Maak jou eie mes
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
JJV
Daai belt en disk sander is die regte tool. Die profiles kom van dieselfde site wat ek gebruik.
Wees nou net versigtig vir jou vingers.
Sodra jy n lem gevorm het plak hom toe met duck tape om jou vingers te beskerm.
Sterkte en wys ons hoe jy vorder...daars min dinge lekkerder as mes maak.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Maak jou eie mes
JJV wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20160803/2e560775072026a4f8ab95b47737ec79.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160803/e2eb42d28c29b778b575cd58975dbe60.jpg
Nadat ek jul posts gesien het, het ek ou saaglem gekry, cutting disks gekoop en 'n beltsander van Game! Gaan nog baie vrae moet vra!
Jannie Welman
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Kan mens gat boor in die lem om die hef vas te maak, daai lem voel nogals hard!??
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Daai site is nogals goed met hul templates, ek hou van die verskillende groottes, so jy kan kies wat jy wil maak.Google bly maar koning as jy iets soek!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Viking ek sien jy is vd Paarl? Het seker amper so 8jaar daar gebly, vir "Coldfact" gewerk, verkoelings plek wat aan die Smooks behoort het. Klein wereld....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
JJV
Jy kan gate boor soos jy wil.deur daai saaglem. Sorg dat jou boorpunte skerp is.
Kyk na die ou se eenvoudige template om n bevel op die mes te slyp.
Ek hou van sy metode om die lem deur die tang vas te skroef.
https://youtu.be/EkPD1ihP0mE
O ja...gebruik volgende keer die gewone rolsaaglem sonder die tungsten tips...beter kwaliteit staal!
Jy kan gate boor soos jy wil.deur daai saaglem. Sorg dat jou boorpunte skerp is.
Kyk na die ou se eenvoudige template om n bevel op die mes te slyp.
Ek hou van sy metode om die lem deur die tang vas te skroef.
https://youtu.be/EkPD1ihP0mE
O ja...gebruik volgende keer die gewone rolsaaglem sonder die tungsten tips...beter kwaliteit staal!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
More gate boor ,jig maak om lem te slyp, klaar hout vir die hef gekry, hoop maar die lem kan redelik skerp bly!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160805/7ed9e14f62cf5a5360a47cbcf3dbeacc.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160805/7ed9e14f62cf5a5360a47cbcf3dbeacc.jpg
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Sny julle daai saaglem met n grinder disk?
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Maak jou eie mes
Op watter site het jy daai lem profiele van af gekry? Ek het nou nie 'n saaglem gekry nie, maar wel 'n brushcutter lem gekry in my kas. Wou iets heel anders daarmee maak en het dit daardie tyd probeer boor. Kon nie gat toe deurkry nie. Dink dit het dalk potensiaal vir 'n mes dalk.
Jannie Welman
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Maak jou eie mes
Sienndie brushcutter lem is net effe aan die dun kant. 1.5mm is dalk te fyn.
Jannie Welman
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Amerikaanse parabat issue mes wat ek op skaal namaak waarmee ek besig is.
Ek het hom klaar verhard n hele ruk terug en wil iets anders met die hef doen. Ek wil die lem nog so derde van onder bietjie halfrond maak.
