Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post Reply
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Johan7 »

Ek is op soek na 'n demo of byna nuut Volkswagen 1.6 (of 1.5) TDi Polo Sedan. Lae kilo's en verkieslik in die Weskaap. Bereid om tot R250 000 te betaal. Moet wit wees! Help dan!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by win270 »

Ek't al dikwels gehoor die betrokke VWs is skaars op die 2de handse mark. Hoe goed hou daardie kleinerige dieselenjins deesdae? Natuurlik baie lig op brandstof.
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Johan7 »

Ek sal jou se, ek ry tans 'n Toyota Quest 1.6. Goeie genade, hierdie kar is so swaar, dis net onbeskryflik!!! Ek beur nou net na ekonomies toe! Ek wil net nie die Vivo he nie, darem so ietsie beter.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by win270 »

Gaan loer bietjie by www.carfind.co.za
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Ranger »

Just some useless info, the shape is changing soon, in the next couple of months. The "new" Polo will become the "Vivo" and then a completely new Polo is being introduced.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Johan7 »

Ranger wrote:Just some useless info, the shape is changing soon, in the next couple of months. The "new" Polo will become the "Vivo" and then a completely new Polo is being introduced.
You haven't got any photo's for me? I like the current shape.

Win270 - dankie vir die link - vir my 'n kar in Bloemfontein gekry - hy is Saterdag by my! Dankie my maat! ;D ;D ;D ;D ;D
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by win270 »

Kolskoot, Johan. Hoop hy werk mooi vir jou. Maak seker jy ken sy geskiedenis baie goed. Laat weet tog watter brandstofverbruik jy kry, ens.
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Johan7 »

Ek sal sy brandstofverbruik hier gee vir julle.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by gbvl »

Ek het die jetta 1.6 TDI. Aanvanklik gedink die enjin gaan te pap wees vir die bakwerk maar glad nie 'n issue en oor die laaste 60 000km 'n gemiddeld van 5l/100. Bygesê 80% van die kilos is snelweg.

Daai polo gaan mooi loop
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by tripodmvr »

My 1.9TDI van 2005 gee so 16 na 18km/l teen 15km/h op die GPS en met spoedkontrole aan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by win270 »

Marius, ek hoop jy ry darem vinniger as dit.... ;D

Seker maar net 'n tikfout hierbo.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by DawieKotze »

tripodmvr wrote:My 1.9TDI van 2005 gee so 16 na 18km/l teen 15km/h op die GPS en met spoedkontrole aan.
Marius - voor jy by jou bestemming aankom, gaan jou petrol opraak teen daai spoed :laugh: :laugh:
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Re: Gesoek: VW 1.6 TDi Polo Sedan

Post by Johan7 »

gbvl wrote:Ek het die jetta 1.6 TDI. Aanvanklik gedink die enjin gaan te pap wees vir die bakwerk maar glad nie 'n issue en oor die laaste 60 000km 'n gemiddeld van 5l/100. Bygesê 80% van die kilos is snelweg.

Daai polo gaan mooi loop
Ai man, ek wou so graag die Jetta koop soos joune, maar hy is net daai bietjie te veel in prys. Ek bly 'n Jetta fan. Maar ek dink die Polo sal my lank dra teen goeie dieselverbruik.

Ai Marius, daai tikfoutjie gaan hulle jou oor pes, maar ek lag tog te lekker oor die comments. veral daai een van Dawie.

Ek skaak nou my eie post - weet julle van nog manne wat die Toyota Quest 1.6 ry? Wat se hulle oor die petrolverbruik? Die kar is effens van 'n riller! Fantastiese rygenot, lae prys vir 'n nuwe, ruim spasie en als - maar die petrolverbruik! Nog nie in my lewe 'n kar gery wat so swaar is op petrol nie! 12 kilo's op 'n liter op die oop pad teen 130 km/h! Vir my is dit vreeslik! Hy't (nes die Polo 1.5 TDi) 'n 55 liter tenk in en ek haal so by die 600 km, dan moet ek volmaak. Alles lang pad - jy kan nie hierdie kar in die dorp ry nie! Kan seker, maar ek het darem ligter voertuie vir die dorp. Pelle van my het ook sulkes en het nou al hul karre in die Kaap by experts gehad en hulle se dit is nou maar eenmaal die kar se petrolverbruik en klaar! Enige comments van julle kant af?

Dan wil ek 'n lansie breek vir Volkswagen. Hierdie kar wat ek nou gekry het, staan in Bloemfontein - 950 km (volgens internet) van my af. Hulle kom met my kar plus nog 'n kar af om weer terug te ry. Dis hengse. Die kar is tans by 'n panelbeater om enige, enige merkies op die body uit te haal. Ek dink hul diens is fantasties. Gaan hulle nou net druk om dalk die kar met 'n treiler te bring - dan spaar hulle mos ook petrol?
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
Post Reply