Merkel dubbel gewere.
-
JVT172
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am
Re: Merkel dubbel gewere.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=133&t=26298
Hier is my 416Rigby gebou deur RB.
Het ook n 375H&H deur hom gebou.
Sal hopenlik die jaar ook n dubbel bestel.
Hier is my 416Rigby gebou deur RB.
Het ook n 375H&H deur hom gebou.
Sal hopenlik die jaar ook n dubbel bestel.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
More Manne. het julle al gekyk na Blaser en Sabatti dubbels. Eks nie n groot aanhanger van die Sabatti dubbels nie maar wel Blaser. En hoe is alby geprys? Is dit dalk n opsie?
Groete
Gerhardu
Groete
Gerhardu
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Die Blaser is na die beste van my wete nie meer in produksie nie.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Dankie Johan. Ekt regtig van hulle gehou. Het n paar jaar terug na een gekyk ek was verbaas. Dit was een met 458 lott loop op en dan het jy n .300WM loop saam gekry.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13655
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Daai Blaser S2 het te veel plastiek parte gehad in my opinie...
Goed, beter, 6millimeter!
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Yip, die S2 het sulke snaakse rubbers tussen die lope en ribs gehad. As hy mooi warm geskiet was het die goed begin uitpeul. Net so goed mens maak die spulletjie met `n paar self-tappers vas.
Ek verstaan ook daar was ernstige kwessies oor die S2 uit `n veiligheidsoogpunt in die US gewees.
Ek verstaan ook daar was ernstige kwessies oor die S2 uit `n veiligheidsoogpunt in die US gewees.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Nee jinne manne. Lyk my as jy n ordentlike dubbel wil koop moet dit in jou drome wees. Daar is nie baie opsies nie. haha!
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Pêl van my het n Sabatti gehad. Hy was baie gelukkig met hom. Het goed ge "regulate" en ens.
Die Blazer het ek n paar keer hanteer en geskiet. Op 25 treë kon ons nie 2 skote op n A3 teiken kry nie. Die eienaar het toe n ander een gekry, en toe kom die lope los, waarna hy toe maar halt geroep en sy geld terug gevra het.
In my opinie was die blazer vreeslik "barel-havy" wat dit nogal irriterend maak as jy die ding moet ronddra of uit die vuis uit skiet.
Kriegghof maak nie slegte guns nie, alhoewel ek nie mal is oor die cocking meganisme nie, en dan is daar die kwesie van die agente, wat eenvoudig net ondraaglik is om mee te probeer besigheid doen!

Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
kopskoot
die blazer gewere waar word hulle gemaak
die blazer gewere waar word hulle gemaak
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
As ek na jou naam kyk, is dié n stirkvraag, maar sovêr ek weet, Duitsland
Last edited by kopskoot on Thu Jan 05, 2017 12:56 pm, edited 1 time in total.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
O , sien nou my spelling is verkeerd!blaser wrote:kopskoot
die blazer gewere waar word hulle gemaak
Jammer man. Asb aanvaar tog my opregte verskoning!
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
ja grappie maar n blazer is n ding wat jy dra
verskoning aanvaar
verskoning aanvaar
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Ken jy vir oom Gerard?blaser wrote:ja grappie maar n blazer is n ding wat jy dra
verskoning aanvaar
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
blaser wrote:ja grappie maar n blazer is n ding wat jy dra
verskoning aanvaar
Klink of mens tog 'n Blazer/Blaser dra.kopskoot wrote: In my opinie was die blazer vreeslik "barel-havy" wat dit nogal irriterend maak as jy die ding moet ronddra of uit die vuis uit skiet.
!
As Sako nou net 'n dubbel gemaak het dan was KS nou in sy noppies.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1881
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Julle Jaracal manne weet julle kan nie suppressors op Dubbels sit nie ne ?
Ha ha ha, grap net
;-)
Ha ha ha, grap net
;-)
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
kopskoot
praat jy van oom punt/koeel
praat jy van oom punt/koeel
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13627
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Carl wrote:blaser wrote:ja grappie maar n blazer is n ding wat jy dra
verskoning aanvaarKlink of mens tog 'n Blazer/Blaser dra.kopskoot wrote: In my opinie was die blazer vreeslik "barel-havy" wat dit nogal irriterend maak as jy die ding moet ronddra of uit die vuis uit skiet.
!
As Sako nou net 'n dubbel gemaak het dan was KS nou in sy noppies.
Jis my ratte sal self bq gly
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 986
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Ja ek weet die Big Bore ding spook nou by jou.Capt. Oblivious wrote:Carl wrote:blaser wrote:ja grappie maar n blazer is n ding wat jy dra
verskoning aanvaarKlink of mens tog 'n Blazer/Blaser dra.kopskoot wrote: In my opinie was die blazer vreeslik "barel-havy" wat dit nogal irriterend maak as jy die ding moet ronddra of uit die vuis uit skiet.
!
As Sako nou net 'n dubbel gemaak het dan was KS nou in sy noppies.
Jis my ratte sal self bq gly
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Rudi moet asb nie van die manne hier idees gee nie!!!Rudi Fischer wrote:Julle Jaracal manne weet julle kan nie suppressors op Dubbels sit nie ne ?
