.243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
Morne77
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Wed Apr 05, 2017 11:00 am

.243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Morne77 »

Hi,
Ek stel belang om die volgende weer te koop en wil maar net weet wat n goeie prys sal wees. Die geweer is in n baie goeie toestand, die scope is n ou niko sterling maar dit is nie hoekom ek hom koop nie. Ek sien die Musgrave onderwerpe op die groep is maar stil die laaste tyd. Ek het al redelik baie opgelees, nie seker watter model die een is nie. Ek sien die geweer het net een SABS merk op die loop. Hy het nie een op die aksie soos ander wat ek al hier gesien het nie. Die loop het ook Musgrave op. Ek heg n paar foto's aan. Dankie sover.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Hein M. »

Met die Howas en ander fabrikate wat baie bekostigbaar nuut is, het die ou Musgraves se gewildheid onder die meeste skieters gedaal. Ek meen dat so rondom R12000 billik is vir 'n geweer in puik kondisie. Ons moet eerlik wees dat die tegnologie die afgelope 30 jaar aansienlik verbeter het - wat geweermetaal, aksiekonstruksie, ens. aanbetref.

Die 243Win is ook relatief swaar op lope. Laat 'n goeie smid na die loop kyk voordat jy koop. 'n Loopvervanging is duurkoop...

Baie ouens sal verskil, maar dit is my opinie. Ek is - terloops - 'n stoere Musgrave entoesias!

Sluit dalk aan by die Vuisboekgroep https://www.facebook.com/search/top/?q= ... 4606202822 om meer van die geweer uit te vind...

Groetnis!
Morne77
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Wed Apr 05, 2017 11:00 am

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Morne77 »

Baie dankie Hein. Waardeur die terugvoer. Die is my eerste musgrave. Glo ek sal hom baie geniet. Ek sal gaan aansluit by die Facebook groep.

Sent from my SM-N900 using Tapatalk
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 929
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Philip J »

Lyk soos n RSA Vrystaat aksie. Kolf is identies aan die een wat op my 6mm Musgrave was.
Groetnis
Philip
Morne77
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Wed Apr 05, 2017 11:00 am

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Morne77 »

Dankie Phillip. Is dit n goeie aksie?

Sent from my SM-N900 using Tapatalk
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 929
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Philip J »

In my nederige opienie, JA!
Groetnis
Philip
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 929
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Philip J »

Ek wil met Hein saam stem oor sy siening dat n nuwe geweer soms n beter opsie is. Ek het 2 keer in my lewe al n 2de handse Musgrave gekoop. Die 6mm het my net plesier gegee totdat ek sy loop uitgeskiet het. Die 223 wat ek daarna gekoop het, is tans die gunsteling geweer in my kluis, MAAR, ek het beide gekoop vir dieselfde of minder as wat bv n nuwe Howa sou gekos het. Jy moet onthou dat daar geen of bitter min "after market" bybehore is wat net so op n ou Musgrave pas. Goed soos kolwe en "rails" moet alles spesiaal gemaak word. As die geweer se loop nog reg is en die prys is reg, glo ek jy sal nie spyt wees as jy hom koop nie. Ek het n groot liefde vir die ou Musgraves, maar teen R12000, kan jy n splinterblink nat nuwe Howa koop en vir hom n Boyds kolf opsit.
Groetnis
Philip
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Jake1 »

As jy n aanbod moet maak bied R9000 aan as jy seker is die loop en alles is reg.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Morne77
Newbie
Newbie
Posts: 48
Joined: Wed Apr 05, 2017 11:00 am

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Morne77 »

Dankie vir al die info julle. Die geweer het maar oor my pad gekom so n rukkie terug. Is by n oom by wie ek jare terug n 308 gekoop het. Gaan vir hom R7000 betaal. Het nog nie baie geskiet nie. Die loop is nog mooi.

Sent from my SM-N900 using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Hein M. »

Morne77 wrote:Dankie vir al die info julle. Die geweer het maar oor my pad gekom so n rukkie terug. Is by n oom by wie ek jare terug n 308 gekoop het. Gaan vir hom R7000 betaal. Het nog nie baie geskiet nie. Die loop is nog mooi.

Sent from my SM-N900 using Tapatalk
In daardie geval, koop hom dadelik ;)
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 929
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: .243 MUSGRAVE LYTTELTON RSA

Post by Philip J »

Hein M. wrote:
Morne77 wrote:Dankie vir al die info julle. Die geweer het maar oor my pad gekom so n rukkie terug. Is by n oom by wie ek jare terug n 308 gekoop het. Gaan vir hom R7000 betaal. Het nog nie baie geskiet nie. Die loop is nog mooi.

Sent from my SM-N900 using Tapatalk
In daardie geval, koop hom dadelik ;)
Net so!!!!
Groetnis
Philip
Post Reply