Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Wys hoe lyk jou jig dan kan ons kyk watter verandering kan help met jou hoek.
Jannie Welman
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

As dit op n grinder is leer vryhand- met n vyl is dit noodsaaklik. Mens maak baie moeilik aanpassing met n jig op n grinder en mens leer nie aanpassings maak of foute reg stel nie- dit hou mens baie terug


Sent from my iPhone using Tapatalk
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

As jy dit wiskundig wil benader, kyk na dit soos volg. Veronderstel jou lem is 25mm wyd en 4mm dik. Om die bevel dan die hele wydte van die lem te maak, gaan jy dit teen 'n hoek van 4.5 grade weerskante moet slyp.

Kom ons bly by die veronderstelling dat die lem 25mm wyd is en 4mm dik. Dan sou jou 12 grade jig slegs 'n bevel kan maak wat 9.4mm wyd gaan wees van die totale 25mm lem wydte.
Jannie Welman
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Hardyman »

JTM,

Dis presies omtrent die wydte wat ek verkry het. Die wiskunde maak ook nou meer sin. Het jy dalk iewers die formule waarmee jy dit bereken het. ;D
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Ek het dit so bereken.
14779201736380.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Hardyman »

Wonderlik baie dankie ek sal die berekening in my leer bere. Dit sal baie handig te pas kom.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Maak net seker jou calculator is in Degrees gestel en nie Radians nie.
Jannie Welman
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Hardyman »

Dankie ek het nogal net nou geloer. Dis darem een van die min goed wat ek van Universiteits Wiskunde onthou


Sent from my iPhone using Tapatalk
.270 Win
.303 Brit
.375 H&H
.38 Special
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Hardyman »

n Volgende vraag is weet een van julle manne dalk waar mens Corby Bolts/Fasteners in die hande kan kry. Ek sien dit nie op KMTS se website nie.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Derek Rausch engineering


Sent from my iPhone using Tapatalk
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Ek dink hulle noem dit blind rivets by KMTS.
Jannie Welman
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Ek het uit eindelik my skuur masjien gekry en sommer dadelik aan die werk gespring met die eerste mes.
Wat n ontnugtering, kom ek agter dat n lekker masjien maak nie die mes nie. Eerste mes sommer n groot flop.
Was lekker om my eie heat treatment te doen. Staal is N 690.

Ek leer darem vining want dit is nie lekker om stront aan te jaag nie.

Hier onder my tweede mes en leer skede. Die hout is "wild olive".
Na heat treatment.jpg
Mes en skede.jpg
Alles klaar.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Mooi gedoen. Die regte tools help baie, maar dan moet mens leer om daarmee te werk. Lyk of jy goed vorder.
Jannie Welman
slagdop
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by slagdop »

Watter lekker verrasing was dit vir my toe Henning my die foto's stuur en meedeel dat hy die mes vir my skenk.
Lyk sommer bakgat. Die skede met die lace weaving moes ook baie tyd in beslag geneem het.
Dankie ou maat.
Hy's 'n YSTER.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Maak jou eie mes

Post by ruaanb »

pragtige gebaar Henning!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

henning wrote:Ek het uit eindelik my skuur masjien gekry en sommer dadelik aan die werk gespring met die eerste mes.
Wat n ontnugtering, kom ek agter dat n lekker masjien maak nie die mes nie. Eerste mes sommer n groot flop.
Was lekker om my eie heat treatment te doen. Staal is N 690.

Ek leer darem vining want dit is nie lekker om stront aan te jaag nie.
Henning,

Elke mes se maak is maar n leerkurwe...maar aanjaag met duur materiaal vat aan jou sak.

Dis presies die rede vir my proeflopies met die saaglem materiaal. Die foute is net goedkoper!

Jou mes lyk goed! Jy gaan nog baie pelle se hart vinniger laat klop!

Die skede se rugkant moet net langer wees dan vertoon dit beter.

