Hoeveel Roeprs???

Post Reply
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

Hi

Wil graag van die GROOT manne hoor of van hull meer as een roeper gebruik.

Ek gebruik tot 3 FX3 roepers gelyktydig. Almal is met presies dieselle klanke gelaai en ek hanteer almal van een remote/transmitter af.

Ek plaas een reg windop vanaf die voertuig, met een 90 grade links en een 90 grade regs, sodoende kan die wind 180 rade verander en het ek steeds een roeper wat nog in n dwarswind posissie staan.

Ek gebruik ook die roepers om twee jakkalsklanke tegelyketyd te speel, en het al n keer of twee so sukses gehad met skelm jakkalse wat nie wou komit nie. Het ook al n jakkals of twee, wat baie naby aan onderkant van die wind ingekom het, se rigting verander sodat hy meer windop geswenk het. Speel ook partykeer n jakkals klank en n haas/bok distress klank gelyktydig.

Laat weet of da nog manne is wat al hiermee ge-eksperimenteer het, en wat julle bevindinge is.

Mooi bly
Francois

NS. Hoop die post is onder die regte hofie, as nie, kan een van die moderators tog regmaak ASB.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Louis102 »

Francois

Ek het 'n tyd gelede die selfde vraag gevra (kyk onder tafjaktips en vrae).  Die reaksie was maar skraps.  Gebruik tans die selfde plan, maar dit is nog te kort om te s? of dit werk aldan nie.

Sal dus ook wil hoor wat die manne s?.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by tafjak »

My kop is so plat dat ek deur my tanne moet loer. Het ook 2roepers, gebruik net een op 'n slag, ander een is vir bystand. My staanplek is maar my geheim tot sukses en wil nie graag 'n situasie skep waar te veel dinge kan skeef loop nie.

Fair enough, as jy kan kop hou reken ek ook dat 2 of meer roepers kan werk.

Groete en lekker jag.

Taffie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

Taffie

Ek gebruik as n reel ook net een roeper, maar sit gewoonlik almal uit, vir as ek die ander sou nodig kry.

Moet jou se, in die begin raak die knoppe baie, maar jy vind gou uit wat werk en wat werk nie. Met bietjie practice is alles gou-gou perfect. ;D ;D ;D

Mooi bly

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by WillJak »

Ek is nie een van die Groot manne nie en ek het net een oooouuuu roepertjie, so eintlik behoort ek my bek te hou, maar ek sou graag twee roepers wou probeer op 'n kol. Oor die twee klanke op verskillende roepers - ek doen maar die arm man se alternatief - ek meng die klanke op 'n sagte ware programmetjie - en dit werk nogal
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Louis102 »

Wiljak

Watter sagteware program gebruik jy?

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by WillJak »

Louis, ek gebruik "Audacity" - dis gratis, werk maklike en het baie opsies oor wat mens kan doen met hom.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
tafjak

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by tafjak »

Francois

Jy het 'n baie goeie punt daar beet, ek like die idee dat almal dieselfde klanke ophet. Ek glo dit is al manier/metode as jy 2 of meer roepers gebruik. Ek het twee, maar gebruik net een en sit die ander een ook uit as ek reken die batterye is dicey.

So aand of wat gelede sit ek die roeper rofweg 120 meter op die 2 uur posisie, teef kom in van die 12 uur en begin sirkel kloksgewys, skiet haar binne 60meter op my 5uur. Reun kom in van 4uur en beweeg dadelik na reg onder die klank, toe hy die lig ervaar begin hy die lig werk en ruik my toe op 220 meter. Wind was in die omgewing van 10-15km/h. Ek was nogsteeds gedek as hulle van die 10 en 7uur rigting af in gekom het. Jakkalse wat in sterker wind inkom beweeg sou gou moontlik na windaf rigting van klank. Omdat reun van v?r (300-400meter) af die klank gewerk het, sou hy my nie regtig kon ruik tot so 230meter van my af nie, al het hy van die 7uur af ingekom.
Let wel dat ek nie geroep het toe ek jakkals op my windaf kant opmerk nie, maar net met baie flou lig hom dopgehou het totdat hy binne skietafstand was nie.

Doen wat vir jou die beste werk.

Groete en lekker jag.

Taffie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

Taffie

Ek stem met jou, as die jakkals eers onder jou wind is moet jy maar stilbly en hoop hy is al naby genoeg vir n skoot.

Wat ek bedoel met sy rigting verander is dit: Gestel wind kom van 12 uur, jou no1 roeper staan op 12 uur 100m weg . Jy roep, J kom van 4-5 uur maar ver, as hy bly inkom gaan hy onder jou wind kom, nou begin jy met roeper 2 roep, wat 100m weg op 3 uur staan, sou die J tot onder roeper no2 se wind kom, gaan hy nog nie jou wind kry nie.

Moet ook by se, ek het al n paar (reun en teef) gehad wat van reg windaf ingekom het asof ek nie eers bestaan het nie.

Hoe meer dae hoe meer dinge.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by WillJak »

Francois, jy weet ou Taffie se altyd "Vlekkie stel jou nooit teleur nie" - soos jy weet, daar is nie 'n ding soos "dit werk altyd of dat werk altyd nie" - daar is goed wat die meeste van die tyd werk, maar omtrent niks werk altyd nie - hy gaan jou verras!! Ek het self al daai ding gesien wat jy noem - ek het een aand opgestel, 5 minute gewag en toe begin roep - Ou Vlekkie 9 het nog nie eers mooi opgewarm nie toe skrou die jakkalse, hulle is so naby my, reg agter my en reg windaf ek skrik myself simpel, sit die roeper dadelik af, wag so 10 sekondes, haal diep asem en draai om - hier kom die twee lekker langs mekaar aangedraf, reg onder die wind en so 70m van die Landy af!!

Van ek gestop het tot die twee af was, was presies 7 minute. Nou moet ek ook byse dat dit twee jonges was - hier in Desember 2008, ou jakkals sal nie sommer so onder jou wind ingedraf kom en bly indraf nie.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Christo »

Francois

Klink vir my ons gaan eindig by surroundsound een van die dae.  ;D ;D

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

Christo

Ons is vinnig oppad soontoe

WillJak

Ja, dit werk partykeer so, een keer doan jy alles reg en kry nie die skoot nie, ander keer is alles verkeerd, dan skiet jy n "dubble"

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Pierre

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Pierre »

Naand manne

Ek het self vir lang tyd net met een caller geskiet en so paar maande(Februarie) terug een aand altwee
uit gesit om te kyk wat maak jakkals se kind as ek die klank van die een na die ander gooi.(spesifiek daai wat nie wil in kom nie)

Die aand het mooi begin loop so 4 binne 2uur geskiet elke keer 2 callers uit gesit maar net en gebruik.

Ek roep toe op n kol waar meneer mooi in kom en net gaan staan wil niks weet nie gaan sit plat op sy gat.

Sit caller 1 af hou jakkals dop in scope maar ver so +-350m ,wag so 5 tot 7min en sit klank weer aan by

caller 1 vir 30 sekondes(sefde haas klank) en sit klank dadelik weer af wag 30 tellings gooi klank oor na

caller 2 speel vir 30 sekondes en stop wag 30 tellins en speel jakkals vreet.

Ek wens julle kon dit sien,lyk of bom onder jakkals se gat ontplof hardloop 'FLAT OUT" kry hom amper nie

gestop nie toe hy naby caller 2 kom en skiet hom 70 tree van Cruiser af.

Weet nie of dit my luck is nie maar het nou al n paar keer vir my gewerk dis asof die jakkals

heeltemal deurmekaar is en hy nie lekker weet wat aan gaan as die 2de caller aan gaan nie neem

aan die fuit dat die klank skuif hy dink die haas beweeg en nou ewe skielik die ander jakkals

hom "trugger"

Skiet nou permanent met 2 callers elke keer as ek uit gaan.

Hoop dit werk vir julle ook.

Lekker jag.

Pierre
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

Pierre

Het jy ook jou roepers met die selle klanke in die selle no volgorde gelaai??? D. w. s. klank no 15 op roeper 1 is die selle as klank no 15 op roeper 2. Dit is al wanneer dit vir my werk, maak die kophou soveel minder. Bly om te sien nog manne het dit al probeer.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by JACQUES BOTHA »

YIP DIE 2 ROEPERS KAN GOED WERK, MAAR EK DINK DAN MOET JY KONSENTREER MY VRIEND...EN OPLET IN DIE KLAS....
WANT AS JY 1 REMOTE SENDER GAAN GEBRUIK, SAL JY MOET ONTHOU OP WATTER EEN JY IS....EN AS JY 2 REMOTE'S GAAN GEBRUIK MOET JY WEET WATTER EEN IS NR 1 OF 2 OF WATTER EEN IS L OF R...EN OP WATTER NOMMER WIL JY NOMMER 1 HE EN WATTER NOMMER IS NOMMER 2.......
DIS DALK TE VEEL OM TE ONTHOU VIR N OU SOOS EK WAT NET VERLANGS ,,BAIE VERLANGS VAN ALBERT EINSTEIN FAMILIE IS...
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by Francois Marais »

J

Nee, ek gebruik FX3 roepers, met net een remote, en n toggle switch om tussen die roepers te kies. Twee remotes gaan n man deurmekaarmaak, vir seker.

Mooi loop

Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Hoeveel Roeprs???

Post by JACQUES BOTHA »

MMM FM
NOU MOET MENS NET ONRHOU WATTER EEN IS OP SILENT EN WATTER EEN WERK EN WATTER KANT TOE SI DIE TOGGLE SWITCH NE...EK SAL GRAAG MEER AS EEN WWIL GEBRUIK MAAR EK SAL NIE KOPHOU WAT WAAR AANGAAN NIE...EK VEGREET DAN SKOON OM  FOTO'S TE NEEM  EN EK VERGEET OM GPS TE DRUK  EN VERGEET OM TE RANGE ... AS DAAI MANNE INKOM IS DIT EK DIE REMOTE EN DIE LIG EN DIE KRUISHAAR WAT INTIEM EEN WORD EN KONSENTREER DAT DIE SKOENVETERS NIE TEEN MEKAAR RATTLE SOOS EK BEWE NIE.....DIS DAREM NIE SO ERG NIE. MAAR DAN KONSENTREER EK OP EEN DING OP N SLAG ..DOWWE LIGGIE  EN OGIES IN DIE SCOPE....HELDER STEL EN KADOEF ...WEER MIS ;D ;D ;D ;D EN SOMS RAAK
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply