PCP of Windbuks vir Seun

Anything shooting with compressed air goes here/ Alle windbuks stories hier......
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

PCP of Windbuks vir Seun

Post by Kolhasie »

Ek is opsoek na n PCP of Windbuks vir n 10 jarige seun.
Hy moet darm duiwe en meerkatte kan skraap met hom.

Sou julle windbuks of pcp kies? en hoekom?

Dit is vir n Seuntjie vir kersfees wat vreeslik mal is oor jag en skiet ek het hom nou al saam my geneem en hy geniet dit bitter baie. Sy ouers kry oneglukkig n biekie swaar daarom wil ek graag help hy het vir Kersvader n brief geskryf en ek het op die brief af gekom waar hy se hy soek asb baie graag n windbuks.

So as enige iemand van iets weet asb latweet my die prys moet ook nou nie te kwaai wees nie.

Groete KH
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

PCP, hulle is baie makliker om akuraat te skiet en nie so sensief vir jou skiet styl soos n springer nie, n goedkoop springer is ook die vinnigste wat jy jou geld gaan mors en die ordenlikes kos meer as n nuwe Howa met scope. Kyk op airrifle.co.za daar is nou n klomp nuwe "bullpups" van China en Asia wat die land in kom tee n baie goeie prys en wat ek hoor is die goed baises soos n Hilux.

Sal nou kyk en vir jou n man se nommer stuur wat hulle verkoop en diens
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

Praat met Oom Piet hy sal jou kan help.
011 7935235
pietpropeller@gmail.com
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by LUAN »

Wat is jou budget? Kaptein het vergeet om te se dat saam met die pcp moet jy scuba bottel en hoses en fittings koop. En as die lug op is is jy klaar geskiet. Op sy ouderdom sou ek liewers met n springer begin. Pcps is n meer sofistikeerde ding. Daars seels wat gan lek en vervang moet word. Waar is jou naaste plek om n scuba bottel te hervul?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

Kry hom so een dan kan hy somer bq oefen ook

http://images.airgundepot.com/ay/airgundepot/airforce-3-stage-pcp-hand-pump-for-airforce-rifles-pumps-up-to-3600-psi-4.gif
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by LUAN »

Capt. Oblivious wrote:Kry hom so een dan kan hy somer bq oefen ook

http://images.airgundepot.com/ay/airgundepot/airforce-3-stage-pcp-hand-pump-for-airforce-rifles-pumps-up-to-3600-psi-4.gif
Ja ek wonder of jy so een gebruik kaptein?Image onthou dis vir n 10 jarige
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

As jy n "goedkoper" springer wil koop en die kind in staat stel om darem iets konstant raak te skiet gaan jy na iets soos n Weihrauch HW50 moet kyk, die ander soos die HW97 en dan Air Arms se TX of Pro sport en die beteres in die Diana reeks is baie swaar (hulle retail ook so tussen 9 en 14k vir n nuwe een). Jy kan by Nick Yale n "getunde" Gamo met gasram koop vir seker R4000-R4500 en hy behoort goed te doen maar hy gaan ook maar later probleme op tel en nuwe parte kort wat jy dan weer by hulle kan koop en op die einde van die dag is dit maar n palstiek gamo wat getune is.

Om n goedkoop spring pellet te koop is n ding wat jou en die arme kind mal gaan maak. Sodra jy na die “groter” klaibers toe beweeg 5 en 5.5mm werk dit nie in n springer nie (daar is natuurlik niks fout met die 4.5mms vir wat jy en hy wil doen nie), sodra jy die swaarder koeltjies vinnig genoeg kan skiet is hy nie meer akuraat nie en recoil soos n mal ding wat net scopes breek en as jy hom stadig genoeg skiet moet jy omtrent n 40moa rail op sit om die koel uit die sand uit te hou op 50m. EK het klompie jare teug toe ek my eerste pelletgun self gekoop het n cheapie gekoop en in 2 of 3 jaar alles tussen in geskiet tot en met n Theoben en Daystate PCPs wat meer as baie CF gewere by Safari kos en om snaaks te wees self n 5.5 springer/gasram laat bou wat n 25gr koeltjie teen 1300fps "akuraat" kon skiet en in die pellet wereld kry jy meeste van die tyd waar voor jy betaal tensy jy basies alles in die goedkoper geweertjies laat uit haal en nuwes "custom" parte laat in sit.

As jy vir hom n ordentlike springer wil koop wat hy tot me sal kan kompeteer op nationale en self internationale vlak (soos die een hier onder) wat hom sy hele lewe lank sal hou en dink hy sal reg kom met n swaarder geweer laat weet my ek weet waar 1 of 2 van die blou laminate Weihrauch HW97 vir so R6500 is, dink die een kom saam met n 3-9 skopie ook.

http://acimg.auctivacommerce.com/imgdata/0/3/8/1/8/5/webimg/13411904.jpg
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Eugene »

Ek stem saam met Siebert. Ek het 'n lekker cheap (Predator) 5.5mm PCP gekoop vir R4000. Is lekker lig en maklik vir kids om vas te hou en te hanteer. Met R150 se ringe en 'n R300 scope op, is dit net die ding vir tanne slyp. Mens kan 2nd hand bottels op bid or buy en olx koop vir so min as R1000 en dan kort jy net 'n filling station. Op die langer duur gaan hierdie jou goedkoper uitwerk as 'n pawnshop pellet en dit gaan hom (en jou) baie minder frustrasie en meer plesier gee.....
Aim small, miss small
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Kolhasie »

Eugene wrote:Ek stem saam met Siebert. Ek het 'n lekker cheap (Predator) 5.5mm PCP gekoop vir R4000. Is lekker lig en maklik vir kids om vas te hou en te hanteer. Met R150 se ringe en 'n R300 scope op, is dit net die ding vir tanne slyp. Mens kan 2nd hand bottels op bid or buy en olx koop vir so min as R1000 en dan kort jy net 'n filling station. Op die langer duur gaan hierdie jou goedkoper uitwerk as 'n pawnshop pellet en dit gaan hom (en jou) baie minder frustrasie en meer plesier gee.....
Baie dankie wardeur julle raad. Okay nog n vraag.... ons wat hier in die Kalahari bly '' Kathu'' hoe gemaak om jou scuba bottel weer vol te maak? hier rond is nie sulke duik plekke nie.

Dit is mos maar net CO2? kan jy nie n groot gas bottel gebruik om die pcp te refill nie? Kan jy my meer vertel van die (Predator)? ek kyk na so 5000 se budget.

Groete KH
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

Die SPA-Predator (dink daar is ook n Jackal en Scorpion in die reeks) soos wat Eugene het is van daai wat nou die land in kom wat baie goeie waarde vir geld is. Met n bot/charge of refil station, ringe en 3-9 scope gaan jy maklik onder R6500 weg kom as jy bq rond kyk dan moet jy net seker maak daar is n plek wat mens die bot kan vol maak laat die man darem lood kan gooi. Enigste iets wat regtig op so geweer kan "breek" is die oring by die loading port waar jy die pellet in sit en dan die o-ring agter die cylinder waar die cylinder in die geweer in skroef. Soos hy groter word en ook lus raak vir krap en tune kan hy n "depinger" laat in sit of self maak en n regulator in sit wat die geweer n baie meer egalige spred oor sy skote gee en ook baie meer skote in die sweet spot gee. n PCP wat lekker skiet is regtig n baie lekker "speelding"

Dink "the airgun shop" verkoop daai reek gewere.

Springer sou ek net n Weihrauch HW97 of Air Arms TX 200/Pro sport koop maar hulle is oor die algemeen duur en swaar.

Kolhaas as ek dit nie mis het nie is daar nou n "FT" pellet club in of naby Kathu, ek sal bq hoor waar n man n bot vol maak daar. Ek ken paar manne in Kuruman wat baie PCP skiet so daar moet erens n plek wees
Last edited by Capt. Yoda on Tue Nov 08, 2016 10:40 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Eugene »

Aim small, miss small
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by finch »

Ek stem vir n ou pap springer, want dis waarmee ek groot geword het. Ons almal was kind en weet jy vang partykeer akies aan. Die verantwoordlikheid van n pcp wat die ouens deesdae dassies mee kan jag is net te groot vir n 10 jarige, tensy jy heeltyd vir hom onder toersig gaan laat skiet. My pa het met n oop gemoed ons ou springer vir my en my broer gegee sonder toesig, want hy het geweet ons kan nie te veel skade maak met dit nie. Ons was natuurlik ons leviete voorgelees elke keer.

Die grootste besering / skade wat daai springer gemaak het was toe n vriend die snelller getrek het terwyl die nek geknak was. Sy beloning was n loop teen die voorkop. Nogtans het daar menigde duiwe wat probeer nes maak in die geut, of muisvoels wat in my ouers se groente tuin of vyeboom in gevaar het, hulle dinges gesien met daai springer.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 611
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Klein Chris »

Kyk uit vir n QB78 of QB79. Uit die boks werk hulle met CO2. Lekker gewere
Die weihrauch's is goeie keuses. Die nek brekers is gewoonlik goedkoper as die vasteloop modelle.
Kyk ook na die Walter LGV
Die Gamo CFX/CFR met n gas ram is ook nie te versmaai nie
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Jean Marais »

Kolhasie, jy kan nie CO2 gebruik om die duiksilinder mee te vul nie. Dis teen die wet. Jy kan self dink as iemand per ongeluk die silinder vat om 'n duik mee te gaan doen, wat die gevolge kan wees. Dis amper dieselfde as om parafien in 'n sodawaterbottel te gooi, en 'n kind drink dit per ongeluk.

Met julle wat ver van sulke scuba geriewe is, sal die handpomp gebruik moet word om die geweer mee te vul, alternatief is om dan eerder 'n springer soos die HW97 te oorweeg.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Gernie »

Ek sou se CZ 200, met bottel en scope en als kan jy wegkom vir onder R10k. Baie baie akkuraat.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Basie2 »

Ek het Weihrauch HW50 nuut gekoop by S&O, 6 maande gelede vir R4600. Wat van hou die oopvisier en laat die klong eers bietjie leer. Hy is nog jonk en sal nie lang afstande skiet nie. Later kan hy nog 'n 'kersgeskenk' kry in die vorm van teleskoop. Ek stem heelhartig saam met gedagte om 'nie chinese vlooimark springer' te koop nie. As jy een verniet wil hê, ek het een, maar hy skiet soos 'hond se agterent'
My 2c


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Hein22 »

Wat van 'n lekker Walther LGV. Ek het een gehad en hy was puik. Toe byt pcp gogga my en ek het net twee keer daai gun met 'n pomp vol gemaak toe koop ek 'n duik bottel. Volmaak van bottle is 'n probleem as jy in afgelee plekke bly en die bottel moet hydro check redelik gereeld kry anders wil hulle hom nie volmaak nie.

As ek jy was koop ek 'n LGV. Great eerste gun!!
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Capt. Yoda »

Die LGV is n baie lekker geweer, n maat van my het in 2009 (as ek reg onthou) die wereld champs (springer afdeling) met n Air Arms TX 200 gewen en het nou so LGV ook. Hy se hy skiet baie meer met die LGV as daai TX.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Barry Loock »

Ek ken nie al die pcp make wat alreeds bespreek is nie. Ek het n ZC200S en met n bietjie tlc skiet die geweertjie baie mooi en moet hom nie onderskat nie.
Myne met 2de handse bottel en als was onder R10K

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by LUAN »

Basie2 wrote:Ek het Weihrauch HW50 nuut gekoop by S&O, 6 maande gelede vir R4600. Wat van hou die oopvisier en laat die klong eers bietjie leer. Hy is nog jonk en sal nie lang afstande skiet nie. Later kan hy nog 'n 'kersgeskenk' kry in die vorm van teleskoop. Ek stem heelhartig saam met gedagte om 'nie chinese vlooimark springer' te koop nie. As jy een verniet wil hê, ek het een, maar hy skiet soos 'hond se agterent'
My 2c


Sent from my iPad using Tapatalk
My gedagtes ook. Self hw 30. Die oukie is net 10 hoe kan julle praat van n hw97 of tx200? Hulle is lekke swaar ek weet want ek besit een. Oop versier is hoe ek ook moes leer met n gecado 25 van my pa hy is al oor die 50 jaar oud en skiet nog. Net die piston seel vervang verder is daar nie rerig feel wat fout gaan op n springer en hy is onafhanklik van n eksterne lug bron nie soos n pcp. Kyk maar eers hoe maklik dit gaan wees om n scuba bottel te vul en of dit die moeite werd is.
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Trompie »

Ek is groot pcp fan en het al meeste van die groot name self besit maar ek stel ook voor hw30 vir die laaitjie. Geen 10 jarige wil worry oor shot count nie en konserwatief skiet sodat sy bottel nie leeg word en sy pa hom eers moet laat vol maak nie.
Lgv en hw97 en tx200 is almal awesome springers maar is swaar vir 10 jarige om heeltyd te dra en dan nog akkuraat te skiet.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Kolhasie »

Goeie dag almal.

Ek het toe biekie rond gekrap en het op n Predator 5.5 afgekom vir R3500 splinternuut.
Is die prys reg?
Sal hy die werk doen vir die klein man?
hy sal hom wel net gebruik as ek of sy pa by is tot hy mooi die skietgoed verstaan en die nodige weet.

Groete KH
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Eugene »

Kolhasie wrote:Goeie dag almal.

Ek het toe biekie rond gekrap en het op n Predator 5.5 afgekom vir R3500 splinternuut.
Is die prys reg?
Sal hy die werk doen vir die klein man?
hy sal hom wel net gebruik as ek of sy pa by is tot hy mooi die skietgoed verstaan en die nodige weet.

Groete KH
Die prys is reg. My seuntjie word nou 9 en skiet 'n barshou met daai 5.5 Predator. Ek het aanvanklik vir hom al die veiligheidsreels mooi verduidelik en ingedril en hom al hoe meer gelos om op sy eie aan te gaan, terwyl ek steeds van 'n entjie af 'n wakende oog hou. Bou vir hom 'n "PCP gongstand" en laat hy op so 20m lekker oefen en skuif dan die stand verder terug soos hy beter raak. Ek glo nie die Predator kan 'n oop visier vat nie, maar daars niks fout om hom nou al te leer om met 'n teleskoop te skiet nie.

Geniet dit!


P.S. Laat hy maar aanvanklik eers net met die single shot adapter skiet. Hulle raak vinnig deurmekaar met die magasyntjie en druk dan soms 2 koeels na mekaar in die loop.....
Aim small, miss small
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by LUAN »

Is dit hoe hy lyk? http://pellet-guns.com/precharged-pneum ... -shot.html

Nie geweet jy kry pcp's vir so goedkoop deesdae dis great geniet hom.
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: PCP of Windbuks vir Seun

Post by Kolhasie »

Goeie dag. Jammer ek pla alweer.

Ek kan nou n predator 5.5 kry vir 2500 met sy scope.
Die geweerkie lyk heel mooi geen merke ens nie. Is daar sekere goed wa na ek moet kyk? Hy is tans in pretoria as daar dalk iemand is wat kan help om net te gaan loer vir my want ek sit 600kilos van daar af.

Groete KH
Post Reply