Case head separation.

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Case head separation.

Post by Frederik »

Vir die wat nog nie dit beleef of gesien het nie dit is wat Saterdag gebeur het met my by die BASA shoot.

Ja dit is 375 H&H en nogal warm gelaai en my skuld laat ek nie track hou van die hoeveelheid kere wat die doppe gebruik het nie. In elk geval my vriend Werner skiet ons eerste baan 5 skote geen probleem. My beurt 1st skoot en ek voel slot sukkel om oop te maak en toe sien ek net iets klein uit val ons skiet teen tyd en gelukkig tel ek iets is nie lekker nie. Die RO confirm ja dit is net die agterste deel van die dop en gelukkig het ek nie met spoed die slot met die volgende rondte ingefoseer in die dop wat in die kamer agtergebly het nie.

Maar nou ja daar is my skiet verby sommer eerste skoot op eerste baan. Gelukkig kom een van die ander ou BASA lede tot my redding en leen my sy 416 Rigby CZ met RDS wat ek nog nooit van te vote gebruik het nie. Ek begin click op die laaste baan en kon darem 20ste kom vir die dag met roer wat ek nie ken nie.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Mobile%20Uploads/20160925_075725-600x1067_zpsrfc0ws2b.jpg

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Mobile%20Uploads/20160925_075651-600x1067_zps40pta8lr.jpg

Deon (DWB) gee my toe baie goeie advise en Sondag met bietjie versigtig te werk gaan kry ek die dop toe maklik uit bietjie superglue op 303 dop wat lekker tapered is druk om stewig in die gebreekte 375 dop wag 10 minute en tap hom liggies uit met cleaning rod van voor en voila.

http://i1068.photobucket.com/albums/u448/Frederik_Cocquyt/Mobile%20Uploads/20160925_135856-600x1067_zps0xadgakw.jpg

Hoop iemand kan hier uit leer en voor ek nou regtig gestraf word ek het aparte doppe wat ek net vir jag gebruik maar dit sou seker een of ander tyd gebeur het iewers. Liewers op skietbaan as in die veld. Van nou af sal ek superglue ou 303 dop en cleaning rod altyd byderhand hé.
Last edited by Frederik on Wed Sep 28, 2016 3:26 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Case head separation.

Post by tripodmvr »

Ronde vyl wat net dikker is as 375 en jy haal hom sommer op die baan uit in 'n japtrap.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Case head separation.

Post by Ashley »

Dis rof Fred!
Bly dinge het toe oraait uitgedraai, en dat niemand(of die geweer) seer gekry het nie.
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Case head separation.

Post by Frederik »

Ashley dit is een van die groot nadele van die magnum belt en dit gebeur. Dit is net 'n slep as dit gebeur op skietbaan en nagmerrie in die veld veral as iets jou sou storm. Ek skiet al 22 jaar met die roer en dit was die eerste keer wat dit gebeur.
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: Case head separation.

Post by RabieL »

DIt het met my ook al gebeur en ook met n 375 H&H, dit was dope wat slegs 4 tot 5 keer gelaai was. Het hom by verskeie geweersmede gehad want om so min skote uit n dop te kry was vir my onaanvaarbaar. Einde laaste kom ek by Kevan Healy in Bloem uit, en nadat hy ook weer die geweer deeglik deurgegaan het, het ons die oorskaak gekry. Die 375H&H dop taper baie (303 Brittish selfde problem), die rede daarvoor is om chambering in die veld te vergemaklik. die rondte het ook nie sulke prominente skouers soos gewone calibers nie, dus vind brassvloei baie erger plaas as ander calibers en die dop word baie dun net voor die web, dit is dan juis hier waar case-head separation plaasvind. Om my dope bietjie langer lewe te gee, het ek slegs begin neksize met n Lee Collet Die en die problem was nie meer so groot nie.

Ek moet wel se, dit het my geld gekos om die res van die dop uit te haal en waardeer die raad hierbo, om bv n vyl of 303 dop te gebruik met superglue, sal dit verseker onthou vir die toekoms.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Case head separation.

Post by Gian_dP »

Ek het die die afgelope 3 maande in 4 gewere gesien:
.303
6mm Musgrave
7x64
6XC

Die eerste drie was almal op jagtogte met inskiet of gongs na die dag se jag. Gelukkig nie in die veld gebeur nie. 7x64 maklik uitgekrymet koperborsel. Ander twee moes deur geweersmit uitgehaal word.

6XC by Kaapjag Wynlands se veldskiet twee weke gelede, na eerste skoot op springbokteiken! Skut was nie baie beindruk nie. Sy kon darem dop uitkry met koperborsel en res van die bane skiet.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Case head separation.

Post by Frederik »

Rabies ek nek size ook maar moenie vir my vra hoeveel keer die dop gelaai is nie as dit 12 keer is sal dit my nie verbaas nie. Soos ek se my eie skuld my boks BASA moet maar vervang met nuwe of once fired doppe een of ander tyd.

Kyk maar die doppe wat ek deeglik deurgekyk het wat as blik toe gegaan het Sondag na inspeksie as hy lyk of hy enige lyn wys.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Case head separation.

Post by tau »

As jou kamer ook net bietjie overspec is gebeur dit graag en as doppe nie anneal is nie help dit die probleem aan.
Met 'n 7mm REM MAG en Amerikaanse brass is dit soms 3 skote al anneal jy en net necksize. Norma doppe en Sako hou mooi.
My 6.5x57 maak so met nat nuwe S & B ammo, terwyl my Highland doppe wat ek by Gromit persent gekry het nou al by my op 4de herlaai staan nadat Gromit hulle ook 2-3 keer geskiet het. Hulle is nog 100%. My RWS doppe is ook nog 100%.

Sommige brass rek net nie lekker nie, veral gekoopte ammo wat nog verder terug gedruk is op die skouers om in alle kamers te pas. Die rek van dop is soms net te veel en die dop skeur. Ek het 'n stuk treaded rod met 'n plastiek pyp oor wat in kamer pas dan skroef ek rod in dop in en hy kom mooi uit. Die rod is typer gesny en ek het met 'n ystersaag 'n keep in hom gesaag wat soos tap werk en dop sny en dan gryp.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Case head separation.

Post by tau »

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/55fea675f29abe5e93e03a61a0ecbdc6.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/025f87dde6d1fd8162f5636e6543da4d.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: Case head separation.

Post by Jaco V »

Aangeheg is 2 fotos, die eerste is van my baie ingewikkelde ;D "tooltjie" wat ek gebruik om te voel vir tekens van "necking" binne in die doppe.
Sal nie se die metode is onfeilbaar nie maar sover het ek nog nie head seperation beleef nie. My .300H&H se kamer is bietjie nader aan die maks toleransie as meeste, dus krap ek maar teen die wande van die doppe se binnekant as standaard prosedure van my "dop voorbereiding" na elke skiet.
20160928_203244-600x1067.jpg
Die 2de foto is hoe die doppe lyk as ek hom oopsny, let op die verdunning net bo die belt. My ondervinding is dat 'n dop wat so lyk nog eenkeer reg sal extract voor hy seperate maar daar is te veel veranderlikes wat daai teorie kan verkeerd bewys, dus druk ek alle doppe waar ek die groefie voel plat. Vandat ek my doppe uitgloeina elke 3de skoot, moet ek bieg, het ek nog baie min doppe verloor. :)
2016-9-28 20-30-52-600x1066.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Case head separation.

Post by Rasmus »

Frederik wrote:Vir die wat nog nie dit beleef of gesien het nie dit is wat Saterdag gebeur het met my by die BASA shoot.

Ja dit is 375 H&H en nogal warm gelaai
Dink jou stelling hierbo dra ook baie by tot die probleem, asook die manier hoe jy jou "sizing die" opstel.

Mens wil nie die 375 se doppe onnodig werk met die resizing nie. Maar warm ladings gaan definitief die probleem vererger.

Dit het my ook al oorgekom heel in die begin van S&O se DG shoots.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Case head separation.

Post by Frederik »

Rasmus ek neck size net al my BASA doppe maar aneal glad nie, dit is maar pleinweg my fout om nie track the hou hoeveel keer die doppe gelaai is nie. By voorbeeld skiet BASA Februarie 12 skote en dan se maar DGS Maart nog 14 skote. Ek het 10 rondtes oor in die boks maar ek het 15 skote nodig vir BASA se April shoot. Prep gou doppe en laai se weer 20 dat ek oor genoeg het en ekstra maar nou is die doppe een keer meer gebruik as die 10 wat nie uit geskiet is nie. En so gaan dit aan en nou weet ek meeste van die doppe is tot op hulle einde.
Bushpig7
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Mon Dec 23, 2013 7:33 am

Re: Case head separation.

Post by Bushpig7 »

Jaco V se methode werk baie goed om die doppe met probleme uit te ken. Het dit lank gebruik in n 308 op n 303 askie gebou. Daardie doppe het ook net 4-5 keer gehou.

Met die draad voel jy in die dop waar hy dunner word.

Groete
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Case head separation.

Post by swc-tr »

Dink nie dis goeie praktyk om gemengde fabrikaat doppe saam te gebruik nie, verskillende hardhede, wanddiktes, ens. kan bydraende faktore wees.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Case head separation.

Post by Giepie »

Ek het 'n 375 en 303 waar ek by beide case head separation gekry het. Ek het ook met die skuifspeld metode begin check, maar was nie gemaklik nie, ek wou meer seker wees. Ek het toe maar vir my 'n RCBS CASE MASTER GAUGING TOOL aangeskaf waarmee ek elke dop na die derde herlaai nagaan. Ek het gou agter gekom dat dit belangrik is, en kon so beter sien wat die effek van vol lengete, gedeeltelike en nek vorming het. Ek gaan nou elke dop na sodat ek nie daardie probleem sommer weer kry dat die dop breek nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Case head separation.

Post by Frederik »

Giepie bietjie gaan loer na die tool en sal baie kan help ja.
Hilmar
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Apr 10, 2015 7:21 pm

Re: Case head separation.

Post by Hilmar »

Ek het gevind treaded rod soos Tau verduidelik haal so n dop wat afgebreek het Maklik sonder moeite uit jou kamer uit.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Case head separation.

Post by Barry Loock »

Op meduim kalibers werk n 7/16 unc tap ook goed op dieselfde idee as die threaded rod. Jy gebruik die first stage tap wat n redelik tapper begin ook van agter af en draai versigtig tot dit byt in die dop dan is dit n ligte tik met ram rod van voor af.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Case head separation.

Post by Jean Marais »

tripodmvr wrote:Ronde vyl wat net dikker is as 375 en jy haal hom sommer op die baan uit in 'n japtrap.
Ek doen hom ook so. Werk baie goed.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Case head separation.

Post by THOMAST »

Ek het al 'n paar keer as baan offisier die probleem gesien op die skietpunt. Verbaasde skut sit met agterkant van die dop in sy hande en weet nie hoe om die ander deel uit te haal nie.
Oplossing is eenvoudig: neem 'n groot koperborsel (9mm/.38spl werk mooi), skroef hom voor aan 'n skoonmaakstok, druk in die dop (in die kamer) in en trek uit.
Soos die koperdraadjies in die nouer dop ingaan, buig hulle effens terug en wanneer die stok uitgetrek word, skop daai draadjies vas in die dop en dop word uitgetrek.
Kanse is goed daar is iemand op die baan met koperborsel en skoonmaak stok, minder goed daar is iemand met 'n ronde vyl..
Post Reply