Scalerite Micro NHB 150

surface2
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sat Feb 27, 2016 7:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by surface2 »

Goeie dag Rupert
Kan jy asb vir my n kwotasie op n NHB150 skaal stuur na.
ljrenovations@gmail.com

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

More Surface2

Dankie, stuur nou vir jou
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by BeesBreet »

Jis nou soek Ek ook bittergraag n kwotasie, so net voor pay weekend... Dankie

beesbreet@gmail.com
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Hi Bees

Hel dit lyk vir my as of die koue die manne nou druk om te herlaai. Ek stuur vir jou

Groete
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by BeesBreet »

Dankie, baie!!!
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1728
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by 6.5/284Norma »

Hallo Rupert,

post asb die prys vir ons almal om te sien.

Groete

Johan
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by Heinds »

Het die week 2 bestel


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Hi Julle

http://i1290.photobucket.com/albums/b531/RUPERT1975/IMG_4839_zpsvv7cbt0u.jpg

Ek kan die NHB 150 nou vir julle doen teen R 3050.00excl vat.
Stuur vir my jou besonderhede na sales@scalerite.co.za sodat ons vir julle courier kostes kan kry en saam
stuur as deel van die kwotasie

Groete
surface2
Newbie
Newbie
Posts: 25
Joined: Sat Feb 27, 2016 7:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by surface2 »

Dankie vir die kwotasie. Het n vraag oor die aflewering. Maar sal jou mail. Dankie

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Stuur maar net jou details vir ons dan kan ons vir jou courier kostes bysit. Ons kry baie goeie pryse by First Freight
acssa
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by acssa »

Is die skaal gemaak in China?
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Ja hulle is van China. Maar soos ek altyd se wat kom nie van China af nie
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by Rasmus »

Dankie Rupert

Ek het gister betaal en gevra of die skaal vandag by my kan wees want ek wil herlaai..... Nou ja so gesê so gemaak, skaal sopas by my afgelaai.

Nou vir die wag kan eers more laai!
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by swc-tr »

Rasmus jy moet vandag laai, ons skiet more..... ><)
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Rasmus wrote:Dankie Rupert

Ek het gister betaal en gevra of die skaal vandag by my kan wees want ek wil herlaai..... Nou ja so gesê so gemaak, skaal sopas by my afgelaai.

Nou vir die wag kan eers more laai!
Dankie Rasmus ek is seeker jy gaan die skaal geniet


Groente
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by Geno »

Jis manne.
My skaal loop nog al die pad mooi. Ek is mal oor die ingeboude battery wat beteken dat krangonderbrekings nie pla nie, en ek kan op die baan sit en laai!

Image
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Dankie vir die terug voering Geno. Baie bly die skaal gee jou goeie diens.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by jankraay »

Wat prys hulle nou al Rupert?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Hi Jankraay

Ek verkoop die NHB 150 nogsteeds aan Jaracal lede vir R3050 excl vat.

Groete
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by James Wright »

Ek was netnou by Rupert en na die skaal gekyk en is baie beindruk!

Ons moet net 'n manier kry op die skaal saam 'n auto trickler te gebruik,niks sal hom kan klop nie...
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Ek het gou n vergelyking gaan doen tussen die NHB 150 teen die RCBS Chargemaster 1500. Ek het twee verskillende Charge masters gevat en al 3 skale was gekalibreer met dieselfde stel gewigte. Na kalibrasie het ek al drie skale se gewig geverifiheer.

Dieselfde kruit bakkie was uit ge tare op al die skale voor die tyd. Die laaste lesing op die Chargemasters was geneem na elke vulling en toe het ek dieselfde bakkie met kruit van die Chargemaster af geneem en op die NHB geplaas en die gewig was tussen die twee skale vergelyk. Letwel dat die chargemasters alby gestel was om 45.6gr te gooi en dat die NHB gebruik was net om vas testel hoe akuraat en constant die Chargemasters se lesing werklik is.

Die vergelyking was nie gedoen om tekan bewys dat die een skaal beter of slegter as die ander een is nie maar eerder om vas
te stel hoe akuraat en konstant die Chargemaster werklik is.

CHARGEMASTER "A" NHB

45.7 gr - 45.72 gr
45.7 gr - 45.78 gr
45.6 gr - 45.68 gr
45.8 gr - 45.80 gr
45.8 gr - 45.76 gr
45.6 gr - 45.60 gr
45.6 gr - 45.64 gr
45.8 gr - 45.96 gr
45.7 gr - 45.78 gr
45.7 gr - 45.76 gr

CHARGEMASTER "B" NHB

45.6 gr - 45.66 gr
45.6 gr - 45.66 gr
45.6 gr - 45.70 gr
45.6 gr - 45.68 gr
45.6 gr - 45.64 gr
45.6 gr - 45.66 gr
45.6 gr - 45.70 gr
45.6 gr - 45.70 gr
45.6 gr - 45.72 gr
45.6 gr - 45.64 gr

Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7987
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by Arnold »

It would be interesting to see the weight variation the NHB shows when a beam scale is used.

.... besig om emails te antwoord en toe glip die engels uit :)
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

volgens ondervinding is n beam skaal nie so akuraat soos n elektroniese skaal nie en die lesing sal van een beam skaal na die volgende beam skaal verskil agv van moontlike 'wear and tear" of die kondisie van die skaal.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by Swede »

Rupert, kom 'n powder trickler maklik by die pan uit?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Scalerite Micro NHB 150

Post by RUPERT »

Swede

daar is genoeg plek om jou trickler op die skaal se rant regs/links agter tesit en gemaklik binne die kruit bakkie tekan trickel
Post Reply