Is daar van julle jakals jagters wat "Sequencing" gebruik? Ek weet nou nie of ek dit die regte naam gee nie, maar dis waar jy 'n "sequence" op maak wat uit klomp klanke bestaan, met stiltes in gesluit.
As daar 'n topic dit reed bespreek sit dit asb hier.
Sequencing
- jakkat
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Sat Sep 26, 2015 8:35 pm
Re: Sequencing
ek weet dit is dalk biedjie laat om nou te antwoord maar ek het n haas klank op my roeper wat skree met stiltes in, probleem met dit is jou omstandighede is nie altyd die selfde nie soms moet jy meer "improvise" as jy verstaan wat jy bedoel
22-250 sako
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag
Aim small miss small
your problem is my profession
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag
Aim small miss small
your problem is my profession
-
GERHARD 3
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Wed May 14, 2014 3:11 pm
Re: Sequencing
Persoonlik dink ek moet n jagter nie in n gestagneerde roepmetode val nie. Dit word eentonig en gevaarlik. Ek wil graag verduidelik en is oop vir kritiek. Senario een is dat jagterX roep al 2 jaar op sy kliente se plaas en suksesse het afgeneem ondanks die feit dat hy elke 2 maande rustyd bied. Sodra enige ander jagter inkom om hom te help of die klient kry n ander jagter is daar skielik sukses. Kom ons neem aan die jagter X se roep metode en klanke bly op sy roeper vir 15 maande of langer...
Die feit dat jagter Y of enige ander jagter sukses kry is bloot n feit van verandering. Verandering van klanke en roep metode wat volume en stilte en klanke betref is die antwoord tot nuuskirigheid by vlekkie.
Dan , tye van die jaar bepaal ook watse klanke mee begin moet word. In my oge is daar so 3 hoof tye en 4 veranderinge tye wat dit noodsaak om klanke te verander...
Jan maand , 2 weke vroeer en tot voor Feb werk vir my deur geen kos te speel maar kleinjak distresse en jong jakke wat skree. n Haas laat hulle weg hol.... Feb Maart en April werk weer lekker deur met kos te begin, dalk die Maklikke tyd. Ek se Dalk want soos ons tans jag is die hele jaar moeilik.
Tyd perk 3: April se einde en Mei en Junie is paartyd gevolg deur dektyd en Augustus word neste en gate behoorlik gemerk en toe geeein vir die kleinjies. Daar begin enkel jak klanke mooi te werk as jy weet wat op die plaas aangaan anders weereens kos.
Tyd 4: Sept en Okt tot November is die ouers baie beskermend en kerngebied vas en enige indringer sal moeilikheid kry maar ook kos is n verskriklikke aantrekking. Dit raak wel moelikker omdat ek agter gekom het dat die Haas klanke of kos selfs die ouers terug gate toe dryf. Oorroep of aangepas by die bedreigende jagter.??
Dus ; om die gedrag van die jakkals in sy gebied te bestudeer en beter te leer ken en neste en gate op GPS te plot help baie om jou roep klanke en metode aan te pas wat dus nie vir jou as jagter in n "sequence" sal laat val nie.
Groete, Gerhard