Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Dries101 wrote:Hi Johan dit is n flatgrind- ek doen 95% van my messe met n flat. Ek hou glad nie van n hollow grind nie- n flat is net better vir enige mes wat nie n knipmes is nie
Dries ek wonder oor wat jy hier gese het.
N hollow grind gaan vir jou n langer lem leeftyd gee as n flat grind.
Dit is as jy baie lem moet skerp maak.
Groete
Henning
Henning,
Ek het dit dat die hollow grind vinniger wegslyp as flatgrind
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Henning die leeftyd op hollow is korter vir skerpmaak en en dit is nie n goeie snyer as jy deur items moet sny nie-dit is ook amper onmoontlik om die lem te her profiel.
Jy kan hom wel skerper kry as n flat. N flat grind is jou beste general use grind. En maak n beter sny lem as jy deur goed wil sny. Die lem kan her profiel word ook. Dit is ook n sterker lem geometrie as n hollow.
N hollow het n plek op klein skerp lemme soos n cutthrout maar vir n jag of bushcraft mes bly n flat, scandi ens maar baas. N hollow se plunge lyne is makliker om reg te doen alhoewel die grind meer kompleks is. N flat se plunges is baie moeilik om perfek te kry maar die grind self is weer makliker.
Altwee maak n werkbare lem maar soos ek noem vir messe met langer lengtes is flat die beste.
Baie netjies- boor n paar gate in die tang- mik vir n honecomb form as jy klein boor punte gebruik- so 5 mm-hulle boor makliker as groot punte- help met die epoxy en met gewig/ balans
Dankie Dries, ek moet die gate nog boor. Wil dit vandag probeer doen.
Hieronder is tot waar ek nou is. Die lem is redelik tot op die dikte waar ek dit wil hê, daar is wel nog dik plekkies en een hol plekkie wat ek nog moet gelyk kry. Die area by die "bevel" lyn is nie baie netjies nie. Ek sal iets daar moet prakseer. Iets wat mens gou agterkom is dat elke argelose merkie wat jy op die metaal gemaak het moet jy met groot sorg weer probeer uitvyl of skuur.
Ek wil die verskillende gate uitboor; die "bevel" lyne mooi gelyk en netjies kry; die laaste dunmaak op die lem doen en dan mooi afskuur tot 120 grint; die handvatsel gedeelte moet mooi gelyk en skoongeskuur word. Dan kan ek begin werk aan die verharding en temper.
20160831_213713.jpg
20160831_213727.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Dankie Henning. Ekmaak so stadig aan paar goedjies bymekaar om ook 'n mes te maak.
Ek het vandag net daai angle grinder discs gespeel wat van sulke blokkies skuurpapier gemaak is. Het sommer 4mm mild steel bygekom. Was verbaas hoe daai disk die mildsteel grind. Die beheer wat ek gehad het en die afwerking van die 80 grid het my laat dink om so 'n disk in te span om dalk van die aanvanklikke staal weg te vat.
Viking, ek het nou al twee keer vantevore vandag probeer om op jou post te reageer en elke keer het daar iets fout gegaan as ek probeer "submit" en dan moet ek weer vort iewers heen... Derde keer skeepsreg.
Hoe dit ookal sy, ek gaan die tang ligter maak deur gate daarin te boor. Ek moet net eers ander dryf belde/bande kry vir die staanboor. Die wat nou daarop is, is verslete en klim heeltyd af.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Ek verstaan daai frustrasie....'n man se tools moet reg wees vir die job!
Ek het intussen ook 'n bietjie gevorder aan die sushi mes en BAIE geleer!!
Aanvanklik het ek gedink om 'n 8 kantige handvatsel op te sit, maar die het later rond geword...
En om daai tang warm te maak en in die handvatsel in te brand is ook nie maklik nie. Die spulletjie neuk al skeef en elke keer brand die warm punt die bek in die hout al wyer.
20160827_171946.jpg
20160829_174318.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek het hierdie week nie veel kans gekry om te werk aan die mes waarmee ek besig is nie. Ek het gate in die "tang" geboor en bietjie gevyl. Plaas later 'n foto.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Vir die erg lae begroting mesmakers het Adendorf nou die klein belt en disk skuurmasjien soos wat ek het op uitverkoping vir R1095. Dot is dieselfde masjien as Ryobi en Bladebuddy. Gebruik 125mm skuur papier disks en 25 x 760mm belde.
Soos ek gese het, het ek nou vir my al die masjiene en dinge gekoop om messe te maak.
Die rede hoekom ek weer hier post is om te se dat ek het vir my n Kiln (oond ) ook gekoop om die messe te verhard.
Die enigste rede is omdat Dries gese het dat die groot maatskappye gooi sommer jy mes in by n batch wat hulle besig is om te verhard en nie noodwendig die verharding prosedure vir die staal van jou mes.
Nou wil ek die mense uitnooi om hulle mes na my te bring om te verhard sonder enige onkoste, vir mahala.
Ek het hierdie toerustig gekoop vir n aftree joppie maar intussen wil ek ondervinding op bou tot ek dit ernstig begin doen.
As n bonus ontmoet ek dalk n paar Jaracal manne. N 690 se verharding tyd is net 20 minute so dit is nie n lang prosses nie.
Dit is nogal 'n perd van 'n ander kleur om 'n besigheid te maak van mesmaak. My vriend se neef maak messe vir 'n inkomste en sy groot mark is die buiteland. Plaaslik kry hy nie die ondersteuning om te oorleef nie. Mense hier rond wil nie maklik betaal vir die tyd en moeite wat jy in 'n mes insit nie. Ek kan wel beaam dat die man se messe topgehalte is en ek bitter graag een wil hê, maar teen R6000 vir 'n knipmes sit dit nie in my beursie se vermoë nie.
FB_IMG_1473686309719.jpg
FB_IMG_1473686354363.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by JTM on Mon Sep 12, 2016 3:25 pm, edited 1 time in total.