Die een wat ek gekoop het is die Delta flits en werk met 3 D selle. Hy gee 250 Lumen. Ek wil net vir die manne laat weet daai flits SKYN die MAGLITE met LED onder die tafel in. Die MAGLITE 4 sel is slegs 114 lumen
en kos amper R500 hier by ons. Die Delta is nou op spesiale aanbod vir R320 by Trappers. As iemand in die mark is vir 'n flits, doen die moeite en gaan kyk net na daai tipe flitse met die CREE LED in. Daai flitse is in 'n ander klas, maak nie saak watter maak nie. Al die CREE LED's kom van CREE in Amerika en word dan net in verskillende flitse geplaas. Die LED is die geheim verstaan ek.
Maak net seker dis die CREE LED en nie die LED's wat soos gewone LED's lyk nie. Party flitse het sommer so 5 of meet LED's in maar dis nie hulle nie. Die Cree LED is 4 kantig, plat en kleiner as 'n vuurhoudjie kop, maar hy skyn mooi wit en 'n tonnel in die donker.
Sal kyk of ek 'n foto kan plaas.

