Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek is op soek na stoorplek vir ons Cruiser en Stainless Steel sleepwa in Walvisbaai of omgewing. Ons is so paar manne wat elke jaar daar by myl 108 gaan visvang, en wil die Cruiser daarheen ry volgende jaar Februarie, en hom daar los. As ons dan invlieg tot op Walvisbaai, kan ons langer by die viswater bly vir dieselfde tyd af by die werk.
As enige van julle my kan help of verwys na iemand, of n alternatiewe plan het, sal ek dit opreg waardeer.
Ek moet s? - teen die huidige brandstofprys gaan dit beslis volgende jaar goedkoper wees om in te vlieg as wat julle hierdie jaar gaan betaal om die Cruizer tot daar te ry!
Ek kan nie die post kry vir die ou wat vlugte wil boek Namibia toe nie. Hier is 'n link na KULULA se specials na Windhoek teen R799+ oneway. Goeie prys as hy gou maak sou ek s?.
Ek het dit via e-pos gekry
Dankie Piet, Ek kort nog net so klein bietjie Yoga (of slaapkamer gimnastiek??)voor my bene sooo v?r kan oopmaak.
Paralaks verstelling is verpligtend vir die een!
P
Jy praat van polsslag verminder met die handskoen???
As ek so moet sit sal ek self geen polsslag he nie. My pens sal my hart teen my keel vas druk en sal binne 7 sekondes versmoor
Nee wat , daai sit los ek vir die ouens wat nie so duidelik sigbaar is soos ek nie. Hoe kry jy jou nek so gerek en draai Traksie en suurstof sal my voorland wees.
Nou dat ek weer self na die vlieg kaartjie pryse gaan kyk het, dink ek dit sal beter wees om die Cruiser in Windhoek te los, met die bonus van minder roes daarby.
Enige van julle wat weet van n stoorplek in Windhoek vir Cruiser en sleepwa?
Hierdie Cruiser is te koop. Nadat ek uitgevind het dat ons nie n voertuig vir langer as 30dae in Namibie mag los, ival ons hele plan plat, en het ons nie meer die Cruiser nodig nie.
Ek sal hom laat gaan vir dieselfde prys as wat ek vir hom betaal het. R60,000.00. Hy is nog regtig in n goeie toestand, en het n Dual battery stelsel in en het 4 x splinternuwe Bridgestone Desert Dueler bande op en 2 x spaarwiele.
Chris, dit is n 1987 model, 6cyl Petrol, gerigistreer in SA. Hy is nog regtig in goeie toestand. Ons was so paar manne wat hom saam gekoop het met die doel om hom Nam toe te vat, en het nog glad nie met hom gery van ons hom gekoop het nie.
Blykbaar moet jy n Namibiese burger wees om hom in te voer. Is daar iemand in Namibie wat my wil aanneem? Ek eet nie baie nie, maar is so bietjie swaar op amunisie.