Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Jarcal het hier 'n platform geskep vir sy lede om kompetisies te adverteer vir Skole en Organisasies waarby die lede direk betrokke is soos bv. "raffles" met die volgende kriteria.
Die Lid moet meer as 25 "posts" geplaas het.
Hierdie is slegs 'n platform en die lid wat dit plaas is verantwoordelik vir sy plasing en Jaracal sal geensins betrokke raak by enige geskille nie.
Telefoon nommer, e-pos adres en fisiese adres van instansie moet gelys word
Manne al die kaartjies is dus geboek op die stadium. Dus enigeen wat vir my mail of sms gestuur het en gesê het hulle soek kaartjies het ek hulle naam geallokeer na kaartjie toe. Indien enigeen wat kaartjies geboek het dit nie meer gaan neem nie sal ek dit beskikbaar maak hier op die Forum.
Groot dank weereens aan ieder en elkeen vir julle ondersteuning en weereens groot dank aan SO, CMH en G and G varminting vir die borgskap van die wonderlikke prys om die kompetiesie en vondsinsameling n werklikheid gemaak het.
Ek het al n tjoklit koek gewen toe ek 13 jaar oud was by die skool se kermis, nogal ook 'n " lucky draw". Ek gaan haal toe die koek by die hoof op die verhoog. Nogal n lekker koek met " caramel" tussen die twee lae. Vreeslik opgewonde neem ek die koek in ontvangs by die hoof, kyk ek is baie bly, want dit is die eerste keer dat ek ooit iets wen. In my haas om van die verhoog af te kom hak my voet aan die mikrofoon se draad en ek val die koek moer toe. Dit was ook die laaste keer dat ek iets gewen het!
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Soos belowe is die draw vandag gedoen na afloop van die ALRHA se skietdag op Parys.
Eersteens net dankie vir almal hier se ondesteuning, Eugene wat die draw gedoen het vir ons en dan die Borge wat die prys moontlik gemaak het, Safari Outdoor, CMH en G&G Varminting
Die Wenner van die scope was Jaco Nell van Heilbron. Hy is ongelukkig nie Jaracal lid nie maar baie gelukkig om die mooi prys te wen.
Soos belowe is die draw vandag gedoen na afloop van die ALRHA se skietdag op Parys.
Eersteens net dankie vir almal hier se ondesteuning, Eugene wat die draw gedoen het vir ons en dan die Borge wat die prys moontlik gemaak het, Safari Outdoor, CMH en G&G Varminting
Die Wenner van die scope was Jaco Nell van Heilbron. Hy is ongelukkig nie Jaracal lid nie maar baie gelukkig om die mooi prys te wen.
Groete
Jan
Baie geluk Jaco,
Ten minste gaan ons mandelas vir n goeie doel!
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U