Artikel 22 van die Omheiningswet 31 van 1963 verklaar dit as 'n misdaad om 'n hek oop te los (selfs om nie 'n oop hek toe te maak nie!). Die strafbepaling is 'n belaglike R 50 boete of 3 maande gevangenisstraf. Vir 'n tweede oortreding is dit die gevangenisstraf sonder die boete. Onthou ook dit is 'n 1963 wet en toe was R50 nog iets. As jy jou verklaring aflê, verwys sommer na die Wet op aanpassing van boetes, Wet 101 an 1991, vir ingeval jou plaaslike landdros of aanklaer nie daarvan weet nie. Dit maak die boete sommer onmiddelik R10 000, juis om die probleem hierbo aan te spreek.
Artikel 24 van die Omheiningswet skryf 'n boete van R150 of 6 maande gevangenisstraf (R20 000 volgens Wet op aanpassing van boetes) voor, vir die opsetlike beskadiging of verwydering van hekke en heinings.
Onthou dit is per klagte, dus elke insident.
Indien die plaaslike polisie traag is om die klagte te registreer, tik sommer self jou eedsverklaring en laat dit dan net beëdig. Laat hulle net die dossier open. Noem die wetgewing, asook die misdryf van opsetlike saakbeskadiging. Doen verkieslik alles in Engels, dan sal elke polisiebeampte en aanklaer dit verstaan! Verduidelik aan elke betrokkene, heel vriendelik, jy is nou keelvol en gaan die aangeleentheid na hoër gesag eskaleer. Dit maak dikwels die verskil. Volg dan ook gereeld op en eskaleer dan elke keer die klagte na die betrokke persone se hoofde en doen alles op skrif.
Sit dalk sommer so paar skape in die kampe. As enige van die skape uitkom, lê onmiddelik 'n veediefstal klagte. So word dit onmiddelik 'n baie ernstiger klagte waar 'n spesialis eenheid dan betrokke raak. Jy gaan baie makliker sulke ouens oortuig om die saak verder te voer as jou plaaslike konstabel wat eers sy KFC sal moet los om iets te gaan doen.
As die betrokkenes enige bates het waarop beslag gelê kan word, kry sommer deur 'n prokureur nog 'n interdik teen hulle ook. Dan sit hulle met 'n kostebevel en die risiko van minagting van die hof klagtes as daar 'n verbreking is.
"Don't get mad....... get even!"
Hekke word af gebreuk
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Hekke word af gebreuk
Rikus as jy lid is v landbou organisasie laat hulle die polisie stasie v bo af aanvat.As jul weet wie dit is kan jul n saak oopmaak die polisie mag nie weier nie.
-
rikus
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Sun Mar 03, 2013 3:20 pm
Re: Hekke word af gebreuk
Baie dankie aan amlal met julle sal ek n oorlog toe gaan
julle het my baie gehelp
Net jammer die landbou organisasie wil nie so lekker betrokke raak ni
maar hulle het dit nou hoer gevat nou sal ons maar moet sien dit kom al van jan maand af aan en nou is die dokets net weg
alles raak mos net weg as dit hulle pas
ek sal julle kom vertel wat gebeur
lekker dag
julle het my baie gehelp
Net jammer die landbou organisasie wil nie so lekker betrokke raak ni
maar hulle het dit nou hoer gevat nou sal ons maar moet sien dit kom al van jan maand af aan en nou is die dokets net weg
alles raak mos net weg as dit hulle pas
ek sal julle kom vertel wat gebeur
lekker dag
-
rikus
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Sun Mar 03, 2013 3:20 pm
Re: Hekke word af gebreuk
Middag aan almal
ek wil net n updata gee oor die hekke probleem
die manne is darm nou eers stil. Hulle is toe aan gekla
maar wat daarvan gaan word weet ek ni
Ons hoop mar vir die beste
lekker dag
ek wil net n updata gee oor die hekke probleem
die manne is darm nou eers stil. Hulle is toe aan gekla
maar wat daarvan gaan word weet ek ni
Ons hoop mar vir die beste
lekker dag
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Hekke word af gebreuk
Goed om te hoor dat dit nou stil is.Mooi dag daar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
