Rooikat Kopseer
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Rooikat Kopseer
Goeie dag manne.
Ek plaas nou die storie namens my tannie wat so bietjie voor die rekenaar era gebore is en maar sukkel met die keyboard. Sy is nou redelik raadop en ek glo julle sal na my skrywe mooi verstaan.
Van Augustus 2015 tot nou is daar ongeveer 140 lammers gevang.
Sy het tans 9 Vanghokke op die plaas.
Van Augustus tot nou het sy al 5 katte gevang.
Daar is in die selfde tyd ongeveer 10 keer geroep, niks jakkalse of katte is ingeroep nie.
Die helikopter was daar maar geen roofdiere is geflush nie.
Daar word elke week draad gery en 'n man in die veld laat stap. Geen jakkals spore, net Rooikat se kind.
Lammers word op enige plek van die plaas gevang. Skuif sy die goed is dit 'n kort tydjie stil en dan word daar weer gevang.
Sy het nou al so paar ekstra van onse nasie gekry en die kampe deur geloop in 'n reguit lyn om te kyk of hulle nie neste of iets snaaks kry maar ook geen geluk.
Haar frustrasie en vrae gaan oor die feit dat sy so 2 weke terug 2 katte kort op mekaar gevang het, so ongeveer 10kg elk. 'n Paar dae later ry sy drade en kry weer 2 lammers dood. Die een is net die stertjie omtrent gevreet en die ander was letterlik net doodgebyt so die blerrie kat mors / leer ook nog?
Haar eerste vraag is dan op watter ouderdom speen die katte? Is 10kg nog 'n kat wat met sy ma loop of is hulle nou al op hul eie. Die laaste 4 katte wat sy gevang het was almal rondom 10kg gewees. Terloops almal behalwe een se pense was vol skaap hare.
Dan ook hoe moet die hokke gestel word om meer effektief te wees. Tans word hulle maar in of langs paaie gestel. Hier en daar by 'n deurkruip plek tussen haar en die bure ook. 'n blink CD word opgehang as lokaas.
Laastens, die laaste 2 katte was mannetjies en is van kant gemaak. Sy is gesê as sy 'n wyfie vang kan die gevoer word en gebruik word om ander katte te lok maar nie 'n mannetjie. Is dit inderdaad so of sal mens sukses met 'n mannetjie ook he?
Ek heg 'n foto aan van een van die skape wat dood gebyt en gevreet is. Hy is dood, hy word net regop gehou...
Enige tips & tricks sal waardeer word.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Rooikat Kopseer
Ek sou bq katnip by n petshop koop en saam met die CD in die hok sit anders dalk iets soos n tarentaal of plaas hoender in n hokkie in die groot hok agter die valplaat sit, van katte voer om ander te lok weet ek nie so lekker nie maar teen die tempo wat die lammers gevang word sou ek al wat kat is wou weg kry daar.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Rooikat Kopseer
In die Ooskaap gesien dat hulle 'n wyfie in 'n hok aanhou en die sak waarop sy urineer gebruik as lokmiddel in die vanghok. Sakke word dus net geruil om lekker sterk reuk te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
pvzyl
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Sat May 31, 2014 5:27 pm
Re: Rooikat Kopseer
Kontak vir Antoon by www.Tophok.co.za .Ek glo hy sal nog 'n paar ekstra tips he.
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
Sent from my SM-N910F using Tapatalk
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rooikat Kopseer
Ek kan nou nie so mooi sien op die foto nie, maar ek wonder of daardie skade nie jakkals se skuld is nie .... nie dat ek sê die rooikatte is onskuldig nie, maar jakkalse vreet soms die vetderm op soortgelyke manier van agter af uit.
Ek sou die tannie aanbeveel om mooi te soek na bytplekke op die keel of kakebeen ook. Aan die keel dui eerder op rooikatte, maar as daar bytplekke op die kakebeen of gesig van die lam is, sal ek beslis vir jakkalse ook soek.
Verder gee die manne goeie raad vir katte hier ...

Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Rooikat Kopseer
Jy kan enige kat in hok hou vir n paar dae om sy maat te lok. Jy kan vis ook in die hok sit om kat te lok selfs blikkies vis maak net darem die blikkie oop.
Sent from my SM-G361H using Tapatalk
Sent from my SM-G361H using Tapatalk
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Rooikat Kopseer
Is geneig om saam met Louis te stem.... Lyk ook vir my eerder na jakkals se kind.
