Middel-klas teleskoop vergelyking

User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Ek wil kyk of ons so paar manne bymekaar kan kry op die skietbaan en die volgende teleskope kan vergelyk:

Middel Klas
Vortex PST 6-24x50 FFP- Hein22
Sightron S3 - Ben
Burris XTR - Ben
Rudolph 6-24x50 (FFP & SFP) - Stompe
Lynx LX3 - Lynx Optics
Leupold VX3 - Rasmus
Nightforce SHV 5-20x56 - Juan Sliep
Zeiss HD5 5-20x50 - Paul
Swarovski Z5 3.5-18x44 - Vlakvark Soldaat

High End

Nightforce NXS - Vlakvark Soldaat
March 3-24x52 - Geno


Op die dag toets ons: (julle is welkom om insette te gee oor wat en hoe dit getoets moet word.)

1. Glas kwaliteit, 100m tot 800m verskillende tye van die dag.
2. Scope tracking
3. Paralaks Sensitiwiteit
4. Duidelikheid van turret clicks
5. Field of View
6. Invloed van mirage op grootste vergroting
7. Eye relief

Indien iemand berreid sal wees om sy toerusting beskikbaar te stel dan kan ons die lys vol maak. Vir tracking toets sal daar ook 'n paar rondtes beskikbaar moet wees - ek sal teikens gee. Elke persoon teenwoordig sal geleentheid he om deur die teleskope te kyk en sy eie mening te gee volgens sy oë. Diegene wat kan help moet asb naby aan Springs wees, dan kan ons toegang tot 'n 300m baan he. Sodra die lys vol is sal ek met almal reel vir 'n gepaste datum.

Ek sal reel vir 'n vuurtjie op die dag dan kan ons sommer braai ook.

Manne wat sover deel vorm van die toets:
1. Hein22
2. Stompe
3. Ben
4. Vlakvark Soldaat
5. Rasmus
6. Paul
7. Theo
8. Juan Sliep
9. Christie Marais
10. Ruan
11.
12.

Toets vind plaas in Delmas op die 18de Maart.
Last edited by Hein22 on Mon Mar 13, 2017 9:23 am, edited 46 times in total.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Eugene »

Hein, ek dink op 300m en in goeie kondisies, gaan die meeste scopes maar baie dieselfde "lyk". Ek sou eerder 'n toets op bv 800m tussen 12h00 en 14h00 wou sien.... Dis maar my 2c.
Aim small, miss small
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Ek het net nie toegang tot so lang baan nie. So as jy of iemand anders weet van 'n baan wat beskikbaar kan wees en dit so kan reel dan doen ons dit so.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by JacquesT (Stompe) »

Ben het 'n S111 ook Hein. Sorry ek saal hom nou hier op sonder dat hy weet, maar dis reg.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Ek sal sy naam afhaal as hy nie kan help nie. As daar ander scopes is wat die manne op die lys wil sien moet hulle net se, natuurlik scopes in dieselfde klas.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Eugene »

Hein22 wrote:Ek het net nie toegang tot so lang baan nie. So as jy of iemand anders weet van 'n baan wat beskikbaar kan wees en dit so kan reel dan doen ons dit so.
Ek weet nie van sulke lang bane in die stad nie, behalwe miskien Bisley bane en die "army" is maar deesdae vol nonsens. Waarskynlik gaan so iets op 'n plaas erens getoets moet word, as julle regtig wil verder toets. Ek dink maar net terwyl julle nou die moeite wil doen, toets dit op 'n afstand waar jy regtig resultate gaan sien, aangesien min ouens hierdie tipe teleskope koop om net op 300m te skiet...
Aim small, miss small
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Ek stem saam. Wel, kom ons kyk maar of iemand dalk sal inspring wat plek het vir so iets...
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Eugene »

Hein22 wrote:Ek stem saam. Wel, kom ons kyk maar of iemand dalk sal inspring wat plek het vir so iets...
Ballistic Beast Skietbaan by Parys is 'n ou Bisley baan en seker redelik sentraal vir so iets en nie te ver uit die stad uit nie. Eks seker Jacques Theron het Leon se nommer en so iets kan maklik gereel word daar. Die baan gaan tot 1000m.
Aim small, miss small
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by JacquesT (Stompe) »

Ja eks seker ons sal Ballistic Beast kan reel. Ek wag net om te hoor van 'n ander persoon in Delmas wat ek nou gevra het.

Kan ons kyk na middel tot einde Maart?
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Klink reg vir my Jacques.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Gian_dP »

Druk n Snellen kaart uit om objektief te toets. Dis die kaart met letters/prentjies van groot na klein waarmee hulle jou oë toets. As jy met drukgrootte speel, behoort jy selfs op so 100m al te kan toets. As ek reg onthou, is die kaarte gestandardiseer op 3m en 6m. 6m kaart op 100m teen 15x vergroting behoort al verskille tussen die scopes uit te wys. Kan dit dan verder skuif as nodig is.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Sangoma (IAN) »

En cover dalk al die scopes met n lap of iets sodat daar geen name/fabriekate bekend is nie.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Ian, dit gaan dalk moeilik wees aangesien die scopes op gewere gemount gaan wees. Ons sal maar net op almal se eerlikheid moet staat maak. Ek het 'n lekker toets op PRB gesien wat ons op 100m kan toets.

100m - Kwaliteit & helderheid - Snellen chart en kontras. (http://precisionrifleblog.com/2014/07/0 ... ts-part-1/)
- Tracking toets
- Turrets & clicks
300m - Field of View
- Insette
800m - Field of view
- Insette
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by win270 »

Nooi iemand soos Koos Barnard wat al baie produkte getoets het en goeie insette kan gee waarna alles gekyk behoort te word. Net 'n voorstel...
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Het reeds so gemaak, dankie. Ek sal veral by die ouens wat ver (500m +) skiet wil hoor waarna hulle wil he ons moet kyk vir so toets. Ek skiet nie gereeld 800m ver nie.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Heinds »

Is bereid om Atacr ook in mix te gooi as julle belangstel net vir vergelyking. Dalk verras een van die ander scopes dalk? Laat weet gerus


Sent from my iPhone using Tapatalk
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek het Nxs 5.5-22x56. Stompe het my ook nou opgesaal... Laat weet net waar en wanneer.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Heinds wrote:Is bereid om Atacr ook in mix te gooi as julle belangstel net vir vergelyking. Dalk verras een van die ander scopes dalk? Laat weet gerus


Sent from my iPhone using Tapatalk
Heinds, thanks maar die ATACR is bietjie in 'n ander liga. Dankie vir die NXS - Vlakvark Soldaat.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Ranger »

Thanks guys, looking forward to reading the results
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by JacquesT (Stompe) »

Ok skietbaan is gereel. Nou kort ons nog so paar manne met die klas scopes.

Wat van 'n Zeis of 2?

Groete
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Rudie »

Sal 'n Burris Veracity in die klas val? Ek het een op my 260 Ackley wat ek in die mix sal gooi as dit naby Delmas gedoen word. Nie te vêr van my af nie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Last edited by Rudie on Tue Feb 28, 2017 8:24 pm, edited 1 time in total.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by LoopSoosStroop »

Ek het 'n HST as dit nie te intreevlak is nie. Geen geweer, maar iemand is welkom om hom te leen en saam te vat.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by JacquesT (Stompe) »

Ek dink die prys klas moet die bepalende faktor wees. Dink R11000- R22000 is seker regverdig? Gedagtes?
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Hein22 »

Yes Jacques, ek stem saam.

LSS, jy is welkom om jou HST te bring en deel te neem aan die toets. Ons sal dan nou net nie die tracking toets kan doen nie.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Middel-klas teleskoop vergelyking

Post by Vlakvark Soldaat »

Ek bring dan sommer n Swarovski Z5 3.5-18x44 ook. Gaan sukkel op lang afstande, maar glas is op ander vlak!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
Post Reply