulp. aaih kanie wag om lesensie te kry nie
Groete
Emile
458 Lott Heym Express Rifle
308 Tikka T3 Hunter
223Ai T3 Super Varmint
.22 LR Wins
Hoyt Element 80#
Ek het ook `n tikka .223 met 1-8twist. Het nog nie baie met die punte en ladings rond gespeel nie maar het wel gesien dat n 55gr sagte punt nie werk nie. Ek skiet nou met 69gr nosler CC wat baie mooi skiet, sal net graag hornady 75gr A-max wil probeer maar kry dit nie in die hande nie.
Ek het self n harris-tipe bi-pod op wat baie lekker werk en is volgens my defnitief die moeitewerd. R500 gekos by VKB in reitz.
G.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Ek het pmp 55gr, speer 55gr en n FMJ geskiet, meeste ladings het getumble en die wat nie tumble nie groepeer nie. Almal op node gelaai en paar ladings daar naby maar wil niks weet nie. Het wel gesien dat baie stadige spoed die beste is vir die 55gr maar dan skiet ek eerder die swaarder punte teen n vinner spoed en beter BC.
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Oorstabilisering is nie al ooit bewys nie - my vraag sal wees is watter TPL is met die korter koeëls gebruik en was deur tekens van skeefheid. My 223 is 1 in 10 en hy stabiliseer selfs 69g koele. Kan nie sien hoe 'n 1 in 8 groefdraai skielik nie 55gr wil skiet nie.
Hi,
n stywe "twist" stabiliseer n ligte koeel maar n slap "twist" stabiliseer nie n koeel met n lang dravlak nie. Die 1-8" twist sal dus die kort koeel stabiliseer en goed skiet.
Ek sal dan maar nog ladings gaan toets met daai punte aangesien hulle darm heelwat goedkoper is as die swaarder punte.
Baie dankie
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
HunterB wrote:Ek sal dan maar nog ladings gaan toets met daai punte aangesien hulle darm heelwat goedkoper is as die swaarder punte.
Baie dankie
Moet nie bang wees vir 'n lang sprong na die lande nie. Sorg dat jy 5mm of selfs meer van die skag in die dopnek het wat kontak maak. Wees dus versigting met bootsterte. TPL van 57.4mm is die SAAMI maksimum en behoort goed te werk. PMP toon net oor die 5mm in die nek met die' TPL. Somchem se proefskote is met 56.2mm TPL geskiet.
My savage is n 1:9 twist laas jaar het ek 70gr Barnes TSX en die 62gr probeer maar ek kon niks reg kry nie. Op n dag op n dik karton boks geskiet by die huis gekom en punte in die gate gedruk daai koele het amper sideways by die teiken gekom.
55 Gr probeer en hulle het geen probleem nie. Skiet gewoonlik NCC 69gr en hulle skiet ook sonder enige probleem.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
Oupa myne se loop is ook 26" en S321 werk die beste. Hoe langer daai punt word hoe better die BC ek sal voorstel as jy n teiken punt soek kyk eers na die 69NCC daar is daar by die rowers op lynwood weg skiet hulle en kyk hoe gaan dit, besluit dan of jou resultate bevredigind is en dan kyk jy dalk na iets anders.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
In my. 223Rem werk S335 met CCI 400 ook baie goed en ek skiet die swaarder koeëls daarmee. Jy kan dit probeer. Luister wat Tripod se en skiet met n langer sprong na die lande. Jy moet genoeg grip op die koeel he in die 223 anders gaan die slagdop die koeel in die lande stoot voordat die kruitkolom ontbrand en dan spike die druk en geweer skiet bont. Kruit moet ontbrand en dan koeel vorentoe stoot. Dis ma net my leke opinie. Ek skiet in my geweer met n 2mm jump na die lande en dit werk.
OupaZA wrote:Ek sien daar is 'n Nosler 77gr met BC van .340 en die 80gr met BC .410...
Snaaks dat BC so baie spring met net 3gr swaarder punt.
Die twee koeels se vorm verskil. Die 80gr het 'n skerper neus as die 77gr.
Die 77gr is spesifiek vir gewere met magesyn lengte beperkings soos bv. die semi-auto gewere.
Ek gaan more gou n paar 77 greiners in 'n 9 twist probeer met s335 agter hulle. Sal ook CCI400 probeer soos jy voorstel Ferdi.
Ferdi Bam wrote:In my. 223Rem werk S335 met CCI 400 ook baie goed en ek skiet die swaarder koeëls daarmee. Jy kan dit probeer. Luister wat Tripod se en skiet met n langer sprong na die lande. Jy moet genoeg grip op die koeel he in die 223 anders gaan die slagdop die koeel in die lande stoot voordat die kruitkolom ontbrand en dan spike die druk en geweer skiet bont. Kruit moet ontbrand en dan koeel vorentoe stoot. Dis ma net my leke opinie. Ek skiet in my geweer met n 2mm jump na die lande en dit werk.
Askies vir die kaping , maar ek leer solank vir wanneer ek vir my nuwe 223 moet begin herlaai.
Ferdi, is dit die geval met alle koeëls, of net die swaarder koeëls?
Net op S335 of met S321 ook?
Ek het self die .223 Tikka Super Varmint wat ek geackley het en volgens my navorsing gaan hy die 75gr A max mooi stabiliseer en gelukkig het ek van die punte verlede jaar so 1200 gekoop.