Rooikat maak gewoonlik dood as hy vang en het al menigmale gesien dat jakkals groter prooi soos groot lammers en skape n gat uit die boud eet en dan leef die lam/skaap nog. Baiekeer is daar dan geen merk van slagtande aan kakebeen of gorrel nie.
Onthou n jakkals wat al ervaring het van jagters ,slagysters, honde, ens. raak so dat jy later bykans geen tekens van hulle sien behalwe vangste.
Hoop problem word uitgesorteer. Watter area is dit ?
Mooiloop .
Freddie

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Rooikat Kopseer
"Ek heg 'n foto aan van een van die skape wat dood gebyt en gevreet is. Hy is dood, hy word net regop gehou..."
Die skaap is moerland toe
Die skaap is moerland toe
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Rooikat Kopseer
Kom die kat weer terug om te vreet aan die karkas as jy hom net so daar los?
Daar is dan ander maniere op kat vas te trek.
Daar is dan ander maniere op kat vas te trek.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Rooikat Kopseer
Reg. Ek neem aan die 1ste foto is dan die dooie skaap. Sien nie foto by jou laaste post. Dit verander die prentjie. Dan lyk my is dit dan rooikat.
Watter area?
Mooiloop.
Watter area?
Mooiloop.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Rooikat Kopseer
Jammer Freddie partykeer lyk goed anders op verskillende browsers. Daar is net een skaap. 2 Manne het 'n bietjie humor in die gesprek in gebring en dit is hoekom ek jaracal ondersteun ten spyte van die feit dat so baie van my posts delete word. Een of ander mod haat my... Ek het bevestig die skape is almal aan die keel gebyt. Die laaste profesionele roep man wat daar was kon van die nuwe vangste sien en was ook van die opinie dit is kat se kind. Die plan lyk nou om al die lammers op die plaas na een kamp te skuif en dan een van ons voorste en slimste lede van die stemvee korps maar te perd elke dag te laat saam stap.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Rooikat Kopseer
Freddie,
Ek staan nog by jakkals, miskien oop gebyt toe hy dit jaag, en toe verder gevreet.
Kat begin so te se altyd in die lies waar dit die maklikste is om met sy sny tande te penetreer, gaan ook partykeer, vernaam as kleintjies by is, onder die blad in by die dunste vel.
Nie my skaap of my probleem nie, maar as dit was, het ek eerder vir vlekkie gesoek
PS. As jy na die foto kyk, loop die bloed af na die regte kant toe, so skaap het op sy sy gele, en vel is neitjies rond ge eet al om die stert, insluitend die bene.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Rooikat Kopseer
Mac van jou skrywe neem ek aan kat eet nie bene nie? Net so terloops, in my lyn van werk soek ek altyd opsie 3. As mens nou wil voorstel moet maak wat behalwe kat of jak kon dit dalk wees? Plaas is net buite mariental in suide van Namibia. Kanibaal vlakvark, aasvoel wat leer jag het etc...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 629
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Rooikat Kopseer
As jy kan stuur n google earth image van die grond. Cape farm mapper kan dalk ook werk. Mens kry n beter idee van wat aangaan en waar die peste kan bly as jy net na die terrein kyk. As jy kan merk die plek wat die meeste goed gevang word net min of meer. Ek het al baie keer na die plase gekyk op google earth en 99% van die tyd geweet waar die etters kan bly. hoe grond,water en dan waar gevang word.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Rooikat Kopseer
dehacked,
more, my redinase is kat gebruik sny tande in die kies om te eet, kan nie vleis in nou plekkies of teen die been soos een met lang snoet en groter tande voor afkou nie. as daai kat was, die sagte vleis was totaal vir hom beskikbaar, maar nie aan geraak nie. 3de Opsie, weet nie, maar een van die local boere het ook groot verliese hier gely met, onder andere, heelwat soortgelyke wonde, en die skuldige was toe kees.
Hoop jy kry dit gou nuitgesort.
more, my redinase is kat gebruik sny tande in die kies om te eet, kan nie vleis in nou plekkies of teen die been soos een met lang snoet en groter tande voor afkou nie. as daai kat was, die sagte vleis was totaal vir hom beskikbaar, maar nie aan geraak nie. 3de Opsie, weet nie, maar een van die local boere het ook groot verliese hier gely met, onder andere, heelwat soortgelyke wonde, en die skuldige was toe kees.
Hoop jy kry dit gou nuitgesort.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rooikat Kopseer
Julle kan maar na Uncle Mac luister ....
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Rooikat Kopseer
Mac,ek reken jy is in die kol met Vlekkie. Rooikat se snoet is te kort om so diep gat uit te vreet.
Groete.
Groete.
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Rooikat Kopseer
Ek dink ook dis jakkals se werk.
Enige kat kom gewoonlik terug na sy aas toe, en dan kan jy plan maak met hom. Jakkals ruik aas ver, so as jy weet hoe kan jy met hom ook n plan maak by die aas. Hy moet net nie ruik jy was daar nie.

Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Rooikat Kopseer
My Hart bloei vir haar, daardie skade is enorm.
Die plan om al die skaap in een kamp (verkieslik na aan woonhuis) in te bring sal help om julle tyd te gee om te prober om dan die sondebokke in die hande te kan kry. Dit is egter maar moeilik met die droogte om al jou skaap in een kamp in te bring as jy genoeg voer het om hulle te onderhou nie. En as dit veld min is en die kamp is stokproef omhein, is die kanse goed dat hulle gaan uitkruip om kos te soek.
Ek stem ook saam met Mac, die foto wat jy ophet, lyk nie na kat se werk nie. Ek weet nie hoe lyk die wereld daar nie en wie die buurmanne is nie. Asook die drade se toestand nie, maar as die drade nie reg is nie en die bure nie saamwerk nie, wil ek nie verder n demper op jou Tannie se gemoed sit nie, maar die problem gaan nie maklik opgelos word nie. Katte is natuurlik ander saak met ons 4 foet draadjies, maar Jakkalse kan jy darem uithou.
Ek kan net se, julle moet all middels tot julle beskikking nou gebruik as die diere in een kamp is om die sondebokke te knou. Slagysters (Baie van hulle), hokke, roep en skiet en dan my gunsteling vir skelm jakkalse - voorsit waar hy kom water suip. Ek gebruik nie gif nie, maar as ek daardie skade het, dan sal ek dit oorweeg. Egter met ase wat verdwyn uit die natuur, soos mossies, muise, lewer, niertjies en daardie tipe goed. Hulle le nie lank nie, maar ek voel hulle kan nie langwerkende skade aanrig as die regte gif gebruik word nie.
Sterkte met die probleem.
PS. Hoe groot is die grond? Kan julle nie 4 of 5 manne wat roep en skiet inbring vir die nag, dat die plaas goed deurgewerk word nie?

Sopas nuus gekry. 2 jong katte in een hok gevang. Ma se spoor was daar rond en loop toe weg. Het hok langsaan gestel ondien ma terug kom. Probleem is in die laaste paar jaar het 2 buur plase met wild begin boer, een met bees en nog een redelik met bees maar paar skaap. Sy het nooit voorheen issues gehad maar ek glo nou dat die buurmanne nie meer self pyn voel en roofdiere looi is daar genoeg broei plek. Drade word stiptelik weekliks gery en gate reg gemaak maar soos julle se klim kat net booor. Miskien tyd om strategie te herdink en elektriese lyn bo op draad te sit? Sal dit werk? Skaap honde?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Rooikat Kopseer
N hond moet sy storie ken om n lekker groot rooikat klaar te speel. Min honde wat n 2de keer sal kaans sien vir kietsie.
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Rooikat Kopseer
Mooi man wys jou net. Moet nooit tou op gee nie. Ma sal weer kom kyk waar haar kinders is hou hulle maar nog in die hok. Stel sommer ysters ook.
Groette
Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- JPL
- Full Member

- Posts: 187
- Joined: Thu Feb 04, 2016 4:04 pm
Re: Rooikat Kopseer
More manne,
Ek kan net vertel wat ons doen, of dit gaan werk met die slim katte van Nambabwe weet ek nou nie.
Ons hokke het 2 val hekke op die koppe met n vierkantige swivel plaat in die middel. Die hok word gewoontlik teen die draad in die skaap paadjies gesit oor rooikat net in paadjies loop. Hy trap nie op n stok of klip nie, dus moet dit tot jou voordeel gebruik word. By ons in die veld kry jy renosterbos, vat die bospik en kap paar uit. Die bosse word weerskante van die hok gepak sodat hy nie links/regs kan verby loop nie. Die hok bestaan uit 8mm round-bar en dan oorgetrek met bokkies draad. Die blokkies draad op die vloer moet toe gegooi word met sand sodat hy net op sand trap en nie draad nie. Strooi sand op die swivel plaat en pak 2 stokkies van so ongeveer 5mm diameter (maak nie saak nie) dwars op die plant sodat hy lekker op die rand van die plaat kan trap, dan volgende treë is oor die stokkies op die senter van die plaat. Ek ken nie die CD metode nie, ons gebruik vismeel... Strooi die vismeel op die plaat. Groot persentasie word met die vismeel gevang. Katte wat baie slim is het die piepie reuk nodig soos bo reeds genoem is. Heel laaste voor jy die toneel verlaat vat jy van die bosse met mooi groenerige blare en vee die hele hok uit sodat jou spore nie daar le nie, 5m voor en na die hok in die paadjie asook die hele hok waar jy aan die staal ensovoorts gevat het om jou reuk weg te kry (daarom die groen blare wat vog en reuk afgee). So die idee is om die kat in die skaap paadtjie te vang en die hok as n deurpad te gebruik, hy wil nie om hierdie "ding" met bosse stap nie want dan moet hy deur die veld loop waar klippies en stokkies is.
Die volgende manier is wanneer die lam in die veld gevang is. (Stel steeds die hok in die veld in die skaap paadjies). Hierdie metode maak jy gebruik van slagyster. Raait, lam lê in die veld...byt merke op die nek en die gat is gevreet. Dit het nou laasnag gebeur of vroeg vanoggend. Wat ons dan maak is, pak die lam toe met renosterbosse sodat net die gat wat gevreet is oop is. Grawe n gat by die lam se gat wat gevreet is so ongeveer 100-150mm diep sodat die gespande slagyster daarin kan pas. Die slagyster moet met n dun ketting vas aan n staander (staal rod) wees wat in die grond geslaan is sodat die kant nie met hom pad vat nie, want dan moet jy spoor sny en gaan soek. Span die slagyster en plaas hom versigtig in die gat, maak seker die ketting kom nie in jou pad nie. Volgende neem jy n brood sakkie, nie hierdie plastiek sakkies wat jy vandag kry van Blue Ribbon of Albany nie, daai ou raserige vaal deursigte sakkies waarin jy altyd die brood gekry het. Ek dink OK Grocer en Checkin verkoop nog brood in hulle. Anyway, jy vat die sakkie en skeer hom oop sodat hy groter is, trek nou die sakkie oor die slagyster sonder om aan hom te raak en pak vas teen die kant met paar sand kluite of net sand sodat die ligte windjie wat waai nou nie vir jou kwaad maak nie. Nou vat jy fyn sandjies en strooi dit bitter versigtig oor die sakkie totdat hy toe is met n lagie sand sonder om hom te laat afgaan. As hy afgaan begin jy natuurlik van voor af en jou sakkie is stukkend. As als mooi toe is onder sand en die ketting is ook mooi toe, pak jy 4 stokkies in n vierkantige vorm reg bo die plaatjie wat die yster laat afgaan. Hy wil kom vreet, trap oor die stokkies op die plaat. Die yster moet dus naby aan die kat gestel word sodat hy nie 'gap' tussen die lam en yster nie.
Die rede hiervoor is, die kat kom gewoontlik terug NET die vlgde aand...nie weer nie. Nog n wenk is, wanneer jy sien die lam is n ent gesleep na sy vangs en ete, kan jy maar weet daai kat het kleintjies en sal hy hulle more aand bring om te kom vreet. Stel in die geval sommer 3 ysters rondom die kat. Ons het al op so n manier n ma en 2 kinders saam gevang.
Soos in die begin genoem, deel ek maar net wat vir ons werk. Ons help ook die aangrensende boere op hierdie maniere en span werk is belangrik. Help nie jou bure doen niks daaraan nie, almal rondom moet help uitroei.
Groete,
JP

My kinders:
.308Win Howa Varminter
6.5mm Creedmoor Howa
.270Win Musgrave Lyttelton RSA
.22LR Brno Mod2
.38SPL-.357Mag Rossi Lever Action
9mm CZ75 P07 Duty
.38 Special S&W CTG
.308Win Howa Varminter
6.5mm Creedmoor Howa
.270Win Musgrave Lyttelton RSA
.22LR Brno Mod2
.38SPL-.357Mag Rossi Lever Action
9mm CZ75 P07 Duty
.38 Special S&W CTG
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Rooikat Kopseer
JPL baie dankie. Behalwe vir sand onder in hok en oor plaat gooi is daar nou baie nuwe goed om oor te dink.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P