Ek dreig al lank om 'n PCP te koop, maar die pryse van R10 000 en baie meer het my afgeskrik. Ek het dus begin loer na Youtube videos waar verskillende make getoets is - beide op papier en in die veld op lewendige prooi.
Die Predator, Artemis en nog baie meer name in baie lande is almal die PR900W wat deur Snow Peak Factory in Sjina vervaardig word. Amper soos Mazda en Ford se produkte.
Ek het besluit om te soek na 'n verskaffer in RSA en vind toe 'n aanlyn webtuiste in KZN. Bestel hom toe gistermiddag so by 16h00 en wragtag word hy vanoggend voor 12h00 by die huis afgelewer. Het hom kom beloer na ek my werk buite onderbreek het en is baie beindruk met die ligte geweer met enkelskoot sowel as 7 skoot magasyn.
Die geweer is in 5.5mm en was redelik vol gelaai by ontvangs. Ek het deurgery na 'n geweerwinkel in Vanderbijlpark en het daar 'n stel Gamo ringe monteer en 'n ou Leupold 4-12 opgesit. Op pad terug huis toe het ek by 'n vriend aangery wat twee aangrensende plotte besit. Ons het binne 'n ou hoenderhok geskiet met 15gr Gamo koele en binne so 10 skote was ons binne 10mm op so 15m. Meer skote op amper 30mm het 'n groep van so 1 duim laat realiseer.
'n Paar duiwe in omliggende bome het ons aandag getrek en 3 raakskote het gevolg met een omvalskoot.
Ek is baie tevrede met dit wat ek sover gesien en ervaar het. Ons het oor 'n 210l drom as rus en in die staan posisie geskiet. Sneller het 'n redelike lang voortrek, maar het baie skerp gebreek. Die silinder van 200cc gee so 40 akkurate skote vanaf sy maks druk. Daarom my versoek vir die duikbottel. Nou dat ek een het kan ek rustig gaan jag.
Ek dink ek en die' klein geweertjie gaan nog 'n baie lang pad saam loop. Google die nommer van die geweer en julle sal baie inligting kry.
PCP Windbuks - PR900W
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
PCP Windbuks - PR900W
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: PCP Windbuks - PR900W
Met die kinders by die huis oor die vakansie tydperk het ek dieselfde geweertjie aangeskaf vir my meisiekind van 7 jaar om mee te begin skiet. Ek was aangenaam verras met die geweer en ek het hom amper meer as sy geniet. Sy kan al 'n Coke blikkie hou vir hou raak skiet op 30m en ek het selfs tot op 50m met gemak die skote binne 'n tennis bal gehou.
Geniet die geweer oom Tripod, ek weet ek en my meisiekind gaan nog baie Saterdae op die skietbaan deur bring met die geweer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Geniet die geweer oom Tripod, ek weet ek en my meisiekind gaan nog baie Saterdae op die skietbaan deur bring met die geweer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: PCP Windbuks - PR900W
Oppas vir windbukse - die goed is erg verslawend. Speel bietjie rond met verskillende soorte vervaardigers/gewigte koeëls en die groepe krimp. Ek het so jaar terug begin veld teiken skiet, net om my oog in te hou was die verskoning aan die ander helfte. Nou ja 12 maande en 3 windbukse later en ek soek nog
Skiet bly maar lekker
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: PCP Windbuks - PR900W
Ek glo mos niks sonder fotos nie! Oom Marius baie geluk! Mag hy oom duisende skote se plisier verskaf! Maar gooi vir ons n fototie dan n man kan sie hoe lyk die windstok!
Groetnis
Groetnis
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: PCP Windbuks - PR900W
Lekker geweertjie.
Probeer JSB se 15gr of 18gr koeeltjies in hom. 90% kans dat die groepe sommer die helfde kleiner sal wees.
Probeer JSB se 15gr of 18gr koeeltjies in hom. 90% kans dat die groepe sommer die helfde kleiner sal wees.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: PCP Windbuks - PR900W
Self so een en dis 'n lekker speelding! 15gr koeeltjies werk lekker in myne!
Aim small, miss small
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: PCP Windbuks - PR900W
Hier is 'n foto van die buksie.
Jammer, oor my ongeverfde toonnaels - Cutex is klaar.
Jammer, oor my ongeverfde toonnaels - Cutex is klaar.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sparky
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Sat Apr 05, 2014 6:31 pm
Re: PCP Windbuks - PR900W
Hallo Oom Tripod.
Wat het die geweertjie gekos en die scuba bottel as ek mag vra.
Groete
Wat het die geweertjie gekos en die scuba bottel as ek mag vra.
Groete
-
Yogi
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am
Re: PCP Windbuks - PR900W
Sit vir hom silencer op, jy sal nie die verskil kan glo nie.
Hierdie geweertjies klap baie hard sonder een.
Hierdie geweertjies klap baie hard sonder een.