Moenie ophou oefen nie...ek wil nog jou tools kom kyk!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Viking wrote:
henning wrote:Ek het uit eindelik my skuur masjien gekry en sommer dadelik aan die werk gespring met die eerste mes.
Wat n ontnugtering, kom ek agter dat n lekker masjien maak nie die mes nie. Eerste mes sommer n groot flop.
Was lekker om my eie heat treatment te doen. Staal is N 690.

Ek leer darem vining want dit is nie lekker om stront aan te jaag nie.
Henning,

Elke mes se maak is maar n leerkurwe...maar aanjaag met duur materiaal vat aan jou sak.

Dis presies die rede vir my proeflopies met die saaglem materiaal. Die foute is net goedkoper!

Jou mes lyk goed! Jy gaan nog baie pelle se hart vinniger laat klop!

Die skede se rugkant moet net langer wees dan vertoon dit beter.

Moenie ophou oefen nie...ek wil nog jou tools kom kyk!
Viking, ek het nie pyne met onkoste want dit is my leer skool en ek kan nie so baie tyd in n job in sit en dit verniet met "MYSTERY STAAL". N 690 is ook nie so duur nie, omtrent R50 per mes.
Ek gee maar nou my messe weg terwyl ek leer want jy kan nie geld verwag vir n half gebakte peer.

Baie dankie vir die kommentaar oor die skede, ek sien in dat jy is reg.

Jy is welkom om enige tyd te kom kuier. Maak dit net lank genoeg sodat jy jou eie lem kan kom skuur.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Lem skuur... lekker! Vir my is die moelikste gedeelte die plungline. Enige tips om dit te skuur?
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Die naweek my vrye tyd benut om die planne vir 'n ordentlike grinder te begin optrek. Kyk of ek nie een kan bou wat meer in my begroting pas nie.
14784654698691.jpg
14784654833922.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Hardyman »

Ek het JTM se raad gevolg en die hoek waarteen ek my bevel skuur kleiner gemaak met die berekening. Nou is my bevel mooi hoog en presies waar ek hom wil he. My probleem nou is ook om die plunge line mooi te kry.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Ek het my plungeline vooraf uitgemerk en toe met 'n klein rondevyl ingevyl. Daarna weggebly met die vyle om dit nie te beskadig nie. As mens die jig gebruik, stel die mes so op dat 'n regop boutjie in een van die gaatjies as gids werk om nie verby die kritiese punt te gaan nie.
Later toe ek alles uitgeskuur het, het ek die skuurpapier om die rondvyl gebruik om die vylmerke weg te skuur. Kyk na die Gough videos vir die "jig". Hy demonstreer sy skuurtegniek ook vir die plunge line waar hy demonstreer hoe hy sy lemme skuur en afwerk.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

JTM wrote:Die naweek my vrye tyd benut om die planne vir 'n ordentlike grinder te begin optrek. Kyk of ek nie een kan bou wat meer in my begroting pas nie.
14784654698691.jpg
14784654833922.jpg
Dit is maar moeilik want selfs met n Herbst masjien sukkel ek om die plungeline reg te kry so ek wonder oor jou eie masjien bou.

Voorspoed
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Tweede mes.jpg
Hier is my tweede mes, eintlik derde maar eerste is gemors.
Nog steeds foute maar begin reg kom.

Groete
Henning
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by LongWolf »

JTM wrote:Die naweek my vrye tyd benut om die planne vir 'n ordentlike grinder te begin optrek. Kyk of ek nie een kan bou wat meer in my begroting pas nie.
14784654698691.jpg
14784654833922.jpg
http://www.kmts.co.za

Hulle het n masjien stand wat klaar gesny is om n 2m belt te vat. Jy moet hom net self aan mekaar sit en weld. Hulle is nie duur nie. Wat duur is, is als wat jy opsit op die stand, motor, contact wheels, flat disc, platen, drive wheel, hullow-grind whelel ens.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Mooi Henning. Ek is nog nie braaf genoeg om metaal bolsters aan te pak nie.
Jannie Welman
Post Reply