Ek het hom klaar verhard n hele ruk terug en wil iets anders met die hef doen. Ek wil die lem nog so derde van onder bietjie halfrond maak.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Jake1 on Sat Aug 06, 2016 12:47 am, edited 3 times in total.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Ek het hom redelik naby met dun cutting disc gesny, toe meeste materiaal afgegrind en toe klaargemaak op beltsander. Google: dcknives.com daar is baie templates wat jy kn download.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Was daai lem warmer as wat jy kon vashou met die kaalhand toe jy gesny het? Want as hy was is jou temper tickets
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Hy was redelik warm, ek het hom nie vasgehou nie maar ek kon hom optel en draai om aan ander kant te sny, sal maar moet sien hoe hy uitdraai!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Maak jou eie mes
Kan mens so saaglem weer verhard/temper?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Kyk julle werk met "unknown" staal- dus hier is n paar probleme. Eerstend as jy hom nie kan boor nie moet hy aneal word of jy moet n carbide boor punt gaan koop. Kaans n goed dat die staal te hard en bros is vir n mes lem wat nie gaan breek of chip nie- dus moet jy heat treat om n lem te kry wat hard genoeg maar tog taai is. Met n onbekende staal is dit maar n raaiskoot oor watse proses om te volg en vir hoe lank. As jy die staal kan boor is hy tien teen een te sag om n werkbare lem te maak en jy gaan moet heat treat. As per geluk n perfekte stuk staal het en jy oorverhit hom. Dan gaan jy moet heat treat. So my voorstel is ja doen dit. Maar jy gaan in die donker tas as jy nie weet watse staal dit is nie... Ek perssonlik werk nie met onbekende staal nie. Die lem is die hart van die mes en as ek 20plus ure op n mes spandeer moet ek 100% seker wees van hoe hy gaan perform.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
Manne
Die gerief van saaglem is dat jy nie nodig het vir temper nie maar as dit moet dan sal jy die hele proses moet volg.
Die trick is om water byderhand te hou en terwyl jy materiaal afhaal of slyp die lem gereeld af te koel.
Ek ken nie brush cutter materiaal nie maar as n boor nie deurgaan nie is die kanse goed die staal is klaar getemper.
Kyk bietjie op you tube vir sagmaak en weer temper.
Sterkte met daai oefening...

Last edited by Viking on Fri Aug 05, 2016 8:47 pm, edited 1 time in total.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Die basiese proses gaan wees verhit die staal tot non magneties. Quench en dan temper. Maar omdat dit onbekende staal is kan ek nie vir jou se waarin jy moet quench nie en vir hoe lank teen watter tempratuur jy moet temper nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Maak jou eie mes
Klink my die pap is nie die sous werd nie.
Ek dink om dan eerder 'n paar blanks by kmts te kry om mee te begin. Daai blanks neem ek aan is nog nie verhard nie en sal ek dit moet laat doen as ek tevrede is met die produk. Laat verhard mens dit voor jy finale snyvlak slyp? M.a.w. op so 99% voltooide lem?
Ek dink om dan eerder 'n paar blanks by kmts te kry om mee te begin. Daai blanks neem ek aan is nog nie verhard nie en sal ek dit moet laat doen as ek tevrede is met die produk. Laat verhard mens dit voor jy finale snyvlak slyp? M.a.w. op so 99% voltooide lem?
Jannie Welman
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
Kry vir jou n paar blanks- 12c,14c of n690- werk en boor die mes. Los die snyvlak so 1mm dik. Stuur in vir verharding by kmts. Werk op n 10% reel vir finale edge dikte maw as jou lem se rug 3mm is werk die snyvlak af na 0.3mm en sit dan jou finale bevel op.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Viking die kontak besonderhede. Hulle verhard dit ook.Viking wrote:Henning
Waar in die Kaap het jy die N690 gekry?
Bohler uddeholm
Axe industrial park
Evans avenue
Epping industrie
Tel: 021 534 3551
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Viking
- Hero Member

- Posts: 872
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Maak jou eie mes
Henning dankie vir jou moeite ek sit dit op my bucket list vir wanneer ek die volgende vlak van mesmaak betree.
Dries101 jou kennis is tops en ek het al jou messe bewonder, maar die draad was aanvanklik bedoel om die skugter en skaam manne uit te lok om self iets te probeer maak...sonder om baie geld te spandeer op toerusting en materiaal.
Om blanks op te neuk omdat jy nog nie die vaardigheid het of sekere tegnieke bemeester het nie kan 'n duur oefening word. Uiteindelik sal ek graag wil sien dat die beginners ook daar kom waar hulle die EEN mes SELF maak wat 'n erfstuk gaan wees.
