The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by JoevR »

As ek nie kan slaap in die nag nie, dan lees ek soms ou jagtydskrifte. Ek kry toe die Suid-Afrikaanse Jagter, SA Jagters se tydskrif, van Mei 2016 in die hande. Onder op die voorblad is die opskrif ".458 Win Mag Enough tiger in the tank?" Op bladsy 48 is Johan van Wyk se artikel onder die opskrif "The somewhat controversial .458 Winchester Magnum". Dit is 'n uitstekende artikel wat, onder andere, die hele geskiedenis van die .458, en die gebruik van baie gewere in hierdie kaliber deur veral die wildbewaringsdepartemente van Afrika state, beskryf.

Die volgende aanhaling verskyn op bladsy 52:

"Handloading for the .458 is a very viable proposition as well. The best local propellants for the .458 are the medium-fast burning extruded S335 and S321, a ball powder originally developed for military use in the 5.56 NATO (.223 Remington). Being an extruded propellant S335 is more bulky and takes up more of the already limited case capacity. To counter this, some reloaders have developed duplex loads consisting of a bulky charge of S335 topped with a few grains of fast-burning S265. One reliable source quoted muzzle velocities approaching 2 200 fps with a 500 gr Hornady or Dzombo solid from a 24-inch barrel."

Die laaste twee sinne van bostaande aanhaling het my laat terugdink aan my eie ondervinding met 'n 1970 ZKK Brno met die lang 602 aksie en Org Hamman se dupleks lading in 2008.

Ek het die artikeltjie al vantevore op Jaracal geplaas. Ek het weer die teikens vanaf Photobucket "ge-upload".

Ek sal graag wil hoor of enige lede al hierdie duplekslading gebruik het in die jagveld op die wild waarvoor die .458 ontwerp is: dikvelliges soos olifante, renosters en dan ook buffels.

Hier is die afgestofte artikeltjie:

Ek het hierdie artikeltjie vir die Oosrand Tak van SA Jagters se maandelikse nuusbrief, "Kolskoot" geskryf:

"The March 2010 issue of South African Hunter magazine contains an excellent article on page 24 by Silva Scopulus with the title "Die Groot Menere: .458 Winchester Magnum". The .458 Win Mag got a bad reputation because it failed to deliver the claimed muzzle velocity of 2130 - 2150 ft/s with 500gr bullets. The British .450 cartridges achieved the +/- 2150 ft/s muzzle velocity (apparently with 28 inch proof barrels at the factory while the rifles used by hunters probably had shorter barrels) and got good reputations in Africa. Silva Scopulus's article shows that it does not make sense to sing the praises of the British .450 cartridges, including the .470 NE, while bad-mouthing the .458 Win Mag since these calibers all fall in the same +/- 2150 ft/s muzzle velocity range with 500gr bullets. According to Silva Scopulus, either you know how to handload the .458 Win Mag to achieve the claimed muzzle velocity, or you don't.  His article is silent on any details. So the question remains: how do you achieve 2150 ft/s with Somchem propellants?

The answer to this question comes from a little soft-cover book titled "The South African Hand Loader", Reloading Association of South Africa, 2002. On page 103, Org Hamman recommends a duplex load of S335 and S265, with 85 % of the load S335 and 15 % S265, for 500gr bullets.  Start load is given as 68gr and maximum as 70gr. Org claims to have achieved 2160 ft/s muzzle velocity, without signs of excessive chamber pressure. I decided to follow Org's advice, to see what muzzle velocity I can achieve with my 1970 Brno ZKK 602.

I used new Winchester cases, CCI 250 primers and 500gr Hornady soft point bullets. I ran the new Winchester cases through my RCBS sizing die and trimmed the cases to 63.3 mm. I calculated the duplex load as follows:

68gr: 57.8gr S335, 10.2gr S265
69gr: 58.7gr S335, 10.3gr S265
70gr: 59.5gr S335, 10.5gr S265

The intention of the faster burning S265 is to provide the required boost to up the muzzle velocity from 1999 ft/s (70gr S335, Somchem Ballistic Data Manual, November 2004 with 500gr Hornady FMJ) to hopefully +/- 2150 ft/s. I weighed the propellant with my RCBS Chargemaster electronic dispenser/scale combo. The S335 was dropped first in the case, with the S265 dropped on top of the S335. I seated the 500gr Hornady bullets to the cannelure (COL: 85.1 mm), and crimped the cases with the Lee Factory Crimp die. Loaded as such, the duplex load is compressed and mixing of the two propellants is probably limited. On 1 September 2008, I set out to the range, armed with my Chrony.

I set the target at 25 meters, rested the rifle on shooting sticks and from a sitting position, took a full bead with a six o'clock hold.

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0001-2-1.jpg

The first group was below the black square, so I decided to up my aim slightly, and I set the Chrony. Note the muzzle velocity on the targets:
                                                           
http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0002-1.jpg

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0003-1.jpg

http://i285.photobucket.com/albums/ll49/JoeJVR/scan0004-1.jpg

Needless to say, I am satisfied with the groups and the muzzle velocity of 2130 ft/s from the 70gr load. While visual inspection is not a reliable indication of chamber pressure, I can report that the fired primers were still rounded at the edge and the bolt not sticky on opening after the shot. In this instance, crimping with the Lee Factory Crimp die does not affect accuracy negatively from a hunting perspective, as opposed to a bench rest shooting competition perspective. Anyway, the crimped cartridge is robust and need not be carried in a protective box while hunting.

The only remaining problem with the ammo loaded as above, is compaction of the compressed propellant over time. I am going to load some ammo, store it for let's say 2 years, and then test it on the range. I will also pull bullets to visually inspect the propellant. The obvious solution for now is to shoot only freshly loaded ammo. The afternoon of 1 September 2008 was windy and chilly as usual.  The Chrony was +/- 7 meters in front of the muzzle. By placing the Chrony closer to the muzzle and on a warmer day, slightly higher muzzle velocities may be obtained. Should I worry to reach exactly 2150 ft/s? I think not. Should I go the Lott, 3 inch etc. route? The rifle shoots fine and the 5 cartridges in the magazine feeds flawlessly. It is only when I notice the available length in the magazine of the long 602 action and with the compressed load problem in the back of my mind that I wonder ?

Ek het na 2 jaar 'n koeel versigtig getrek: die duplekslading het toe nie gekompakteer nie. Die Brno het egter intussen 'n ander baas gekry."

Groete,
Joe  
Last edited by JoevR on Sun Mar 26, 2017 5:23 am, edited 1 time in total.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Ds J »

Joe, baie dankie - dit help 'n mens verstaan, veral oor die laaiprosedure van die duplekslading. Ekself is 'n aanhanger van die 458 Express (werklik net teoretiese kennis en omdat ek Prof Koos Badenhorst persoonlik ken) maar ek wil graag enkele ander vrae stel:

1. Hoe bereken 'n mens dupleksladings? Teoreties behoort dit tog moontlik te wees om 'n ekstra 100vps uit 'n 308 te kry?

2. Kan jy bevestig dat die 458 WinMag sy slegte naam weens ou ammunisie gekry het?

3. Twee verskilllende professionele jagters het genoem dat hulle met graagte 'n 458 WinMag sal gebruik, maar maks 450gr koeëls om makliker die nodige spoed te kan bereik.
Gustavroux
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Nov 09, 2016 1:11 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Gustavroux »

Ek het bang lank slegs 458 win mag gebruik, op baie grootwild. Het steeds die geweer, alhoewel ek hom nou minder kere n jaar gebruik.

Ek het nooit die duplex ladings gebruik nie. Ek het met die gewone ladings, oor die 2000 ft/s gekry, met 475 grein dzombo solids. Met 500 grein swift A frames, was my spoed 2000- 2040 ft/s. ( ek kan nie korrekte lesing met dzombo onthou nie.

Ja... ek wou altyd n 450 Rigby hè., maar dit het vir een of ander rede nooit gerealiseer nie. Al waneer ek die extra penetrasie wou soek, was op olifante. Maar, moet byvoeg, ek het in elk geval meetal probeer agterbeen breek/ of kruis raak skiet as dier gewond is en weg hardloop (ek het selde self eerste skote geskiet, het meestal opvolg werk gedoen).

Een ding wat ek in begin gevind het, agv van dop volumes wat tussen fabrikate verskil, het ek slegs Winchester doppe gebruik. Die spoed was heelwat meer as met pmp doppe, en selfs Remington.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by JoevR »

Goeie-more Ds J

Ek gaan probeer om jou vrae te beantwoord:
1. Hoe bereken 'n mens dupleksladings? Teoreties behoort dit tog moontlik te wees om 'n ekstra 100vps uit 'n 308 te kry?
Hierdie vraag sal seker die beste beantwoord kan word deur Org Hamman wat die duplekslading ontwikkel het. Ek het geen idee hoe die verhouding tussen die twee dryfmiddels bereken word nie. Ek vermoed dupleksladings word ontwikkel deur 'n "educated guess" en eksperimentering, dit wil se laai 'n duplekslading en gaan skiet dit deur 'n Chrony en hoop jy blaas nie die geweer en jouself op nie! Dit is natuurlik 'n baie gevaarlike praktyk, en iets wat ek nog nooit self aangevang het nie. Ek gaan ook nie. Ek sal wel self 'n duplekslading gebruik wat iemand anders ontwikkel het, maar ook nie sommer enige-iemand nie. Maar ek gaan nie self die eksperimentering doen nie.

Jou tweede vraag laat my dink aan 'n duplekslading wat ek op 'n stadium probeer het vir die 7mm Rem Mag. Weereens, ek het nie die duplekslading ontwikkel nie! S385 verbrand nie stadig genoeg om die spoed te kry waarvan gelees kan word in Amerikaanse handleidings nie. Somchem maak nie dryfmiddel wat stadiger verbrand as S385 nie. Die dupleks lading was 'n mengsel van S385 en S365. As ek reg onthou, was die ekstra spoed 'n skamele 50 - 60 voet/sek uit 'n +/- 23 duim loop van 'n Sako! Duidelik nie die moeite werd nie.
2. Kan jy bevestig dat die 458 WinMag sy slegte naam weens ou ammunisie gekry het?
Ek kan dit nie bevestig nie, maar ek vermoed dis korrek. Ek het nie ou .458 Win Mag ammo deur 'n Chrony geskiet nie. Die dryfmiddel van 'n saamgeperste lading kan oor tyd kompakteer, en verbranding kan dan nie plaasvind soos dit moet nie. Gevolglik is die spoed van die koeel dan nog laer, wat swak penetrasie op dit wat geskiet word, tot gevolg het.
3. Twee verskilllende professionele jagters het genoem dat hulle met graagte 'n 458 WinMag sal gebruik, maar maks 450gr koeëls om makliker die nodige spoed te kan bereik.
Dis 'n ander plan om die .458 Win Mag se probleem van beperkte dopkapasiteit aan te spreek. Watter 450 gr koeel gebruik hierdie beroepsjagters en watter trompsnelheid meet hulle? Maar as die grootwild doodgeskiet word daarmee, en die jagter het vertroue daarin, is die kaap hollands!

Groete,
Joe
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Ds J »

Baie dankie vir die antwoorde!

Ek kan ongelukkig nie die presiese spoed of koeëls onthou wat die beroepsjagters genoem het nie. As ek reg onthou het albei soliede koeëls verkies en slegs op uitsondering sagtepunte gebruik. Een van hulle is baie bekend en suksesvol, die ander minder bekend maar al 20+ jaar in die bedryf. Eersgenoemde herlaai nie en gebruik NOOIT 458-ammunisie wat ouer as een jaar is nie, laasgenoemde herlaai uitsluitlik en ek wil my herinner dat hy gepraat het van 2080vps of dalk 2180vps maar ek kan werklik verkeerd wees.

Die rede vir my vraag na die slegte naam van die 458 is omdat ek dit al hier en dat raakgelees het. Verder het 'n familielid wat op 'n stadium vir Parkeraad gewerk het vertel dat hy enkele kere beleef het dat 'n 458WinMag-koeël "soos 'n traandruppel tussen die olifant se oë vasgesit het" en dit was met ou ammunisie.
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by JoevR »

Ds J, dis 'n plesier!

Die verskillende maniere om die .458 Win Mag se probleem van lae spoed a.g.v. beperkte dopkapasiteit op te los, bly vir my interessant.

Groete,
Joe
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by tripodmvr »

Gregor Woods het in Julie 2016 se Magnum 'n artikel geskryf oor die 458 Win en sy probleme - ".458 - From the Horse's Mouth". Baie insiggewend.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Hingsding »

Naand almal.

Is dit dalk moontlik om daai artikel hier by die draad geplaas te kry?

Ek sit met n 458 Win Mag in my kluis en moet eerlik waar se dat ek hom bitter min gebruik omrede my eie onkunde met herlaai en die onbekostigbaarheid van rak ammo.

Ek het 450gr Barnes punte wat ek nie onnodig wil uitskiet nie en dan ook n paar 500gr Frontier Spartans en Rhino 475greiners as ek reg is.

Ek het n jag wat opkom einde April en wil graag die ou saam vat om n vark of 2 te laat rol. Graag wil ek weet of daar iemand is wat my kan help met begin ladings op die punte wat ek genoem het. Verkies om S335 te gebruik.

Pm my gerus as iemand kan help.

Baie dankie en vriendelike groete.
458 Win Mag Winchester model 70
375 Ruger Howa
303 Lee Enfield no4 mrk 2
243 Win Howa
9mm CZ75 x 2
Smith & Wesson M910
38 Webley
357 Rossi lever action
22 Semi outo Voere
22 Beretta model 71
12 Gauge CBC Pump action
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by tripodmvr »

S321 is die kampioen hier en kry die koele darem oor 2000vps. Jy kan al die koeëls wat jy genoem het met 67gr S321 begin. Ons kan jou dan met QL raad gee om by 'n veilige node uit te kom. S321 is ook goedkoper as S335.

Gaan kyk by Somchemreload vir die data wat ek nou na verwys. Die ander ding wat jy kan doen is om die koeëls so lank as moontlik te maak en hulle slegs 1,5mm van die lande te maak. Jy sal nou net die geweer as 'n enkelskoot kan gebruik omdat dit dan moontlik nie in die magasyn sal pas nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Hingsding »

Baie dankie oom.

Ek gesels met oom in die week op die "privaat kanaal".

Dit help al klaar baie.

Baie dankie
458 Win Mag Winchester model 70
375 Ruger Howa
303 Lee Enfield no4 mrk 2
243 Win Howa
9mm CZ75 x 2
Smith & Wesson M910
38 Webley
357 Rossi lever action
22 Semi outo Voere
22 Beretta model 71
12 Gauge CBC Pump action
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Wouter Roets »

JoevR wrote:.

Jou tweede vraag laat my dink aan 'n duplekslading wat ek op 'n stadium probeer het vir die 7mm Rem Mag. Weereens, ek het nie die duplekslading ontwikkel nie! S385 verbrand nie stadig genoeg om die spoed te kry waarvan gelees kan word in Amerikaanse handleidings nie. Somchem maak nie dryfmiddel wat stadiger verbrand as S385 nie. Die dupleks lading was 'n mengsel van S385 en S365. As ek reg onthou, was die ekstra spoed 'n skamele 50 - 60 voet/sek uit 'n +/- 23 duim loop van 'n Sako! Duidelik nie die moeite werd nie.
More Joe

Help my asb gou reg hier. Ek stem heelhartig saam dat S385 se brandspoed te vinnig begin raak met koeelgewigte van 160gr en op om die rondte se volle potensiaal te realiseer. Julle wou nou n stadiger poeier "vorm" deur n dupleks lading te skep tussen S385 en S365. Dit maak tog mos nou glad nie sin om n poeier te vat wat klaar te vinnig verbrandend is vir die aplikasie en dit dan te meng met n nog vinniger verbrandende poeier en dan te verwag hy gaan n stadiger verbrandende poeier skep? Die ekstra spoed van 40ft/sek wat julle gekry het was absoluut agv hoer druk wat julle gehardloop het om dit te kry en n baie gevaarlike eksperiment om die minste te se.

As n mens B12.7 met S361 of S341 gemeng het sou dit dalk kon werk. Persoonlik is ek ontsaklik huiwerig om duplex ladings te gebruik, want n mens beweeg absoluut in grys gebiede. Ek wonder hoeveel van die duplex ladings al deur n druk toetsloop geskiet is?

Die meeste 450 NE variante het gebruik gemaak van n 480gr koeel en het 2150ft/sek gekry in 28 duim proeflope. Die realiteit was dat die meeste dubbels eerder met 26" en selfs 24" lope uitgekom het. Met 26" lope kan n mens maklik 50-60ft/sek aftrek en weer daai syfer met 24" lope. So in effek het die kaliber sy uitstekende reputasie gemaak met 480gr koeels wat die loop verlaat het onder 2100ft/sek. Hierdie was ook met dood gewone loodkern koeels en FMJ loodkern solids. As jy vandag n monolitiese omslag koeel(450gr) gebruik en n stompneus monoliet(450gr) koeel as solid waarborg ek jou baie beter penetrasie as daai oorspronklike koeels. 2200ft/sek is gemaklik haalbaar met die gewig koeels uit gewere met self so kort soos 22" lope en sal volgens my uitstekend doen in al die aplikasies. Beide S335 en S321 is hiervoor geskik.

Manne onthou ook net dat die oorspronklike klont probleme veroorsaak was deur BALL poeier wat baie erg gekompateer was om die 2150ft/sek plus snelhede uit die 458 Win Mag met 500gr koeels te kry. Hierdie sal nie n probleem wees met stafie poeier as dit gekompateer word nie. Vullings persentasies van 105% is geen probleem en n mens kan self heelwat hoer gaan as jy n lang droptube en vibrasie op die dop gebruik. Met S321 sal ek nie hoer gaan as 101% nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Bushwack
Full Member
Full Member
Posts: 151
Joined: Tue Feb 05, 2013 4:14 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Bushwack »

tripodmvr wrote:S321 is die kampioen hier en kry die koele darem oor 2000vps. Jy kan al die koeëls wat jy genoem het met 67gr S321 begin. Ons kan jou dan met QL raad gee om by 'n veilige node uit te kom. S321 is ook goedkoper as S335.

Gaan kyk by Somchemreload vir die data wat ek nou na verwys. Die ander ding wat jy kan doen is om die koeëls so lank as moontlik te maak en hulle slegs 1,5mm van die lande te maak. Jy sal nou net die geweer as 'n enkelskoot kan gebruik omdat dit dan moontlik nie in die magasyn sal pas nie.
yes dis reg! ek jag omtrent elke maand (en vir jare al) met my .458 M70 en gebruik S321 met FN450gr GS customs op hom...spoed 2150fps
Patrick Reynecke

Dream...Discover...Experience...
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by JoevR »

Naand Wouter
Help my asb gou reg hier. Ek stem heelhartig saam dat S385 se brandspoed te vinnig begin raak met koeelgewigte van 160gr en op om die rondte se volle potensiaal te realiseer. Julle wou nou n stadiger poeier "vorm" deur n dupleks lading te skep tussen S385 en S365. Dit maak tog mos nou glad nie sin om n poeier te vat wat klaar te vinnig verbrandend is vir die aplikasie en dit dan te meng met n nog vinniger verbrandende poeier en dan te verwag hy gaan n stadiger verbrandende poeier skep? Die ekstra spoed van 40ft/sek wat julle gekry het was absoluut agv hoer druk wat julle gehardloop het om dit te kry en n baie gevaarlike eksperiment om die minste te se.

As n mens B12.7 met S361 of S341 gemeng het sou dit dalk kon werk. Persoonlik is ek ontsaklik huiwerig om duplex ladings te gebruik, want n mens beweeg absoluut in grys gebiede. Ek wonder hoeveel van die duplex ladings al deur n druk toetsloop geskiet is?
Ek het vir jou 'n PM gestuur oor die dupleks ladings vir die 7 mm Rem Mag. Ek gaan nie eers probeer om jou vrae te antwoord nie, ek is nie kundig op die gebied nie.

Ek stem saam met die res van jou post.

Groete,
Joe
Gustavroux
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Nov 09, 2016 1:11 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Gustavroux »

Hingsding wrote:Naand almal.

Is dit dalk moontlik om daai artikel hier by die draad geplaas te kry?

Ek sit met n 458 Win Mag in my kluis en moet eerlik waar se dat ek hom bitter min gebruik omrede my eie onkunde met herlaai en die onbekostigbaarheid van rak ammo.

Ek het 450gr Barnes punte wat ek nie onnodig wil uitskiet nie en dan ook n paar 500gr Frontier Spartans en Rhino 475greiners as ek reg is.

Ek het n jag wat opkom einde April en wil graag die ou saam vat om n vark of 2 te laat rol. Graag wil ek weet of daar iemand is wat my kan help met begin ladings op die punte wat ek genoem het. Verkies om S335 te gebruik.

Pm my gerus as iemand kan help.

Baie dankie en vriendelike groete.
Ek sou na goedkoop lood punte kyk vir net lekker skiet/ uitskiet! Ek sal hulle NIE teen volle potensiaal laai nie. Ek het speel rondtes gemaak, 350 grein lood cast, teen 2000 ft:s. Skiet baie lekker, en is reg vir bosveld. As jy bv die 350 grein hornady punte gaan skiet teen gewone ladings, gaan jy hulle baie vinnig skiet, en jou roer gaan lekker terugskop. Die hornady punte wat ek van praat, was ook eintlik bedoel vir die 45/70 lever action, so bedoel vir lekker stadig skiet.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Pappabeer »

Paul Phelan het êrens in omtrent 2011 daaroor geskryf. Hy het terug gegaan na 480 of 450gr koeëls toe, en hulle vlakker geseat deurdat die cannelure op die koeëls na agter geskuif is deur die vervaardiger, om in effek meer spasie vir dryfmiddel te gee.

CH4D maak n cannelure cutting tool, waarmee mens vir n sagte kopermantel koeel n krimpgroef vêrder terug kan sny om die koeël vlakker te seat.

Vir die mense wat nie weet wie Paul Phelan is nie, hy was saam met Ian Goss en Tony Tomkinson een van die eerste drie beroepsjagters in Natal, en was vir jare in die Natal parkeraad. Sy praktiese ervaring met die .458 Win op gevaarlike wild is redelik onge-ewenaar in SA.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Johan van Wyk »

Net vir die interresantheid, my bron vir die verwysing na die duplex lading in die artikel waarna Joe hierbo verwys het is niemand anders nie as Richard Harland homself. Ek het lank met hom gekorrespondeer toe ek destyds navorsing vir die artikel gedoen het en as daar iemand is wat meer gekwalifiseerd is om `n opinie oor die .458 te gee as Richard dan ken ek hom nie.

In my beskeie opinie is daar deur die jare heen baie geraas gemaak van spoed by die grootkalibers. Dis somtyds verstommend om te sien hoe diep `n 500-grein .458 solid wat `n groot dier teen selfs net 2 000 vps of selfs minder tref kan penetreer. Ek het in 2014 `n waterbuffel op so 110 meter oor `n vloedvlakte met 'n .500/450 (ballisties maar dieselfde ding as die .458 Winchester) dubbel geskiet wat `n 480-grein Woodleigh teen 2 080vps uitgespoeg het. Ons kon na die tyd nie een van die solids terugkry nie - hulle is almal dwarsdeur en die eerste skoot (480-grein sagtepunt) was aan die ander kant onder die vel. Ek raai dat die spoed waarteen hulle die buffel moes getref het nie veel meer as 1 800 vps of so kon gewees het nie. Met iets soos `n olifant sou die reaksie dalk anders gewees het maar niemand skiet hulle op 110 meter nie so ek beplan nie om uit te vind nie.

Uiteraard, ek beveel nie noodwendig `n vermindering in snelheid aan nie en as mens daardie ekstra 2-300 vps kan kry moet mens dit vat (kyk maar hier na iets soos die .450 Rigby Rimless, `n man se geweer volgens bykans enige standaard) en die meeste daarvan maak. Daar is egter `n rede hoekom daar tot vandag nog so baie ouens is wat die doodgewone ou .458 verkies vir gevaarlike wild: hy werk (met goeie ammo, natuurlik).
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by tripodmvr »

Hingsding wrote:Naand almal.

Is dit dalk moontlik om daai artikel hier by die draad geplaas te kry?

Ek sit met n 458 Win Mag in my kluis en moet eerlik waar se dat ek hom bitter min gebruik omrede my eie onkunde met herlaai en die onbekostigbaarheid van rak ammo.

Ek het 450gr Barnes punte wat ek nie onnodig wil uitskiet nie en dan ook n paar 500gr Frontier Spartans en Rhino 475greiners as ek reg is.

Ek het n jag wat opkom einde April en wil graag die ou saam vat om n vark of 2 te laat rol. Graag wil ek weet of daar iemand is wat my kan help met begin ladings op die punte wat ek genoem het. Verkies om S335 te gebruik.

Pm my gerus as iemand kan help.

Baie dankie en vriendelike groete.
Ek wil nie kopiereg oortree nie. Kan dit seker skandeer en aanstuur per epos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Hingsding
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Fri Mar 09, 2012 10:54 am

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Hingsding »

Baie dankie oom.

Ek pm oom my epos adres.

Groete
458 Win Mag Winchester model 70
375 Ruger Howa
303 Lee Enfield no4 mrk 2
243 Win Howa
9mm CZ75 x 2
Smith & Wesson M910
38 Webley
357 Rossi lever action
22 Semi outo Voere
22 Beretta model 71
12 Gauge CBC Pump action
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by tripodmvr »

Wouter Roets wrote:
JoevR wrote:.

Manne onthou ook net dat die oorspronklike klont probleme veroorsaak was deur BALL poeier wat baie erg gekompateer was om die 2150ft/sek plus snelhede uit die 458 Win Mag met 500gr koeels te kry. Hierdie sal nie n probleem wees met stafie poeier as dit gekompateer word nie. Vullings persentasies van 105% is geen probleem en n mens kan self heelwat hoer gaan as jy n lang droptube en vibrasie op die dop gebruik. Met S321 sal ek nie hoer gaan as 101% nie.

Groetnis
Wouter
As ek reg gelees het dan was die dryfmiddel wat probleme gegee het nie bal gewees nie maar geekstrueerde tipe. Die baldryfmiddel mite het hier ontstaan en het almal van ons nog weerhou om 'n saamgeperste lading te probeer. Miskien moet mens so lading saamstel en so jaar los en dan afvuur. As spoed afneem dan dui dit op kompaksie en iets om te vermy.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: The .458 Win Mag: The Real Deal Revisited

Post by Wouter Roets »

More Oom Maruis

Nee ek is seker van my feite dat dit balpoeier was. Die amminusie vervaardiger(ek dink dit was Winchester) het redelik stadige verbrandende balpoeier gebruik omdat sy ladingsdigtyd altyd hoer is per volume as stafiekruit en dit erg gekompateer om by die 2180ft/sek merk uit te kom met 500gr koeels uit n 24 duim loop. Hierdie het caking(klonte) veroorsaak wat die vlam verhoed het om by die al die dryfmiddel uit te kom en dus gedeeltelike of onvolledige ontbranding veroorsaak. n Hele paar manne hier in Afrika het destyds van die amminusie se koeels getrek en die caking van die poeier waargeneem. Die probleem is wel relatief klein gewees en dadelik regestel deur die vervaardiger, maar die skade aan die rondte het nogal soos n weghol veldbrand versprei.

Dit is n eienskap van balpoeier om hierdie klonte te maak onder samepersing en jy sal nie n herlaaihandleiding kry wat vullings persentasies van hoer as 100% aanbeveel met die tipe poeier nie. Hierdie is glad nie die geval by stafiekruit nie. Oom is welkom om die toets te doen en om dit vinniger te beleef probeer om in hoe humiditeits omstandighede die laai werk te doen. Manne by die kus se kans is baie hoer om dit te beleef as ons hier op die platorand. Die toetse is al baie gedoen.

Groetnis
Wouter
Post Reply