SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skiet ko

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skiet ko

Post by Jakkels 223 »

More almal,

Aangeheg is inligting stukke vir skiet kompetisie wat SAJWV Thabazimbi gaan hou op 23/07/2016
1ste Prys is n Howa Varminter in .308 kaliber
Daar is ook n Dames 1ste prys
Vir die Juniors O/13 word daar n .22 gong skiet ook aangebied, die eerste prys is n vlakvark jag
Die Plaas like Boog klub (Thabazimbi Boogklub) bied ook op dieselfde dag n kompetisie op dieselfde baan aan.

Kom geniet die dag saam met ons.

Groete en dankie

Jackie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Hein22 »

Is hierdie die kompetisie wat saam met die thabazimbi skou loop?
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Jakkels 223 »

Middag Hein,

Dit was laasjaar so gewees, die skou is die naweek daarna (28,29 & 30 Julie), ons het besluit om dit die jaar apart te hou omdat ons sukkel met toestemming vanaf die SAPD ivm stoor fasilieteite vir die mense se wapens wat skou toe wil gaan.

Groete
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Hein22 »

Dit is jammer, ek het laas jaar my gesin skou toe gevat vir die dag en ook die kompetisie geskiet, wou weer dieselfde doen die jaar. Laas jaar het baie goed uit gewerk en was lekker, maar nou dat dit twee aparte naweke is verander die prentjie bietjie. :(

Julle skiet bots ook met die Zeiss Gong Challenge. Dit is jammer.
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Jakkels 223 »

More Almal,

Wat ek ook net graag wil noem is dat n skut met meer as een kaliber/geweer kan skiet. Die skut mag net nie, as hy/sy besig is met n spesifieke baan bv baan 1 skiet, geweer wissel nie.
Bv skiet baan 1 met 25-06 - en skiet baan 2 met 270 ens

Groete

Jackie
nols
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by nols »

Naand mede Forumlede

Wie was almal daar en hoe was die kompetisie gewees?
Gee vir ons aseblief terugvoer( negatief en posetief ) sodat ons
volgende jaar 'n beter kompetisie kan aanbied.

Groete SAJVW Thabazimbi
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by toelie »

Hi Nols

Bitter baie dankie vir n wonderlike dag, alles was top gewees van die eet plekke, baan uitleg, reels en organiseerders en die skiet self. Julle manne kan trots wees op so fantastiese dag. Ek is verseker volgende jaar weer daar.

Groete Pierre
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Supacow »

Baie lekker jul sien my weer. Toets jul die manne se lees sowel as skietvernuf? Dit sal minder verwarring veroorsaak indien al die gonge van links na regs genommer word. Kan jul vir ons hier se hoe ver was die gonge op die onderskeie bane. Ek vermoed n paar was net so neffens Pta?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by toelie »

Haha Supacow, daai gong 3 baan was die heel boonste een 350m. Ja die gonge wat so uit orde gestaan het, het n hele paar manne geflous
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Sangoma (IAN) »

Dit was n great dag gewees. Die baan offisiere was almal baie vriendelik en hulpvaardig gewees.

Ek stem, van daai gonge het soos kopspelde gelyk daar teen die berg op!

Ons het die dag baie geniet al het ons uit die bus geval...... :laugh:

Ek verstaan ek het nog uitgemis op die lucky draw vir die BWB karkas? Lekker stupid gewees om vroeg te ry

Sien julle defnitief volgende jaar weer
User avatar
Jakkels 223
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Jakkels 223 »

More Almal,

Wil net baie dankie se vir die skuts wat kom deelneem het, jul moeite om die kant toe te reis word hoog op prys gestel!!!!

Die afstende op die bane is as volg:
Gong baan 1 - Jakkels
1. 181m
2. 230m
3. 348m
4. 199m
5. 298m

Gong baan 2
1. 223m
2. 172m
3. 257m
4. 201m
5. 290m

Gong baan3
1. 334m
2. 330m
3. 343m
4. 351m
5. 347m

Gong baan 4
1. 294m
2. 284m
3. 299m
4. 288m
5. 292m

Blesbok baan - 74m

vlakvark baan - 34m

Groete en nogmaal dankie

Jackie
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Supacow »

Hindsight is a perfect science
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by 243Songdaug »

Ek het darem daai gonge teen die rand op Baan 3 lelik onderskat met die afstand!(Ekt hulle om die 300m geskat en die op baan 4 het ek om die 280m geskat - hulle kon ek al 5 tref). Ek kon nie verstaan dat ek nie die gonge op baan 3 vir die dood nie op my 300m setting kan tref nie - nou weet ek.

Ek het die dag baie geniet en baie aangename mense ontmoed - die Thaba tak is regtig bevoorreg om soveel deelname van die gemeenskap te geniet. Dit was ook verblydend om te sien hoeveel kinders oral op die bane besig was.

Die manne se gees is reg en hul skiet gemeenskap is lewendig - sterkte voorentoe manne.

Jakkels - jy kan nie dalk die uitslae vir 'n man aanstuur nie?
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Supacow »

Is jy bo oor?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by 243Songdaug »

Ek dink ek is onderdeur. Ek en my sus was ook so effens aan die kortgat kant vir daai hoë baal. haha. Sus moes op 'n krat staan.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by 243Songdaug »

Die Van Zyl ou wat 2de was het bitter lekker geskiet en hyt onberispelike sportmanskap geopenbaar. Ken hom van geen kant nie, maar het op 1 stadium so bietjie met hom gesels - lyk na 'n baie aangename oom.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Supacow »

Ek het almal as n lekker groep mense ervaar. Ek het ook gehelp om daai witgeskiete klip witter te kry
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 928
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by toelie »

243Songdaug wrote:Ek dink ek is onderdeur. Ek en my sus was ook so effens aan die kortgat kant vir daai hoë baal. haha. Sus moes op 'n krat staan.

Haha was dit sy wat met daai kort 223 geskiet het??
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Hendrik van Zyl
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Wed Jul 30, 2014 11:43 am

Re: SAJWV Thabazimbi skiet kompetisie & Thabazimbi Boog Skie

Post by Hendrik van Zyl »

Ek self het ook sleg "op geslip" op baan 3. Glo ek het verseker onderdeur geskiet want ek het hom ook op 300m setting geskiet. Verbasend dat mens soms die "maklike" gongs mis nê.

Dit was verseker `n baie lekker dag en dankie vir ouens soos 243songdaug en `n klomp ander manne waarmee ek lekker gesels het

Groetnis
Hendrik van Zyl
Post Reply