JTM - Jy gaan nie ure deurbring om 'n mes te maak nie, maar jy gaan ure se genot he met die lem wat jy SELF tot 'n mes omvorm het uit 'n goedkoop stuk staal.
Ek doen heelwat leerwerk en die een werktuig wat elke leerwerker oor kwyl is 'n "round head knife" - die lem is ongelooflik lekker om dik leer mee te sny en as hy skerp is loop die lem deur 'n dik stuk leer soos 'n warm mes deur botter.
Die round head het ek van 'n rolsaaglem gemaak en die pap was beslis die sous werd!!
Dries101 jou kennis is tops en ek het al jou messe bewonder, maar die draad was aanvanklik bedoel om die skugter en skaam manne uit te lok om self iets te probeer maak...sonder om baie geld te spandeer op toerusting en materiaal.
Om blanks op te neuk omdat jy nog nie die vaardigheid het of sekere tegnieke bemeester het nie kan 'n duur oefening word. Uiteindelik sal ek graag wil sien dat die beginners ook daar kom waar hulle die EEN mes SELF maak wat 'n erfstuk gaan wees.
JTM - Jy gaan nie ure deurbring om 'n mes te maak nie, maar jy gaan ure se genot he met die lem wat jy SELF tot 'n mes omvorm het uit 'n goedkoop stuk staal.
Ek doen heelwat leerwerk en die een werktuig wat elke leerwerker oor kwyl is 'n "round head knife" - die lem is ongelooflik lekker om dik leer mee te sny en as hy skerp is loop die lem deur 'n dik stuk leer soos 'n warm mes deur botter.
Die round head het ek van 'n rolsaaglem gemaak en die pap was beslis die sous werd!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Maak jou eie mes
Viking ek stem saam met Dries oor onbekende staal en het daardie oefening gedoen tot ek agterkom dat die mes nie lank skerp bly nie. Dit is wel goed vir n begin om te leer hoe om n mes te maak.
Aan die anderkant is N690 nie so duur nie en n baie lekker mes staal dus is dit nie n trein ongeluk as jy fout maak.
Duur messe gaan meer oor die tyd wat jy insit om dit te maak en nie die onkoste van die materiaal.
Ek kan nie mooi onthou nie maar dink ek het by R 300 betaal vir meter lengte en R 115 vir verharding.
Groete
Henning
Aan die anderkant is N690 nie so duur nie en n baie lekker mes staal dus is dit nie n trein ongeluk as jy fout maak.
Duur messe gaan meer oor die tyd wat jy insit om dit te maak en nie die onkoste van die materiaal.
Ek kan nie mooi onthou nie maar dink ek het by R 300 betaal vir meter lengte en R 115 vir verharding.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Maak jou eie mes
henning wrote:Viking ek stem saam met Dries oor onbekende staal en het daardie oefening gedoen tot ek agterkom dat die mes nie lank skerp bly nie. Dit is wel goed vir n begin om te leer hoe om n mes te maak.
Aan die anderkant is N690 nie so duur nie en n baie lekker mes staal dus is dit nie n trein ongeluk as jy fout maak.
Duur messe gaan meer oor die tyd wat jy insit om dit te maak en nie die onkoste van die materiaal.
Ek kan nie mooi onthou nie maar dink ek het by R 300 betaal vir meter lengte en R 115 vir verharding.
Mens kan n vreeslike lekker blank vir R50 koop en selfs jou eie ontwerp laat sny. Verharding gaan jou tussen 30-60 rand kos hang af wie jy gebruik. As jy bietjie moetie doen en n mooi stukkie hout/been het wat rondle kan jy met n vyl, skuurpapier, en n paar brass\stainless pins vir by n R100 n mes maak wat jy vir tussen R800-R2000 sal moet gaan koop by n maker.
Groete
Henning
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery