Nagsig en Laser

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Nagsig en Laser

Post by Dawie »

Andr?

Vertel ons bietjie meer hoe jy met die nagsig en laser werk en wat jy getoets het. Watter "brands" werk en watter nie? En hoekom.  Ek het na ek vir Terminator se vark foto en storie gesien het bietjie die nagsig storie ge-google,  ek sien hulle het day/night kominasies wat my belangstelling nogal geprikkel het.  Die prys lyk net baie rof.

Dawie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Dag Dawie.

Die enigste groot nadeel van my nagsig is die afstand wat mens kan sien in  die nag, 50m maks. Jakkals jagters gaan probleme optel om op afstande wyer as 50m die prooi te sien, alhoewel dit uitstekend werk vir bosvarke op korter afstande (50m en nader).

Die nagsig telleskoop weeg so 1kg wat 'n aansienlike gewigs toename is op die totale gewig van die geweer wat die jagter in die veld moet rond dra. Daarom verkies ek om die bosvarke voor te sit in mielie land, jy hoor die varke op 'n myl aankom en dus kan jy hulle rustig dop hou sodra hulle inkom om te vreet en uitkies wat jy wil skiet.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Nagsig en Laser

Post by JACQUES BOTHA »

TERMINATOR:
ek het baie jare terug nagsig toerusting probeer ek moet bieg tegnologie het seker baie vernader en meer beskikbaar geword. Ek het die ou militere tipes probeer en met infra rooi gespeel. Ek het n paar probleme gekry ervaar. Op afstande verder as 50 tree  kan jy nie definisie sien nie..ek bedoel nou alle wild se ogies asook jakkals en rooikat s.n  lyk presies dieselfde GROEN...en ook dat n swartwitpens kalfie wat le se ogies flikker presies soos n rooikat s'n.. die rooi lig kan jou van hulp wees maar weereens n steenbok wat tussen gras staan en n jakkals oog lyk presies dieselfde.. en die wit lig sal jou skade op jou oge gee....Nuwer tegnologie is seker al beskikbaar maar is dit werklik nodig?  die antwoord le seker in dieselfde rede  as die antwoord hoekom lek n hond sy knaters? oorlat hy kan..... so as jy so iets gebruik is dit omdat jy kan.... maar vir my sal dit maar vir eers nie deel van die EQUIPMENT WORD OF WEES NIE... 
Shoot straight and tell the truth!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Soos ek hier iewer op 'n "post" reply het, nog my hele jag loopbaan het ek sonder hierdie "fansie" technologie reg gekom. Dis eers die laaste paar jaar wat ek die ding kon bekostig, en dan is dit nie eers 'n vreeslike "grand" een nie.  So jy is heeltemal reg as jy se dit hoef nie deel uit te maak van jou jag toerusting nie, daar is baie ander maniere om 'n jakkals/kat/bok te slag...

Dan weer aan die ander kant as geld nie vir jou probleem is nie kan jy beter en sterker bekostig wat verder en dieper in die nag kan kyk. Daar is al ook teleskope beskikbaar aan die wat dit kan bekostig wat infrarooi sien. Die ding tel die prooi se ligaams temperatuur op, so as jy 'n sterk genoeg roer het mik jy in die jakkals se gad en skiet hom sommer net da dood - hoekom nog wag dat hy moet uitkom... Ek is dood ernstig, ECM Technologies het sulkes in voorraad. Die klomp Yanks mount die goed op 50mm Brownings en skiet Talibans binne in geboue deur mure dood. So watse kans het jakkals as hy vir jou agter bossie probeer weg kruip?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Manne, ja ek en freek het die ATN nag scopes gekoop en ek moet ook bieg dat afstand 'n probleem is.
Daar is ander duurder NV op die mark.

Hier is die scopes wat ek en Freek op het.

http://www.ecmtech.co.za/pdf/aries-mk330.pdf

Ek wou graag die model gekoop het maar my bank bestuurder het gese nee!  ;)

http://www.ecmtech.co.za/frames.html 

Hy pas voor jou gewone scope en jy kyk dan deur altwee. In die dag knip hy net af en jy gebruik jou geweer soos gewoon.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Hier is 'n website oor thermal imaging scopes

http://www.atncorp.com/ThermalNightVision/ThermalWeaponSights/OTIS-17

Hulle is ongelooflik duur (R100 000 plus), maar niks kruip vir jou weg wat liggaams hitte uitstraal nie. Jy kan selfs 'n persoon deur 'n muur sien op 2km!
Die Yankies gebruik die scopes in Irak op 50BMG Barret sniper gewere en skiet dan die terries binne in sy huis dood. Jy kruip nie meer so maklik weg nie.

Die volgende probleem is dat jy 'n Yanky moet ken in Amerika wat die scope vir jou moet koop en na jou pos, want geen Amerikaanse maatskappy gaan daai scope aan ons verkoop nie. Hulle is beskikbaar op die oop mark, maar daar is een of ander verbod op die uitvoer van die toerusting na Afrika lande.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Caller »

Manne, ja!

Dit is alles goed en wel, maar jy moet nog steeds die jakkies INROEP voorlat jy hulle met jou nagsig kan sien. Maak dus eers doodseker dat jy KAN roep.

They don't cal me caller for nothing. LOL.

Het ook 'n bietjie met nagsig en invrarooi filters ge?ksperimenteer en 'n ou friend van my het ernstig met hom gejag, sodat ek 'n goeie idee het hoe goed of sleg hy is. Ek dink persoonlik dit het 'n klein voordeel bo die rooi lig/dimmer, maar daardie voordeel regverdig nie die ekstra kostes verbonde nie.

As jy PROFESSIONEEL skiet, ja, en dan gebruik jy hom net in die moeilikste van gevalle.

Ek dink die produktiefste is om te roep en te obserweer met 'n Monocular en infrarooi lig (vir ligsku jakkies), todat jakkie mooi naby is en hom dan met die rooi lig/dimmer te klits. Monocular kos in die omgewing van R 3 000 .

Terminator

Ek wil nie op jou tone trap nie, maar het jy al jou nagsig in samewerking met invrarooi lig gebruik? As jy s? jy sien net 50 meter, gebruik jy seker nie 'n invrarooi ligbron nie. Die swakste en goedkoopste nagsig (gen.1) wat ek al getoets het, sien jy ten minste 150 meter mee saam met 'n invrarooi ligbron. Soos meso s?, hy's maar hard op jou oog, maar dan gebruik jy "tint film" om die lig te versag.

Mountainman

Ek het al gehoor van die ding wat jy aan jou bestaande scope clamp, maar het nog nie so iets gesien nie. Laat weet gerus meer van die ding.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Caller,
Ja ek en Freek (Terminator) het alby die ATN Aries nag scopes gekoop. Nogal grand maar ek moet se dat in die mielie lande is jy beperk met afstand. ons het ook die Infrarooi flits saam gebruik.

Caller,
kyk op my posting is 'n website link van die nag scop wat voor op jou bestaande scope pas en hy is lokaal beskikbaar. Ek heet met een in my hand gestaan toe ek my Aries gekoop het.

Ek stem saam - jy moet nog eers die jakkalas in roep voor jy hom kan skiet, maak nie saak watse scope jy op het nie. ;)
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Andre

Re: Nagsig en Laser

Post by Andre »

Probeer Dawie se vraag antwoord;
Ek gebruik 'n 2de generasie monocular wat langs my geweer op die skietstoel gemonteer is. Dan kyk ek met lingkeroog deur die nagsig en is my regteroog nie deur die beeld geafekteer nie (binocular gee jou daardie probleem) en kan ek net die dimmer van rooilig, helderder draai en met regteroog die jakkals met die geweer skiet. Alles op my stoel draai saam en is gekoordeneer. Dit is belangrik, want jy wil nie tyd verspeel, as die Jakkals geskiet moet word nie. Die laser is op my geweertelleskoop gemonteer met Linx ring en het 'n klein skakelaar naby sneller. Dit is op 100m saam met teleskoop ingestel en brand soos kool vuur in die nagsig monocular, maar pla die Jakkals glad nie - jy kan maar in sy oog lig met die rooikolletjie! Die Laser help om alles op te lyn, so ek sit Laser aan en kyk dat die kollejie in die middel van nagsigbeeld is, wanneer die jakkals gaan staan ,kan ek dan die laserkolletjie op hom rig, dan is hy in die middel van die kruishaar as jy deur die geweertelleskoop kyk. Ek skiet nie verder as 70m net met laser nie, dan gebruik ek maar die Swarovski, maar dit is te lekker as jy hom met Foxpro ingeroep het en op 50m of nader, die laser op sy lyf druk en die sneller trek sonder om die lig helderder te draai... Eers het ek 'n Infrarooi-lig gebruik, maar die gewone lig met rooi filter werk goed. Jy het net nodig om die dimmer aan te skakel, dan gee dit genoeg lig om Jakkals op 200m te sien. Dit is belangrik dat jy wel 'n lig van jou kant af stuur; dit verhelder sy oe en jy sien myle verder. Die bietjie lig wat jy nodig het vir nagsig is so min dat dit nie die skelmste jakkals pla nie.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Caller jy trap nog nie hard genoeg nie, jy hoef nie te komkommer nie as iemand op my tone trap skree en deel ek klappe uit  ;D

Jy het nogal 'n interesante punt daar beet. Al infrarooi lig bron wat ek saam met die scope gebruik het tot dusver is die infrarooi eenheid wat bo op die scope vas skroef - jy kan hom duidelik op die foto sien wat ek gepos het. Die liggie brand so vlou dat jy hom skaars met die blote oog kan raak sien. Ek het tot nadat ek jou boodskap gelees het nooit daaraan gedink om ander sterker infra rooi lig eers naby die scope te bring nie - wat nog gepraat van aanskakel. Die rede hiervoor is dat die verkoops persoon dit duidelik gemaak het dat die eenheid verskriklik sensitief is vir sterk lig en indien die scope bloodgestel word aan skerp lig jy die gevaar staan om die "image intensifier" buis binne in die teleskoop uit te brand. As dit gebeur is die scope kapoet, die skade kan herstel word maar dit kos omtrent die selfde as 'n nuwe scope  :o Duur skoolgeld wat ek nie nou kan of wil bekostig nie...

Maar dit klink my jy het dit al gedoen  ::) Wat is jou raad, gewone spotlight met rooifilter op? Hoe lank het jy dit so gebruik? Hoe afekteer dit die scope se beeld nadat jy dit gebruik het - is daar tekens van skade op die duidelikheid van die beeld?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Caller,
Wie se monocular gebruik jy - Nightowl?

Om terug te kom na Dawie se vraag, ja die nag scopes is duur tot baie duur! Die een wat ek en Freek het monteer direk op die geweer en het sy eie retical in. Dit is die ATN Aries warrior series wat in America gemaak is. Hy kom standaard saam met 'n infra rooi lig bron wat jy kan focus om 'n gekonsentreerde straal te gooi. ECM Technologies verkoop hulle vir net oor die R6500. Jy gaan picatinni mounts nodig he vir monteering. Dit is 'n militere monteer stelsel.
Dit is ook 'n generasie 1 scope. Jy kan sien tot omtrend 80m, maar van daar word ding vinnig onduidelik.
ECM het ook 'n ander model daar wat heelwat goedkooper is maar ek het navraag gedoen en daardie modele is ou stock en is nie meer beskikbaar in die States nie. Ek reken parte sal 'n probleem wees later op daai model.
Nadeel van die scope is jy moet jou oog redelik naby hom sit wat tot gevolg het dat 'n 180gr punt uit my 308 jou nogal redelik pak gee op die oog bank. My Refelex silencer het daardie probleem opgelos.

Hulle het 'n ander model vir omtrend R32000 of meer - Gen 2 wat voor op jou bestaande scope monteer. Dit is die idiaal, want jy hoef nie geweere te ruil as dit donker word nie of soos wat ek doen ruil scopes. As ek die geld gehad het sou ek hierdie model gekoop het. Al wat hy doen is gee jou nag sig, jou gewone scope gee jou vergrooting, ens. Die grand ding van hierdie setup is dat jou geweer bly soos hy is met jou standaard scope, jy hoef nie bang te wees dat hy jou op die oogbank gaan stamp nie.  ;)

Gaan klik op die website links wat ek gepost het. Daar is heelwat info.

Freek, ek sal nie 'n wit lig saam met die NV scope gebruik nie. Die laser pointer werk baie mooi saam en sal nie jou scope seermaak nie. Jy kan selfs 'n IR filter vir jou Nextorch kry en saam met jou bestaande IR flits gebruik.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Caller »

Terminator

My ondervinding is maar min met die nagsig besigheid saam ,maar my friend het 'n ou generasie twee milit?re scope saam met die 140 lance nightforce met invrarooi filter gebruik sonder dat die scope enigsins beskadig is.

Onthou die verkoopsman het jou teen skerp "lig" gewaarsku, maar invrarooi is mos eintlik hitte bestraling (of is ek verkeerd) en sover ek weet, nie skadelik vir nagsig toerusting nie. Maar maak net doodseker, ek wil nie jou skoolgeld op my gewete h? nie.

Aai kj?rels my werk se "cerver" blok die foto's op die forum, so ek tas maar bietjie in die duister rond ?. H? maar gedult met my.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by jaracal »

Mountainman/Terminator
Die filter wat jy kry is 'n blacklight filter. Maw infra-rooi. Vir die blote oog is dit onsigbaar maar die nagsig tel dit baie sterk op. Ek het 'n vriend in KZN wat jakkalse tot op 300m met sy NV scope skiet. Ongelukkig is hy "not computer literate" op die stadium, ek probeer hom aanpor om een te kry en die forum te join maar tot nog toe tevergeefs. Tewis van Outtshoorn is ook baie bedrywig met die NV ek sal hom vra om kommentaar te lewer. Hy het vir Denel (ek dink) gewerk waar hulle nagsig vervaardig het.
Hy ken die ins and outs van die tegniese sy.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Hein, waar kry ek daai lig en filter? As dit die geval is beteken dit my NV scope se gebruik kan optimaal verbreed word... ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Hein,
Dan pas die filter op 'n gewone spot light?
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by jaracal »

Terminator/Mountainman
Tewis kan dit vir jou kry vanaf Lynx. Dit word deur Lightforce gemaak en pas op die lightforce ligte.

groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

8) Ek bel hom sommer nou...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by johan »

Freek
Hou jou kredietkaart byderhand ;D

Wat het dit toe gekos?

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Caller »

Ag sorry tj?rels.

Ek dag julle wis dat 'n rooi filter en 'n invrarooi filter twee p?re van verskillende kleur is.

Johan noem dat 'n DC switch, hoendertanne en dat Swaar-rof-ski, duur is, dan het julle nog nie een van daai invrarooi filters inniehanne probeer kry nie

Julle is in vir 'n aangename verrassing.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Johan, elke sport het sy beserings... ;D

Ek was nogam veras met wat ou Tewis kwyt geraak het, die ou ken sy storie. Jy benodig die volgende vir die black light:

1. Nightforse lig 140 of 170mm @ om en by R1600.00
2. Lightforse black light skerm @ om en by R900.00 of
3. Pas gemaakte black light skerm wat op lightforce pas(gemaak deur Tewis) @ R200.00

Hy het in voorraad!!!!!! Ek het natuurlik op opsie # 3 besluit, pas gemaklik volgens my sak  8)

Hier is sy nommer as enige iemand anders belang stel: 083 630 9419.

Michiel ek het ietsie vir jou ook bestel - moet nou net nie loop staan en 'n dimmer switch agter my rug gaan koop nie, anders gaan jy met 2 sit ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: Nagsig en Laser

Post by tafjak »

Terminator en Johan

Koop maar nog een (dimmer) hulle is nogal geneig om jou op vreeslik plekke te los ( ek gebruik myne natuurlik baie tot 50 ure aaneenlopend per maand). Ek wonder of Johan se pel nog van darie meganiese dimmers in die hande kan kry, daai goed werk!

Taffie
User avatar
Mountainman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Sun Jan 18, 2009 3:39 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Mountainman »

Ah Sweet - dankie Freek.
Groete

M

Fear the Government that fears your guns!
Andre

Re: Nagsig en Laser

Post by Andre »

Soek iemand dalk 'n infrarooi vilter vir Nightforce groot (240mm)?
Ek gebruik myne nie meer nie. Kan hom kry vir R700...
Het gevind dat ek baie meer battery krag gebruik, omdat jy meer lig agter hom moet maak om die nagsig effektief te kry. Ek gebruik nou die rooi vilter met die "Tewis van Oudtshoorn" dimmer, die bietjie lig skrik nie die jakkalse af nie en nou draai ek net die dimmer helderder om te kan sien deur "Swaar-rof-ski"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nagsig en Laser

Post by Freek »

Kerels, ek het gister my Nightforce 140 lance met Tewis se "black-light" skerm op getel. Mense daar is 'n 110% verbetering in die afstand wat jy sien asook die duidelikheid van die beeld.  :o :o :o 8) Gaan hom hierdie komende naweek uit toets op die plaas. Sal julle op hoogte hou.

Hein, Dawie, Caller en Andre ek moet julle bedank vir hierdie eenvoudige nuttige wenk wat julle oor my pad gestoot het. Ek sal nou eers die naweek definitief kan bepaal hoe ver mens sal kan sien met die nuwe speelgoed saam, maar ek kan julle waarborg dit is definitief verder as 50m ;D
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Nagsig en Laser

Post by Caller »

Freek

Ek het jou mos ges? daar wag 'n aangenaame verrassing op jou met die infrarooi lig saam. ;)

Lekker jag en hou 'n ou bos-ot vir die bymekaarkomslag hier in Bloem, samblieftoggie man!!! Ons wil proe hoe hy smaak, darrie nagvark.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Post Reply