375H&H loop lengte??
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
375H&H loop lengte??
Middag meneere ek dink daaraan om my 375H&H reg te kry as my bos werkgeweer, ek soek klaar n ander kolf en n aimpoint red dot sight, wat sal die beste lengte wees vir die loop. Hy is tans standaard dink dis 25" CZ zkk602 model. Wat sou julle doen om hom bosgereed te kry. Onthou hy moet werk so geen jammer voel ad ons nie, net hardebaard werk geweer. Ek gaan my 300H&H bietjie aandag gee en mooi maak.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 375H&H loop lengte??
Ek sou nie korter as 22 of 23" gaan.
My 404 is 24" en sy lengte het nog nooit gepla
My 404 is 24" en sy lengte het nog nooit gepla
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 375H&H loop lengte??
Om vanaf 24 af te gaan na 22 gaan so 100vps op jou nodes maak. Behoort nie doodsake te wees nie. As jou geweer akkuraat is met sy bestaande loop sou ek nie onnodig karring nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- rudib
- Hero Member

- Posts: 754
- Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am
Re: 375H&H loop lengte??
Myne is 22 en werk goed.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 375H&H loop lengte??
Ek het al 'n paar ZKK602 raakgeloop wat 22" lope op het. Al die eienaars is doodtevrede daarme. Moet sê hulle hanteer lekker.
Met gewone 300gn fabriekspatrone is die 375H&H 'n bietjie te vinnig na my smaak. Die effense spoedverlies van 25" na 22" gaan die trompspoed nader na 2400 fps toe bring wat naby aan ideaal is.
Met 'n Aimpoint RDS is 'n akkurate node seker maar van minder belang?
Met gewone 300gn fabriekspatrone is die 375H&H 'n bietjie te vinnig na my smaak. Die effense spoedverlies van 25" na 22" gaan die trompspoed nader na 2400 fps toe bring wat naby aan ideaal is.
Met 'n Aimpoint RDS is 'n akkurate node seker maar van minder belang?
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 375H&H loop lengte??
Oom Alwin, jy tel nogals verbasend maklik op as jy nie op node is met die Aimpoint nie.
As jy hom leer ken kan ñ man nogals mooi 1 gat groepies skiet
As jy hom leer ken kan ñ man nogals mooi 1 gat groepies skiet
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2106
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: 375H&H loop lengte??
Dankie Julle, dit sal beslis my laaste oorweging wees, so ek sal dit los as die akuraadheid en n goeie node op die spel is. Ek het saterdag n 458win mag gehanteer wat als het wat ek wil he en dit is beslis op die kaarte om ten minste die kolf en red dot te doen.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 375H&H loop lengte??
Vossie, tensy jy dag in uit in die bos rond loop met jou 375 sal die loop nie plae nie en ek sal veel eerder 'n barrel band laat op sit om die loop laer te dra oor die skouer as duim weg te vat op die loop.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 375H&H loop lengte??
Meeste gewere dra ook heel lekker met die loop ondertoe. (As jou nou 'n gortkat is, kan dit dalk pla.) Met 'n bietjie oefening is hy ook vinniger in die skouer, vanuit die dra-posisie. Wenk: Dra oor linkerskouer (loop ondertoe) en linkerhand op voorlaai (duim wys grond toe). Om in skietposisie te kom, sak linkerskouer (om draband af te glip), bring linkerhand op en vang pistoolgreep met regterhand.Frederik wrote:Vossie, tensy jy dag in uit in die bos rond loop met jou 375 sal die loop nie plae nie en ek sal veel eerder 'n barrel band laat op sit om die loop laer te dra oor die skouer as duim weg te vat op die loop.