Geweer sak Of Tas

Post Reply
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Geweer sak Of Tas

Post by Christo Els »

Wat sal julle manne aanbeveel is die beste om 'n vuurwapen te vervoer.

Ek wil /moet vir my geweer beskerming kry.

Ek voel dat 'n aliminuim tas waar die geweer regop l? die beste beskerming gee.

Die tas se prys pla nie want ek sal hom sommer bou sal my so R900 kos

wat s? julle
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Monrique (SJ) »

Christo

Mens kry deesdae lekker dik sakke en ek dink die sal ook goed werk. n Tas is ook lekker. Ek het van altwee en kan nie se die een is soveel beter as die ander, vir my nie. Die tas kan wel sluit, maar ek gebruik dit nooit nie.

So n aluminium tas sal darm smart lyk, en vir R900 nogals nie te rof, as mens kyk na wat tasse se pryse is vandag.

Groetnis
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Gerhard »

Goeie vraag....

Antwoord.

Beide.

Wanneer jy van die huis is oppad jag veld toe pak jou gewere in n kas.

My 22 Hornet en 303 was in die geweer kas toe ek die ongeluk gehaad het in 2008. Die kas het paar shots gevat maar die gewere het nie eers zero verloor nie.

Wanneer jy op die plaas is kom die gewere uit die kas en word dan in n lekke duk geweer sak gesit terwyl jy oppad is jag veld toe.

Dis maar hoe ek dit doen want dit werk vir my.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Theo E »

gerhart

jy is spot on
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Pvdw »

Christo ek hou van die tas. Ek onthou my pa het altyd so mooi tas gehad wat met leer oorgetrek was. Beide su gewere het in die een tas gepas as hy die een se loop by die ander se kolf gesit het.

Ek gebruik egter sakke aangesien ek 'n enkel kajuit bakkie ry en die sak tas pas nie agter die sitplek nie >:( >:( anders sou ek ook die tas aangeskaf het.

Peet
Work to live, don"t live to work
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Gerrit Visser »

Ek het al 'n paar sakke by Desi [08twee738756ag] laat maak met 'n naam op vir R400. Lekker dik spons en eksrea spons oor scope. Van die sakke is lekker lank gemaak vir die KD. Sy vra gewoonlik jou mates. Die sakke is baie goed en duursaam.

Ek kry die week nog 7 wat ons die naweek vir pryse gaan uitgee. RIETVALLEI baanskiet te Wynland Robertson, kom skiet en wen sommer een.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Monrique (SJ) »

Gerrit

Waar is Desi gelee? Ek moet ook so n lang ou kry as die plank arriveer!!!  Jy kan nie dalk n foto of 2 plaas wat bietjie wys hoe die sakke lyk nie.  Sal dit baie waardeer.


Groetnis
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Jaco Swart »

Gerrit .

Ek dink persoonlik dat die tasse baie meer beskerming bied , maar my probleem is spasie. Sodra jy alleen in n dubblekajuit is , dan is dit nie 'n probleem nie, maar as iemand saam ry is daar nie plek vir tasse nie, dus gebruik meestal die sakke.

Ek sal ook graag die foto's van die sakke wil sien aangesien ek ook sal belangstel in 'n paar ordentelike geweer sakke.

Groetnis

Jaco
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Gerrit Visser »

Desi is van Simonstad. Ek moet nog die Foto ding leer. Sal probeer
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Christo Els »

Ek wil my tas self maak sodat ek hom kan (jammer oor engels) custom build.
en natuurlik sal daar plek wees vir die KD.

As jy homself bou kan jy 2 bou vir die prys wat een kos.

Ek het 'n sak maar wil hom net beter beskerm
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
KLASIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Sep 16, 2009 3:08 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by KLASIE »

Ek persoonlik dink dat n goeie geweer tas van groot waarde is en dat dit verseker jou geweer word beskerm die sak is goed maar het sy beperkings
jmb

Re: Geweer sak Of Tas

Post by jmb »

Ek stem ook vir albie. Ek het 'n Storm plastiek tas wat gemaklik 2 gewere vat. Hy is swaar maar het wieletjies sodat jy hom kan sleep op plekke waar jy ver moet loop soos lughawens. Hy beslerm die vuurwapens ongelooflik goed maar is te lomp vir gebruik in die veld. Hier is 'n geweersak die beste oplossing.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Jagtersdok »

Vir R900 sal jy asb vir my ook 2 tasse bou?
Goeie tas sal altyd beter beskerming bied
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by erx »

Hi Christo

Bou bietjie daai tas van R900 en sit 'n foto op dat ons kan sien, en heel moontlik ons bestellings ook plaas!

Groete
erx
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by JvB »

Hi,


Wat dink julle van hierdie tasse vir daardie prys.

Hier is 'n link: http://www.parktownstores.co.za/index.p ... x&cPath=64

As die link nie werk nie, gaan na die web tuiste hierbo en dan na "Shooting accessories"



JvB
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by erx »

Hi JVB

Lyk goed teen daai prys. Maak net seker of die skarniere en die knippe op die tas goed gemaak is, dis maar gewoonlik waar die goedkoper tasse uit die bus val.

Groete
erx
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by JvB »

Erx,


Ek sal 'n bietjie kyk daarna en dan self na die tas.


JvB
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Andy »

Ek het self 'n tas en sakke.

As ek ver ry sit ek my gewere in die tas en op die plaas hou ek hulle in die sak.

My tas sluit met 'n sleutel en met nommer slotte, so niemand kan met jou gewere peuter as jy nie by is nie.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Christo Els »

Vir daardie prys koop ek eerder een. Hang net af van die kwaliteit
Myne sal nie so deftig wees nie, maar sterk die sal hy wees

Ek gaan hom uit checker plate alliminuim bou sal net een geweer met scope en kd vat.

Sal foto op is sodra ek hom klaar gebou het.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Monrique (SJ) »

n Vriend van my wat in die aliminium bedryf is en "tig welding" doen is ook besig om die koste te bereken en te kyk na n ontwerp vir n geweer tas en of dit die moeite werd is om n bekostigbare tas ordentlik te kan maak. Hy bou ook aliminium kappies vir bakkies.

Gaan juis vanaand bietjie met hom gaan gesels daaroor, en gedagtes uitruil.  Sal julle laat weet....

Groetnis
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Piet Breedt »

As jy ooit wil vlieg met jou geweer in enige van die komersi?le lugrederye wat gewere vat, moet jy maar n goeie tas h?. Toe ons in 2007 in Amerika aan die veld teiken w?reld kampioenskappe gaan deelneem het, het 3 uit die ses skuts se tasse vlenters daar aangekom, onder andere myne ook, en was ek genoodsaak om n ander baie sterker tas daar te koop. Een skut se teleskoop turret was mors af binne in sy tas. Ons ander twee se tasse was so stukkend dat die een skut se geweer buite die tas gel? het toe ons dit in ontvangs neem by Atlanta lughawe. Ons was oortuig dat die klomp by Delta Air n klomp greenies is wat ons wou saboteer.

Daardie nuwe tas van my (SKB) het nou al n hele paar keer gevlieg, en die houe wat hy gevat het is duidelik sigbaar. Genadiglik het die geweer daarbinne nog nie weer iets oorgekom, nie eers uitgestamp. n Tas wat baie duur is wat jy met n geruste hart kan koop, maar wat sy geld regtig werd is, is die Storm, en ook die Pelican Case
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Cobus(Cobb) »

Was gou vanmiddag by my local skiet shop....daai tasse tussen R400 en R750 is maar plastiek soos jou goedkoop tool set boxe te koop by Midas etc, knippe en skarniere lyk ook maar piffel,,,,

Dalk 'n netjiese aluminium tas vir R800 klink meer die moeite werd maar nie seker of alle tasse reg is vir vlieg nie, soos Piet sal kan getuig

Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Geweer sak Of Tas

Post by Francois Marais »

Piet

Stem saam met jou, niks minder as n SKB as jy wil vlieg nie, goeie belegging, teen min/meer R3000 beskerm dit jou R40000.00 se geweer ten volle......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply