RSA aksie waarde

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

RSA aksie waarde

Post by JJV »

Hallo
Ek wil graag hoor wat is 'n RSA Aksie werd in goeie toestand? Ek kyk om te koop.
Lekker aand!!!
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Edu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Edu »

Ek sou sê R6-7k

Maak net seker hy is op 'n handelaar kode voor jy koop.
Anders kan jy met hom niks maak nie.

Groete
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5141
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Pvdw »

Laaste 1 wat ek gesien het was R5500. Nog nie geboor en getap vir scope nie. Die man het hom wel verkoop gekry maar dit het so rukkie geneem.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by 243Songdaug »

Kyk gerus op Guntree - pryse wissel tussen R6000 en R12000. Ek weet van RSA aksies wat 'n Jewel sneller op het en geaccurize is wat tot soveel as R19 000 gekos het.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by LRLaubscher »

JJV wrote:Hallo
Ek wil graag hoor wat is 'n RSA Aksie werd in goeie toestand? Ek kyk om te koop.
Lekker aand!!!
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Volgens ons wapen wet lisensieer jy mos jou loop. Die loop is in effek die wapen.
Daar is geen nommer op die RSA aksies nie.
Hoekom kan jy nie die aksie gebruik om n geweer te bou met n loop wat jy byvoorbeeld by safari gekoop het, en wat op die stelsel is nie?
Ek het my gewere so gebou? Geen moeilikheid nerens nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Gian_dP »

LRLaubscher wrote:
JJV wrote:Hallo
Ek wil graag hoor wat is 'n RSA Aksie werd in goeie toestand? Ek kyk om te koop.
Lekker aand!!!
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Volgens ons wapen wet lisensieer jy mos jou loop. Die loop is in effek die wapen.
Daar is geen nommer op die RSA aksies nie.
Hoekom kan jy nie die aksie gebruik om n geweer te bou met n loop wat jy byvoorbeeld by safari gekoop het, en wat op die stelsel is nie?
Ek het my gewere so gebou? Geen moeilikheid nerens nie.

Loop en aksie word apart beskou in die wapenwet. Kan nie aksie apart koop sonder lisensie nie.

'firearm' means any-
(a) device manufactured or designed to propel a bullet or projectile through a barrel or cylinder by means of burning propellant, at a muzzle energy exceeding 8 joules (6 ft-lbs);
(b) device manufactured or designed to discharge rim-fire, centre-fire or pin-fire ammunition;
(c) device which is not at the time capable of discharging any bullet or projectile, but which can be readily altered to be a firearm within the meaning of paragraph (a) or (b);
(d) device manufactured to discharge a bullet or any other projectile of .22 calibre or higher at a muzzle energy of more than 8 joules (6 ft-lbs), by means of compressed gas and not by means of burning propellant; or
(e) barrel, frame or receiver of a device referred to in paragraphs (a), (b), (c) or (d),
but does not include any device contemplated in section 5;
[Date

Sekere Savages het ook net loop nr, al my Howas het net nr op aksie en nie op loop nie. Ek neem aan dis oor die fabrieksgewere as n eenheid beskou word, raak eers potensiele issue as jy ander loop wil opsit of aksie apart verkoop.



Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Edu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Edu »

LRLaubscher wrote:
JJV wrote:Hallo
Ek wil graag hoor wat is 'n RSA Aksie werd in goeie toestand? Ek kyk om te koop.
Lekker aand!!!
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
Volgens ons wapen wet lisensieer jy mos jou loop. Die loop is in effek die wapen.
Daar is geen nommer op die RSA aksies nie.
Hoekom kan jy nie die aksie gebruik om n geweer te bou met n loop wat jy byvoorbeeld by safari gekoop het, en wat op die stelsel is nie?
Ek het my gewere so gebou? Geen moeilikheid nerens nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

'n Wapensmid doen eers aansoek om 'n vuurwapen te mag bou by die cfr.
"Permission to build"
Op daardie aansoek wat hy doen moet hy die parte wat hy gaan gebruik se nommers invul asook hulle SAP350's aanheg.
Jou loop, aksie en slot.
As een van daardie kort op die permission to build dan keur hulle dit nie goed en die parte word nie as 'n ''rifle" op die stelsel gelaai nie. Dit bly op die databasis as net 'n "barrell"

Dit het nie altyd so gewerk nie. Die loop nommer was goed genoeg.
Maar die laaste 2-3 jaar is hulle ernstig met die prosses.
Ek weet van n paar manne wat met los aksies sit waarmee hulle absoluut niks kan doen nie.
Ek weet ook van gewere wat reeds gebou is en klaar betaal is op sulke weeskind aksies waarvoor daar nie goedkeuring gegee word deur die SAP nie.

Party manne kom nog weg daarmee om nie deur al die strooi te gaan nie
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by JPS »

RSA aksies word nog aanvaar as aksie sonder nommers omrede hulle nie met nommers geissue is nie.

Maar dis feit dat dit baie moeiliker raak om bou van geweer op so aksie goedgekeur te kry.

Dit hang ook seker maar af wie jy kry wat op jou goed werk.
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Basjan123 »

As ek so nadink en lees oor al die papier werk kry ek sommer n warm gevoel teen my rug af. Dis tragies dat ons wat ons sport so lief het met allerhande papier werk en rompslomp opgeskeep moet sit. As ek sien hoe ander groepe te kere gaan om hulle sin vir iets te kry, kan ek net se ek is trots om deel van die skiet gemeenskap te wees wat maar soos 'n lam na die slagpale gely word, en dinge op beskaafde maniere probeer oplos. My vraag is wanneer is genoeg, genoeg ek moet bieg ek was ook al amper daar om net boedel oor te gee en...jammer ek verongeluk die draad. Ek glo julle verstaan my gevoel....
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: RSA aksie waarde

Post by Topcat »

Naand JJV
Ek het onlangs my plank verkoop vir R8000. Alles is oorspronklik. Hout het ek mooi gemaak en hy is gedril en tap vir scope,en voorste visier is afgesny.Net my 2c. As dit kan help.

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk
Post Reply