Merkel dubbel gewere.

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Apie »

DWB wrote:Correct me if I am wrong...

Die Big Bore Association se vinnigste skut skiet met ñ 500NE NON-ejector.
Dink net hoe vinnig sou hy wees MET ejectors!

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

Pappabeer wrote:
Ralph Badenhorst wrote:
Pappabeer wrote:My gevoel jeens die Merkel is dieselfde as Ronald en Johan sin.

As jy nuut koop sal ek ook die Heym of Verney roete gaan, veral as jy baie met die geweer gaan skiet.
Die bou opsie sal ek nie eers oorweeg nie, nie mits jy n fore end wat soos n Donkie fallus lyk op n geweer aantreklik vind nie.

As jy egter n geweer soek wat sy waarde gaan hou, en waarmee jy n paar keer n jaar gaan jag en n paar skote op die baan skiet elke jaar, koop n nice vintage Engelse Boxlock.
en nogsteeds het ons meer bestellings as al die bo-genoemde fabrikate ;)

Natuurlik so...

Lifeboy seep, Autumn Harvest Crackling en Choice government-issue kondome is ook in groter aanvraag as meeste fabrikate van soortgelykte produkte saam...

Geseënde Kersfees
Jy sal weet aangesien die bo-genoemde produkte deur jou Kliente basis daar in Zululand verbruik word

Voorspoed vir 2017 beertjie
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Pappabeer »

Dankie dat jy nie weer, soos in jou vorige post - wat jy of n moderator verander het, sulke kru aanspreekvorms soos "pisvel" gebruik nie Ralph.

Welgedaan om die gevolgtrekking te maak dat kwantiteit nie n weerspieëling is van kwaliteit nie. Ontnugterend soos dit vir jou mag wees, is gewildheid ook nie altyd n weerspieëling van ingeligtheid nie. Heellaas die teendeel... Die regerende party kry nogsteeds n meerderheid stemme. Ek twyfel dus of die manne van Heym, Verney, en meeste Britse vervaardigers van dubbels wakker lê saans oor jy meer bestellings as hulle in die Suid Afrikaanse mark het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

Pappabeer wrote:Dankie dat jy nie weer, soos in jou vorige post - wat jy of n moderator verander het, sulke kru aanspreekvorms soos "pisvel" gebruik nie Ralph.

Welgedaan om die gevolgtrekking te maak dat kwantiteit nie n weerspieëling is van kwaliteit nie. Ontnugterend soos dit vir jou mag wees, is gewildheid ook nie altyd n weerspieëling van ingeligtheid nie. Heellaas die teendeel... Die regerende party kry nogsteeds n meerderheid stemme. Ek twyfel dus of die manne van Heym, Verney, en meeste Britse vervaardigers van dubbels wakker lê saans oor jy meer bestellings as hulle in die Suid Afrikaanse mark het.
Ja ek het die woord gebruik en ja ek het die post verwyder - dit stem maar uit my woede omdat jy niks goeds te se het oor enige van my posts nie terwyl ek jou geen skade op hierdie forum al aangerig nie.

Seker nie maar tenminste hoef ek nie elke 2de maand hulle op special te adverteer nie.
Tokka777
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:27 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Tokka777 »

Het met Ralph hul se doubles gaan skiet en ek is erg in my skik oor hul dubbles. ek het gehoor van n merkel en heym wat double charge ook en die oom se vir my dit is nie n baie lekker gevoel nie.
daai doubles "lifeboy" gewere skiet n koek hou hul regulate mooi en hkm ek ook nou een bestel het van daai choice government issue kondome is as daar iets fout gaan is Ralph hul baie naby om die problem uit te sort. n Ander plus punt is jy kry n geweer wat se lading klaar vir jou uitgewerk is met suid afrikaanse dryfmiddel so jy kan net laai en gaan geniet.
JVT172
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by JVT172 »

Ek sal ook enige dag een van Ralph's se dubbels vat bo een van die ander twee genoemde
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by F.L.A.S.H »

Wat prys so n RB double?
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

F.L.A.S.H wrote:Wat prys so n RB double?
Wat prys 2 donkies op n veiling nou ;D :laugh: ek kort voooorraad
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by BandK »

Ralph Badenhorst wrote:
F.L.A.S.H wrote:Wat prys so n RB double?
Wat prys 2 donkies op n veiling nou ;D :laugh: ek kort voooorraad
Okay ek het twee donkies om te ruil vir een dubbel Image jou donkie en my gun voorraad word dan elk aangevul....


Sent from my iPhone using Tapatalk
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Ralph

Ek wil nie betrokke raak by julle argument hierbo nie, maar wonder sommer vir interesantheid:Hoe lank bou julle aan so dubbel, Hoeveel sulke dubbels bou julle per jaar? Neem aan mens kan aan n paar gelyke tyd werk en so bv. eers al die aksies masjien ens, ens

Ronald
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Pappabeer »

Tokka777 wrote: ... en hkm ek ook nou een bestel het van daai choice government issue kondome is as daar iets fout gaan is Ralph hul baie naby om die problem uit te sort.
Tokka, jy besef, net soos met Choice se beste rubber, geld dieselfde vir n gevaarlike wild geweer. As daar iets fout gaan is dit te laat, al is daar iemand om die hoek wat dit kon regmaak.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Diesel Dog »

Pappabeer wrote:
Tokka777 wrote: ... en hkm ek ook nou een bestel het van daai choice government issue kondome is as daar iets fout gaan is Ralph hul baie naby om die problem uit te sort.
Tokka, jy besef, net soos met Choice se beste rubber, geld dieselfde vir n gevaarlike wild geweer. As daar iets fout gaan is dit te laat, al is daar iemand om die hoek wat dit kon regmaak.

Is nie , wat van n lekker "shower" vat!

DD
Tokka777
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Jun 25, 2012 9:27 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Tokka777 »

Pappabeer ek verstaan heeltemal wat jy se en dit is seker lekker om n engelse maak doubble in jou kluis te he! Maar daai boere double staan vir niks terug nie en met die wat ek te doen gehad het was so taai en goed gebou soos n cruiser en ja ek weet n cruiser kan ook breuk maar ek is redelik oortuig dat daai double jou nie in die steek sal laat en dat dit nodig sal wees vir n stort tydens n big game jag met die double nie.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by LoopSoosStroop »

Pappabeer, wat anders behalwe die hout pla jou van die RB dubbels? Weet jy van hulle wat gebreek het of probleme gee?

Ek het nie 'n hond in hierdie fight nie, maar dit klink my jy is kwaai negatief oor hulle wapens?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Smitstertjies »

Ek het nog nooit een van Ralph se dubbels in my hande gehad nie. Ralph het n 300wsm vir een van my vriende gebou, en ek herlaai ook vir daardie geweer. Daai wsm n n stukkie wonderlike vakmanskap en hy skiet op n tiekie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Lyk my Ralph tel nog ? :D

Wat kos Ralph se dubbels? Kom ons sê, 'n entry level een, met ejectors, maar sonder al die bells and whistles. Soos bv Verney se ph model? In bv 500NE
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by tripodmvr »

Ek kry die gevoel dat die gees van die forum bietjie skade lei in die plasings wat gedoen word. Die algemene stelling van "speel die bal en nie die speler" geld vir my in die meeste gevalle. Indien daar dan fout met 'n produk was, noem dit dan reguit en dan kan die teenparty sy saak verdedig.

As ek reg verstaan is RB se produkte vervaardig na persoonlike smaak as dit kom by die dubbelgewere. Dit wil dus voorkom asof die klient dan die groter voorlaai verkies en dit so behou. Hy kon sekerlik die dunner Engelse tipe gekies het. Die groter voorlaai is miskien esteties nie aanvaarbaar vir baie nie, maar ek kan wel sien dat dit 'n goeie en praktiese greep op die geweer verseker. Horses for courses is soos die Ingelse dit stel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

kopskoot wrote:Lyk my Ralph tel nog ? :D

Wat kos Ralph se dubbels? Kom ons sê, 'n entry level een, met ejectors, maar sonder al die bells and whistles. Soos bv Verney se ph model? In bv 500NE
Jammer man :laugh:

So na die pryse loer amper 40% goedkooper - oja en dit is n Sidelock

Ons het laas jaar 12 dubbels uitgesit (uitsluitend al ons ander werk op ander wapens) - dit was minder as die vorige jare weens Bohler wat vloed skade gehad het en ons produksie ietwat vertraag het. Ons wou nie ons metaal behandeling na n ander maatskappy toe stuur nie weens die feit dat Bohler wel die beste is en minimale trek het na behandeling.

Ek't laat 2016 nog CNC masjiene in gevoer en behoort teen einde Jan2017 in werking wees - hierdie gereedskap is net opgestel vir dubbels en kan tot 4 dubbel aksies gelyk vervaardig in 1 "cycle"- maar - dit betekn nie dat als nou net drop in gaan wees nie. Parte word met +0.1mm "över stock" vervaardig so moet nogsteeds met die hand gefit en getime word. Beplaning vir vir 2017 is om tensminste 3 gewere n maand te laat uitgaan om 2016 se vertraagde produksie op te vang.

Ek moet ook dalk noem dat bykans elke geweer se tyd wissel vir aflewering en die eenvoudige rede is maar net dat amper elke geweer iewers scroll of graveering moet by kry en dat ons huidiglik beperk is tot 4 graveerders in SA. Hierdie 4 graveerders moet ander wapensmede se werk ook doen.

Hoop dit help
Last edited by Ralph Badenhorst on Wed Jan 04, 2017 11:11 am, edited 1 time in total.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1835
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Rudi Fischer »

As Ek so terug kyk in die argiewe , lyk dit vir my of daar dalk kwade gevoelens is van Pappabeer teenoor RB.
RB kan nie n comment maak sonder om gekap te word nie.

Van my kan af ... RB het al gewere vir my gebou en Ek was dood gelukkig met die diens en vakmanskap.

Op hulle dubbel Kant, (die een wat ek hanteer het) was vir my aan die swaar kant (500NE) maar neem aan dit is om "felt" recoil te verminder
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Ralph Badenhorst »

Rudi Fischer wrote:As Ek so terug kyk in die argiewe , lyk dit vir my of daar dalk kwade gevoelens is van Pappabeer teenoor RB.
RB kan nie n comment maak sonder om gekap te word nie.

Van my kan af ... RB het al gewere vir my gebou en Ek was dood gelukkig met die diens en vakmanskap.

Op hulle dubbel Kant, (die een wat ek hanteer het) was vir my aan die swaar kant (500NE) maar neem aan dit is om "felt" recoil te verminder
Rudi

Ek't dan vir jou goeie nuus vir 2017

Loer hierna
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1835
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Rudi Fischer »

Hi Ralph
Soos Oom Tripod hier bo gese het.
Julle bou wat die klient wil he. As hy n swaarder gun met meer houd op seker plekke wil he, Kan julle maar net aan beveel maar dit is die man wat betaal se reg om die gun so te he.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by kopskoot »

Ralph Badenhorst wrote:
kopskoot wrote:Lyk my Ralph tel nog ? :D

Wat kos Ralph se dubbels? Kom ons sê, 'n entry level een, met ejectors, maar sonder al die bells and whistles. Soos bv Verney se ph model? In bv 500NE
Jammer man :laugh:

So na die pryse loer amper 40% goedkooper - oja en dit is n Sidelock
Dankie Ralph, maar ek het nou nognie n idee, wat jou geweer kos nie?

Dis nogal indrukwekkend, dat julle 16 dubbels per jaar kan uitsit, veral terwyl julle ander gewere ook bou. Ek het onlangs gehoor, dat S&O verkoop omtrent 50 per jaar, tussen VC en Heym.

Ek weet ook Verney bou net 90 per jaar.

Sit bietjie n paar fotos van julle dubbels op(so deur die proses van aksies en lope en houtwerk ens) altyd interresant om te sien hoe die mooigoed gemaak word.

Groete
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by joe rocket »

Wanneer mens n dubbel bou vra jy nie prys nie, jy onderhandel n prys.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by Bushwack »

joe rocket wrote:
kopskoot wrote:Net een ekstra dingetjie ( waarvan ek met my geleerde vriend verskil)

n Dubbel sonder ejectors is soos n boomerang wat nie terug kom nie ( n f...n stok)

n Dubbel MOET ejectors hê. Daars baie ander dinge waarvoor jy konsentrasie nodig het, doppe uitgooi/uittrek, is deffenetief nie nodig nie.

Daai is baie waar as n buffel storm is daar min tyd.
glo my, as jy NIE daai buffel op die grond het met daai 2 patrone in die lope nie, gaan jy in elke geval nie tyd het vir weer laai nie...
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
BandK
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Sun Aug 07, 2016 3:06 pm

Re: Merkel dubbel gewere.

Post by BandK »

Ek sal nogal hou van 'n "RB bende" draad dan kan die manne wat van hulle het bietjie daar spog - my mond water en g@t jeuk om deur te ry en kyk wat RB het om te offer


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply