Algehele Jaracal-groentjie hier. (Ek dink ek het darem laaaaank terug n bekendstelling gedoen
Ons verhuis Stella toe en ek moet n voertuig kry vir my vrou en ons twee kinders.
Ek soek n veilige iets wat haar nie sal laat staan nie, en wat groot genoeg is om in 'n sandsloot oor enige kaper, rower, donkie of koedoe te ry.
Die eerste keuse sou n Subaru Forester of n Mitsubishi Pajero wees, maar daar is nie agente naby nie. Hulle val dus uit.
Volgende in lyn is dan waarskynlik n dubbelkajuit van Toyota, Isuzu of Nissan. Enige raad daar?
En net om die saak lekker ingewikkeld te maak: n persoon het sy Nissan Patrol stasiewa te koop aangebied; dit maak my skoon stout want dit is alles wat die hart begeer: groot, sterk en veilig met baaaie spasie vir doeksakke, stootwaentjies en die maand se inkopies. Die enigste haakplek is hulle brandstofverbruik. Kan n mens iets daaromtrent doen - bv met n chip?
Ons wil n tweedehandse voertuig koop, verkieslik tussen R140 000 - R175 000. Die voertuig sal weekliks tussen Stella en Vryburg loop; dit sal ook ons vakansie- en Pretoriavoertuig wees maar van tyd tot tyd sal ek die grondpaaie van die Kalahari met hom moet aandurf om die gesin of n groep mense na plase toe te vat.
Laaste vragie: wat van bande vir daardie we^reld? Ek het al goeie verwysings gekry na Hankook Dynapro ATM, asook n onverwagse verwysing vir Apollo. Dit is volgens een plaaseienaar die enigste goedkoop band wat by sekelbos verbykom. En natuurlik die BF Goodrich, maar hulle het blykbaar padlawaai. Die plaaslike bevolking het ons aangeraai om nie ballon-tipe bande met ronde kante te vat nie - juis omdat klippe die sykante daar maklik stukkend steek.
By voorbaat dank!