Ha ha ha, grap net
;-)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Kan die kenners bietjie vir ons leke hulle opinie hier gee oor "sidelock" vs "boxlock". Voordele en nadele?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Martin, n Goeie Boxlock staan nie vir n oomblik terug vir n sidelock nie. In my opinie, en dit is persoonlike smaak, is een van die Webley & Scott PHV1 of Screw-grip boxlocks wat deur meeste britse wapen vervaardigers gebruik is om op te bou, met n stel Southgate ejectors die geweer om te hê. Hy prys aansienlik minder as n sidelock uit London en in funksionaliteit en betroubaarheid is daar geen verskil nie.Smitstertjies wrote:Kan die kenners bietjie vir ons leke hulle opinie hier gee oor "sidelock" vs "boxlock". Voordele en nadele?
Hand detachable sidelocks is natuurlik maklik om oop te maak en in die dae wat jy met n stel spaar locks afrika toe gekom het kon jy dit in die veld vervang, sou n lock breek. n Funksie wat myns insiens redelik dormant is tans. In terme van versamelaars waarde is die top sidelock gewere nog altyd voor.
Daar is natuurlik die uitsondering soos die Westley Richards Droplock wat n Boxlock is met detachable locks. n Absolute meesterstuk van ingenieurswese.
Passop vir goedkoop Sidelocks, wat in der waarheid n Boxlock meganisme op n (gewoonlik) Monoblock aksie is met sideplates, om dit soos n sidelock te laat lyk.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Ook. Ter interresantheid. Kyk hoeveel dubbels te koop oor die laaste 4 jaar op Guntree was Meekel en Sabatis, wat vir aansienlik minder verkoop het as hulle nuwe prys
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Die is my een droom wat nie sal realiseer nie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Vertel meer asb!alecjohnson wrote:Die is my een droom wat nie sal realiseer nie!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Die sidelocks is afstammelinge van die hammerguns van ouds. Van die mid-1870’s af het een of ander Engelsman die idee gekry om die hane aan die binnekant van die aksie te monteer vir `n slanker geweer en die moderne sidelock soos ons hom ken gebore. Soos die naam impliseer is die bewegende gedeeltes van die aksie op plate gemonteer met “pins” en `n “bridle” wat die hele spulletjie aan elke kant laat oplyn en in gelid laat werk het. Die plate met die mainsprings, hamers, ens is vasgeskroef aan weerskante van die aksie = “side”lock. Die plate (“sideplates”) het goeie plek gebied vir gravering ook.
Daar is twee tipes sidelocks, “back”action en “bar”action. Die verskil kom in waar diemainspring gemonteer is. By die back-action is die mainspring agter die “tumbler” (die as waarop die hamers skanier) gemonteer. By die bar-action is `n spasie vir die mainspring uit die “bar” (die plat gedeelte onder die kamers) gesny. Teoreties is die back-action sterker en sommige vervaardigers (veral H&H) het hulle verkies vir dubbel gewere. Meeste Engelse sidelocks, veral haelgewere, is egter bar-actions. Met moderne staal is die argument grotendeels akademies.
Boxlocks het ook in die 1870’s ontstaan en die oorspronklike patent was geregistreer in die name van William Anson en John Deeley, beide Westley Richards werknemers. Die idee was om `n aksie te maak wat hom meer tot massaproduksie geleen het as die tipiese sidelock (sidelocks het baie hande-arbeid geverg om behoorlik te maak, en tyd was nog altyd geld). Die gedeeltes in die boxlock wat saak maak is of onder die kamers in die romp van die aksie gemonteer of net agter die romp onder die hout. Dit het die aksie `n redelike vierkantige beeld gegee, derhalwe die benaming “boxlock”.
Alhoewel die boxlocks aanvanklik bedoel was om goedkoper wapens te wees het die teendeel gou begin ontstaan. Westley Richards en Greener se duurste gewere was vir jare boxlocks gewees – inteendeel, `n 12-boor Royal Grade Greener Facile Princeps (hulle naam vir hulle eie boxlock variant) was voor 1914 duurder as `n 12-boor Purdey sidelock. Westley Richards se Model C boxlock was ook nog nooit goedkoop nie en het nog altyd vir groot geld verkoop, nuut en tweedehands. Benewens Greener en WR het Webley & Scott en `n paar ander ook baie mooi boxlocks van uitstekende kwaliteit gebou, soos Dewald genoem het.
Daar was ook `n derde tipe aksie, die sogenaamde “trigger-plate” of “round” aksie. Dis `n ou Skotse patent, ook uit die 1870’s (as ek reg onthou) en hier is die vitals, saam met die snellers, op `n plaat gemonteer wat onder in die romp van die aksie in pas. Omdat daar minder staal uit die romp weggesny hoef te word is die aksie teoreties sterker as `n boxlock – teoreties. Dis ook moontlik om die wande van die aksie effens af te werk en die aksie sodoende `n ronde beeld te gee, wat nogal elegant kan lyk. Dus – “round” action. Meeste Italiaanse OH haelgewere (bv die Beretta 686-reeks) is op round-actions gemaak, en die VC dubbels work ook op `n aangepaste round-action gemaak. David McKay Brown in Skotland maak round-action S/S en OU gewere en haelgewere waarvoor ek my vrou BAIE oortyd sal laat werk…
Soos Dewald ook genoem het, bly weg van goedkoop sidelocks (inteendeel, enige soort van “cheap” dubbel, eintlik). Wat goedkoop is of nie is seker relatief maar daar is `n paar shockers daar buite.
Daar is mooi illustrasies van al bovermelde ontwerpe in WW Greener sowel as Oubaas Burrard se boeke.

Last edited by Johan van Wyk on Fri Jan 06, 2017 2:04 pm, edited 1 time in total.