PROBLEEMDIER BEHEER

Kontak besonderhede van Jagter
Post Reply
Knippie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 73
Joined: Fri Feb 10, 2017 11:37 am

PROBLEEMDIER BEHEER

Post by Knippie »

PROBLEEMDIER BEHEER Die professionele jakkals jagter Deur Dawie Malan

Dis Dinsdagoggend, kwart oor vyf. Die voorman het weer die boer kom roep. “Kom vinnig asseblief, Meneer.” Die plaaswerker is kort van asem. “Daar lê nog ‘n lam. Een met ‘n halsband.”

Die boer weet presies wat gebeur het. Hy gryp dadelik sy geweer. Hy weet die lam is nie dood nie. Die dier ly. Die hele nag al. Terwyl hy in die bakkie ry dink hy: “Nog ‘n lam. Nog R900. Nog‘n jakkals wat hy nie kan vrekskietnie. Nog ‘n bonus wat hy nie vir ‘nwerker kan betaal nie.” As dit so aangaan, sal hy móet verkoop.Hierdie toneel speel ‘n paarkeer elke dag op verskeie plaseaf. En nie net skaapplase nie.Beesboere, wildboere, perdeboere,volstruis- en pluimveeboere verloor daagliks duisende rande omdat die jakkalspopulasie in Suid Afrika besig is om hand uit te ruk. In die ou dae was daar regeringsgedrewe jakkalsjagte, soos Oranjejag, wat jakkalsgetalle onder beheer gebring het. Daar was aansporing skemas wat ‘n bedrag per jakkalsstert uitbetaal het. Daar was ook georganiseerde jagte soos die Bredell-jag om boere se skade te beperk. Maar hierdie aksies is tot niet. En daar is nou baie grond wat in onbruik is. Grond waarop jakkalse en rooikatte aanteel en glad nie gehinder word nie. Groot oop vullishope en stortingsterreine, wat nie beheer en reguleer word nie, dra by tot die jakkalsprobleem. En die boere en grondeienaars loop deur… Die boer se enigste hoop is op die professionele jakkalsjagter. ‘n Eeu-oue bedryf, waar ‘n spesialisjagter homself toerus om die boer se verliese te beperk. Hoekom doen die boer dit nie self nie? Want boere het vinnig geleer dat ‘n slim jakkals geskiet word, half drie in die oggend as die kwik net suid van minus 4 grade Celsius lê. Verskillende maniere van jakkalsjag Jakkalse word beheer deur verskillende metodes te gebruik. Een daarvan is deur te lig en te skiet. Baie boere probeer die jakkalse met ‘n skietlig en ‘n geweer in die nag te skiet. ‘n Paar jakkalse sal so uitgehaal word, maar omdat ‘n jakkals so skelm dier is, word hy baie vinnig ligsku. Hy sal dan wegkruip vir enige lig of nie sy kop optel as daar met ‘n handlig op hom gelig word nie, en sodoende kan sy oog nie opgetel word nie. Die uiteinde is dat die boer dan sit met ‘n plaas vol slim of skelm jakkalse wat hom skade berokken, maar hy kan nie van hulle ontslae raak nie.Jakkalse word ook deur middel van helikopters uitgeskiet.
[attachment=0]GA Edition 21 HR_Page_18_Image_0001.jpg[/attachment]
Lees die volledige artikel hier: http://www.gunafrica.com/itemlist/searc ... ategories=
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply