Jagplek Prieska

Post Reply
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Jagplek Prieska

Post by roux cf »

Naand Forum lede.
Hier is ons pryslys vir die jaar.

Pryslys vir 2017.
Gemsbok=R4800
Bwb (m)=R3800
Bwb(f)=R3200 indien beskikbaar.
Koedoe(m)=R4200
Koedoe(f)=R3500
Blesbok=R1200 of R35/kg
Springbok=R850 RW(14.5")=R1500
Volstruis=R1500
Rooibok(knypkop)=R1000

Verblyf is R600 per persoon per dag. Dit sluit in gids, jagvoertuig, koelkamer, slagters en skoonmaak van kamp.
Verblyf is n 3 slaapkamer huis met 3 badkamers, kombuis en groot leefarea. Aircon en dstv. Huis is ten volle toegerus. Groepe van 4 tot6

Datums beskikbaar is enige datum binne die volgende datums.
23-30 April
18-25 Junie
15Julie tot einde September.

Wild is baie mooi na die reën. Goeie getalle
beskikbaar. Wild word van die bakkie af gejag
asook walk and stalk.

Kontak my by rouxcf@gmail.com of whatsapp
078 084 2503 of skakel 072 391 6111
Groete,
Charl Roux (CF)
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by Johan7 »

Jou pryse lyk nie sleg nie!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by roux cf »

Lyk my niemand wil jag die jaar nie?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by tripodmvr »

Zumpies druk ons af na benede :o
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by PWV »

roux cf wrote:Lyk my niemand wil jag die jaar nie?
Luister my maat, ek sal elke week jag as ek kan. Die feit van die saak is, die ekonomie druk sodat jy jou prioriteite moet regkry, en jag is nie nommer een op die lys om liggaam en siel aanmekaar te hou nie.

Dit is die kruks van die saak.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by Geno »

Charl.
Ek gesels later met jou. Daai diknek springbokke by jou spook by my!

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Goed, beter, 6millimeter!
Gerritmvb
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jul 15, 2015 8:14 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by Gerritmvb »

Jou pryse is goed.


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by roux cf »

Die ekonomie druk ons almal!
Dus hoekom my wildpryse so laag as moontlik gehou is, tenspyte van die feit dat ons n klein k@khuis vol geld aan ons verblyf spandeer het.
Geno: gesels maar maat, hier is n paar ysters!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by Pvdw »

Manne ek en Cob het so 3/4 jaar terug ook in daai area gejag. Dis 1ste klas jagplek en die springbokke was uit die boekke uit.
User avatar
Stephandt
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by Stephandt »

Hi Charl, ek stel verseker belang. Sal jou bel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Jagplek Prieska

Post by Chevvy SS »

Jy het 'n pm.
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by likweD »

Hi CF,

Hoe bekombaar is daardie Koedoes? Rede hoekom ek vra is die prys lyk baie aanloklik.

Groete,

Halvar Rautenbach

PS: Prieska is bietjie ver van Richardsbraai af, so hierdie is 'n sommer vir interessantheid vraag..

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Jagplek Prieska

Post by JuanVE »

Dit is interessant om te sien hoe baie advertensies daar is van jagplek. 'n Paar jaar gelede kon jy nie iewers plek kry om te gaan jag nie. Die ekonomie druk verseker.
LeRoy
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Mon Jan 16, 2017 4:37 pm

Re: Jagplek Prieska

Post by LeRoy »

Dankie CF dat jy nog die moeite doen om te adverteer en jou plek beskikbaar stel.
Ons almal voel die druk van stortkop se gemors. (Skuus aan al die PK mense).:-)
n Vriend gaan jou kontak ivm springbokke.
Steyr Mannlicher .308
Steyr Mannlicher .375
Tikka T3 .243
Marrochi 12 br
FN Fal (R1) 7.62
Tyrol .22
Ruger .22 s/a
Howa 6.5 CM - op pad uit >:D
CZ75 B 9mmP
Beretta Nano 9mmP
Tikka TX3 6.5CM
Post Reply