ROOIKAT HOK STEL TIPS:
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Kerels ek begin hierdie afdeling want ek sien daar is orals manne wat raad vra oor die stel van hokke. Ek wil my nie kom slim hou nie ,maar ek gaan n paar dinge deel wat ek geleer het die laaste paar jaar. Ander manne is baie welkom om hulle stel tegnieke te deel,maar ek wil tog vra dat ons nie n stel metode voorstel wat daar net van gehoor is dat dit (dalk) werk nie. Ons wil hoor van maniere van stel wat algemeen gebruik word en wat seker is dat dit werk, sonder allerhande onnodige goetertjies as ek dit so kan noem. As manne links van ander drade wil copy en hier wil bylas is julle welkom.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
1. Ek dink die belangrikste ding van n hok is dat sy hek/hekke sluit na hy toegeval het. Dit help nie n mens doen al die moeite en die skuldige ontsnap nie, jy vang ook nie daai selfde kat sommer weer nie,maar ek het geen bewyse hiervan nie.
2. Die hok grootte , wel hier kom seker n gestry
. Die algemene grootte vir Rooikat vang lyk vir my maar na 650 x 650 x 1.4m met enkel of dubbel hekke wat val. Vir n meer doeligge gebruik sal manne maar self besluit oor die grootte.
Ek het aan die begin my hokke 700 hoog by 500 breed by 1.8m met dubbel val hekke gebou ,om dan by n hoogte van 650 uit te kom na die vloer sif met sand toegegooi is,maar 500 breed lyk toe ongelukkig te smal as jy die hok van voor kyk en toe begin die manne vra vir n breer hok
. So bou ek toe my hokke 700 x 700,maar toe skiet die prys die hoogte in, en dis n redelike groot besigheid vir een man om te hanteer. Saam met dit vind ek toe uit hoe groter die hok is hoe makliker beland vee en bokke bv duikers binne in hulle. En met die dat hul dubbel hekke het kom ek toe agter maar mense vang die verkeerde goed perongeluk. Erdvarke, ystervarke,hase, skilpaaie you name it, omdat hulle die hokke in die paatjies stel waar hul dink die rooikat loop.
Ek praat toe met n boer, hy is hier op die forum , ek gan nie sy naam noem tensy hy dit self wil noem nie en het na hulle hokke gekyk en manier van stel en daarna besluit ek einde van die dubbel hek hok. Ek bou my hokke nog altyd 700 x 700 x 1.8m , met n afskorting in wat in 3 posisies kan wees met n enkel hek (sal nog foto's oplaai,maar toe begin ek hulle langs die twee spoor paaie stel 90 grade met die pad, so dat jy amper die hek raak ry met die bakkie. n Oom wat ek goed ken en jare lank vee geboer het in die Karoo,het vir my sy rooikat hok geleen vir n rondloper huis kat wat my gepla het. Ek dog hy spot toe hy se vir rooikat want hy is 450 x 450 x 1,2m groot. Ek leen toe die hokkie en vang toe die kat met n blikkie vissmeer wat ek gate met my kraspen in sy dekseltjie gedruk het,maar wragtag lig daai kat daai hek op en hy kom weg... n huiskat groukat baster. Met die hok wat honderde rooikatte gevang het wonder ek hoeveel het uitgekom. Die grootste kat het homself dood gespring teen die boonste sif 17 Kg. So na ek die groot hokke se werking uitgesort het besluit ek toe om n eenvoudiger en goedkoper oplossing te he vir die algemene grootte rooikat.
Die laaste tyd bou ek n ligte kompakte hok van 450 x 450 x 1.2 met n enkel valhek wat sluit en al my hokke word ge galvanize. Dit kos n bietjie meer as sprei verf,maar die hokke werk baie gladder en hier teen die kus hou niks as dit nie ge galv is nie. Ek bou n ystervark hok ook van 450 x 450 x 900 en gebruik hulle om tarentale of fisante in aan te hou vir lokmiddel vir die klein rooikat hokke. Ek dink nie n mens besef altyd in watse plekke katte rond klouter en kruip agter kos aan nie. Hulle kruip onder deur drade en deur klip skeure ens. en ek dink dit is juis wat maak dat hul in n kleinerige hok sal ingaan solank hy die aas graag wil he( veral tarentaal/fisant).
Ek het laas week n klein hok gestel met n fisant en n tarentaal gelyktydig in, en het daai fisant nie mooi gepraat die heel tyd nie. Ek vat twee sakkies bousand en gooi n bietjie in elke wiel spoor reg voor die hok ( so 1m lank)en dan van die spoor naaste aan die hok tot teen die hok en dan van daar af cover ek die vloersif en bo oor die plaat en net n bietjie agter in om die vloersif toe te maak. Daai laag sand van die spoor tot agter in die hok is soos n rooi tapyt wat n vir n celeb ooprol, die kat se pad is gelyk gemaak en geen bosse of obstruksies moet tussen hom en die agterkant waar die voels insit wees nie. Ek sit die agterterste hok 150mm weg van die voorste hok sodat die kat nie die voels bykom nie. Nog n belangrikke ding is moenie suinig wees met toepak van bosse nie, kry n lekker skerpgemaakte kapmes en kap genoeg bosse en doring takke af om die hok reg rondom en sommer bo op toe te pak. moenie dik sappigge blare afkap wat vinnig gaan verlep nie, kap renosterbosse en enige iets anders wat klein droerige blaartjies het wat langer gaan hou en lekker dig gaan wees en vir langer natuurlik gaan lyk.
3. Kamofleuring van reuke. Eks eerlik,maar ek het nog nooit soveel moeite gedoen om hokke met bosse af te vee of als met water af te spuit nie. Ek stop met die bakkie, gooi die hok af, sit die hok met aas neer, loop 5m plus weg en kap n paar bosse af, gooi die sand met n graaf nie met die hand nie, stel die plaat en hek en toets hom asb of hy toe val en sluit ens , stel hom dan finaal en gee pad van daar af.
4. Verskillende aas. Ek sal my hokke omtrent almal dieselfde manier stel net met verskillende aas.
een of twee Cd,s veral die wat altwee kante(bo op en onder) blink werk beter . hang een cd hoog bo die hok sodat die kat dit van verder af kan raaksien en en net agter die trap plaat bo teen die hok se sif. met een stukkie tou of vislyn sodat hy kan rond waai en swaai in die wind.
Enige iets met vismeel in trigger die meeste katte. vat n koppie skaap harsings,koppie bloed en n koppie vismeel en maak n mengsel wat jy in n yskas kan aanhou. sit weekliks n eetlepel skeppie in n blikkie agter in die hok en dan kan hy daar begin vrot reuk optel eerder as by jou huis of in jou bakkie
Hase wat doodgery is die vorigge nag en selfs dassies en tarentale wat geskiet word kan agter in n hok opgehang word, al nadeel is in die somer is hulle in 2 dae vrot en moet vervang word, winter hou hul bietjie langer. Ek het Desember gesien hoe manne n tarentaal aan sy kop ophang bokant die trap plaat van n deurloop hok en n jong jakkals gevang het hier naby Witsand.
Ek glo vas in lewende aas. Twee of meer Tarentale werk beter as een ,want een op sy eie maar bang en vreemd en gesels nie n bietjie as die son sak nie. Twee of meer spreek die tower woorde en partykeer baklei twee mannetjies bietjie wat dan gehoor kan word. n enkele fisant vrek gewoonlik,maar twee of meer hou vir my lank genoeg. Ons het in twee weke met my manier van stel. 4 Rooikatte gevang. n 15Kgmannetjie n 13.5 Kg mannetjie. twee wyfies. en 3 van hulle het skaapwol in hul pense gehad, en een wyfie dragtig met 1 kleintjie. So met al die sukses in een kloofie se stel dink ek dis n wenresep.
Met al die hok bouery en planne maak ens het ek met baie boere en ou mense en plaas volk tedoen gehad en een ding wat ek by hulle geleer het is YSTERVARK BLOED MIS NIE!. Baie van die ou plaas mense se as hulle n rooikat wou vang, dan vang jy eers n ystervark. Hiers die resep. Gooi n paar patats agter in jou rooikat hok na hy gestel is soos jy hom vir die kat sou stel, of mielies (partykeer kom hul agter jou voels se kos aan) en as jy n varkie gevang het maak hom dood en laat hom net agter die trapplaat in die hok goed uitbloei. Ek sit hul sommer agter bo op di hok neer dat sy bloed daar val. haal die ystervark karkas uit en weg(plaasvolk eet dit gewoonlik) en gee kans kattertjie is so goed soos gevang.
Ek is seker daar is nog baie soorte aas wat kan werk ,maar soos ek gevra het noem net dit waarmee jy self werk en sukses het.
Dis sand in die wiel spore help mens om n idee te kry van wat voor die die hok verby loop, was daar dalk n kat wat nie belang gestel het nie of dalk meer as een wat nie saam gevang was nie kan mens besluit wat om te doen. Ek wurg die katte maar agter in die hok dood. Hulle longe is klein en dit is vrek vinnig. en met dit urineer hulle sodra hul bewusteloos geword het. Ek het al gehoor dat wyfies glo net in deurloop hokke gevang word,maar ek vang verskillende geslagte oor en weer en deurmekaar in my hokke, dit hang net af watter een verby loop.
Die feit dat n rooikathok goed werk langs n twee spoor pad,maak dit dit baie meer gerieflik om te stel en na te gaan. Ek dink die meerderheid van boere weet nie presies hoe en waar die beste stelplek is nie en dan as n man van kat spore maak en hokke afvee praat klink dit na te veel moeite en so word daar nie hokke aangeskaf en probleme opgelos nie. Dit is einlik so maklik om n hok te stel. Dis iets wat mens jou kinders kan leer en dis lekker om n skaap vreter vas te trap.
n Hok wat goed gebou is en reg gestel is lewer 24 uur/ 7 dae n week diens.

So lyk die kleiner hokke as ek hulle klaar gestel het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dis n 13.5 Kg mannetjie gewees. Ons meet hom toe met die hok om te sien of hy sou moes buk of kruip.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Hier is die ou geleende hokkie waarna ek baie kyk as mense se my goed is te klein. Soos ek gese het het hierdie hok honderde katte gevang,maar sou nog beter gewees het met n hek wat sluit as hy geval het. Dit was die bloed,harsing en vismeel mengsel wat die meeste gebruik was om mee te vang.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Hierdie was my eerste hokke. Hierdie kat was met slegs n cd gevang.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Net om die verskil te wys in hek grootte. Dis n 700 x 700 hok langs n ystervark hok wat 450 x 450 is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dankie vir die moeite Jackalsniper. Ek glo die boere gaan baie baat vind uit hierdie draad. Ek het self nou 'n paar dinge geleer. Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dankie, baie goeie raad hier gekry. Netjiese hokke.
Groete
Dewitt
Groete
Dewitt
-
JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Ek vind dat die deurloop hokke goed werk, maw met twee deure. Stel dit sommer is sy gereelde voetpad, slaan dit bietjie toe met takke en bou ook n tregter met n paar takke na die hekke toe, en aas in die middel van die hok bo die valtrap. Hok moet dalk bietjie langer wees weens die twee hekke..
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Baie dankie vir die skrywe.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
netjies
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
As jy sê die kat word gevang met 'n CD bedoel jy dan letterlik 'n CD? Indien wel wat trek hom aan na die CD?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dis daai snaakse blink kleur van die cd wat sy aandag trek en sy nuuskierigheid wat maak dat hy kom kyk wat dit is. Dis hoekom ek se n cd wat altwee kante blink behoort net nog beter te werk. As die wind hom ook nog daarby bietjie roer sal dit nog beter werk. Ek het al gehoor van manne wat spieels agter in hul hokke sit,maar nog nie self gebruik nie. Ek het cheap disco balletjies by n china shop gekoop en saam met my hokke uitgedeel en niemand het nog iets met hulle gevang nie. na die eerste ystervark in hok was is spieel balletjie elkgeval flenters. Jy kan kyk as jy n kat by jou huis het. stop elke dag met die bakkie daar en hy steur hom nie sommer nie,maar stop met n trekker of iets daar dan kom kyk hy netnu wat die nuwe ding is uit nuuskierigheid. Ek dink die galvanizing sal ook hul aandag bietjie trek.
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Baie dankie, baie ineteressant!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- 22-250 Sniper
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Fri Dec 09, 2011 8:20 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Rooikatte het n manier om hul reuk weg te steek deur te rol op dooie diere ek vind as jy die trap plaat oortrek met n dassie vel vleiskant onder en n botteltjie met bloed gaaitjie in die prop onder die hok onder die trap plaat begrawwe sodat net die prop bo die grond uitsteek werk baie goed.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Moet tog nie n Steve Hofmeyer cd wees nie, die verkeerde katte sal opdaag...
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Die katte wat hy deesdae aantrek se tande is seker al te stomp om skade te maak.Jackalsniper wrote:Moet tog nie n Steve Hofmeyer cd wees nie, die verkeerde katte sal opdaag...
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Wayne
- Hero Member

- Posts: 1007
- Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
This is something that once you get the hang of it, is very successful and rewarding, I'm still trying out with this. Is there any specific direction the door ( opening ) must face.
Some other tips I got were to put a cd in a tree near the cage, the reflection will draw cat from far away and then the chance of your bait to work is even greater.
Thanks for posting this Jackalsniper. Maybe move it to Non-lethal section under its own heading, and if someone could do a topic on soft traps as well.
Some other tips I got were to put a cd in a tree near the cage, the reflection will draw cat from far away and then the chance of your bait to work is even greater.
Thanks for posting this Jackalsniper. Maybe move it to Non-lethal section under its own heading, and if someone could do a topic on soft traps as well.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Wayne someone told me it works best if you set the cage door towards the north or west,but I havent found it to work better. maybe with the cd method the moon reflects better if the cat is on the northern side of the cage, all I can tell you is, the sides and the top of the cage should be well covered and the doorway open and clean. You dont want the kat sniffing around next to the cage and maybe losing interest, you want him to see the reflection as he walkes by ,avoid the sides and turn straight into the cage, or smell and/or see the bait. You can try n cd in a tree, will try it aswell and let you know.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dankie vir al die raad! Dit word waardeer.
- Marlin
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Thu Aug 02, 2012 1:58 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Dit is awesome raad. Ek moet die naweek gaan stel en gaan die planne toepas.
Dankie.
Dankie.
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Ek het vergeet om te se ystervarke kom agter vis aan en as jy n ystervark gevang het weet jy wat om te doen...Sy bloed mis nie.