Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post Reply
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Jaco v Zyl »

Enige ervaring en advies oor bg 2 haelgewere sal waardeer word, ek wil graag gebruik as n all rounder , kan n mooi twedehandse GTS kry of n nuwe Betetta teen dieselfde prys.
My kennis is beperk oor haelgewere , so enige info sal waardeer word.
Dankie
Jaco
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Supacow »

Dalk oversimplified: as jy lank en slank is - Browning
kort en dik - Beretta
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Jaco v Zyl »

En lank en dik?
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Supacow »

Tim Noakes vir 3 weke dan Browning
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Jaco v Zyl »

Hehehe.!
Dankie
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Johan van Wyk »

Ek het albei gehad en die Browning is myns insiens die beter keuse - ek het hom nog, so 6 000 skote (plus/min) later sedert 2011.

Die Browning het, by gebrek aan `n beter beskrywing, redelike neutrale balans. Hulle hanteer dus vir my beter as die Beretta, wat op sy beurt aan die ligte kant voor kan wees en dus ietwat van `n senuweeagtige geweer kan wees uit `n hanterings oogpunt. Die Browning het ook beter kolfdimensies - baie ouens kla dat die 686 Beretta's se kolwe te hoog is op die kam agter. Party ouens raak die Beretta's gewoond en kry goeie resultate met hulle maar vir my is dit Browning al die pad.

Die nuwe Silver Pigeons is ook myns insiens nie so mooi afgewerk soos die wat `n paar jaar terug op die rakke was nie. Hoekom weet ek nie, maar die 20-boor Silver Pigeons wat ek die laaste ruk gesien het was almal strate beter afgewerk as die 12-bore. Ek was op `n skietdag so paar maande terug waar twee splinternuwe Silver Pigeons botweg geweier het om die boonste loop se dop uit te gooi en `n derde een sneller probleme gegee het. Dis die tipe van ding wat my bloeddruk gou-gou buite beheer sal stuur. Dalk doen nie almal van hulle dit nie (ek sou so hoop!) maar dit het nie `n goeie indruk gelaat nie.

My eie Silver Pigeon is gekoop deur `n forumlid in 2014 en sover ek weet gee hy nie moeilikheid nie.

Gaan skiet dalk met beide en neem dan die besluit.
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Jaco v Zyl »

Dankie Johan
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Ashley »

My onkundige 2c:

Op die oog af is albei pragtige gewere
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Boersonderroer »

Heel beste is om met altwee te gaan skiet anders ten minste te gaan vas hou. Wat vir een ou lekker sit is weer heel ongemaklik vir 'n ander ou. Selfs tussen die verskillende modelle van dieselfde fabrikaat is daar 'n helse verskil. Beide die Beretta en Browning is popular so parte en naverkoop diens is nie 'n problem nie.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
johannvdg
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by johannvdg »

Jy kan maar gerus kies watter een beter opkom en sagter op jou oog val.

Ek myself is maar n Beretta man, maar daar is niks verkeerd met die Browning nie.
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Christoff Bosch »

Browning
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 787
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Heinds »

Vir wat kan jy hulle optel as ek mag vra Jaco?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Jaco v Zyl »

Rondom R27k
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1990
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Mellies »

Jaco v Zyl wrote:Enige ervaring en advies oor bg 2 haelgewere sal waardeer word, ek wil graag gebruik as n all rounder , kan n mooi twedehandse GTS kry of n nuwe Betetta teen dieselfde prys.
My kennis is beperk oor haelgewere , so enige info sal waardeer word.
Dankie
Jaco
Jaco,

Ek was so paar jaar gelede in dieselfde boot. Het toe die silwer duif gekoop. Nog nooit spyt nie en hy skiet soos n droom. As ek weer moet kies dink ek ek sal met daai GTS gaan.

Met n vleisie...
User avatar
Marlin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Aug 02, 2012 1:58 pm

Re: Browning GTS of Beretta Siver Pigeon

Post by Marlin »

The most important thing to consider is fit. If the shotgun fits you well, it will bite you less and your shooting will be a pleasure. Fit is important for accuracy as well. If there is nothing between them where fit is concerned, I would go with the Browning, the Beretta is a lighter shotgun and thus bites a bit harder.
Enjoy!!
Post Reply