Ek en my vrou het sopas ons eerste huis gekoop. (Dit gaan maar rof!!
Ek is tans besig om my sekuriteit so bietjie op te skerp, en wil bietjie raad vra vir die manne wat al jare hulle eie eiendomme het en weet waar is die "weakspots".
Daar is alreeds n ou alarm, wat ek nou laat opgradeer het na n paradox systeem met beams aan die buitekant het asook oogies in elke vertrek ens. Ek het ook maar n kamara systeem laat insit en daar is 8 string elektriese draad om die eiendom.
Ek het alreeds 4 LED flood lights op rondom my huis, van daai wat aangaan as daar beweeging is.
Wat kan julle voorstel kort ek sekuriteits gewys?
My erf is bietjie donker in die aande, veral agter waar daar n groot stuk erf is en n besige pad agter die muur. (Precast walls, wat my bietjie bekommer)
Ek wil graag n 10watt LED Flood light voor by my garage op sit en n 20watt LED Flood light agter waar my erf groot is, ek wil hê hulle moet sommer reg deur die aand skyn.
Nou is ek net bietjie bekommerd oor my krag verbruik wat kan deur die dak skiet met die ligte wat heel nag skyn... Is daar manne wat van hierdie ligte ook gebruik dalk?
Kom ons help mekaar met idees om ons huise te beveilig... Ek hoor gereeld lelike stories oor huisbraak, ek wil nie deel van die statestiek word nie!
Groete,
Hennie Oelofse
