Ek wonder of daar enige ander lede is wat 'n LP 1000 geweer het? Ken julle die geskiedenis agter die geweer? Die 'LP' staan vir Lukas Potgieter en is die geweer met sy insette vervaardig om 'n 'no nonsense' akkurate werkgeweer daar te stel vir die boer in sy bakkie. Die loop is 'n swaar loop met 'n kroon op die voorpunt. Die kolf is gewoon met geen uitsnywerk daarop nie. Die loop en aksie is ook dofswart soos die weermag wapens van die tyd gemaak is. Die kaliber is 7.62 en nie .308 nie. Dit het die normale aksie en 'n 5skoot magasyn. Geen visier of korrel op nie. Bedoel vir teleskoop.
Nou: Rondom 1978 het ek die geweer by BSB ko-op in Windhoek gekoop na ek in die Landbouweekblad gelees het van die nuwe geweer. Vir 'n enorme R314! Scope op en reguit plaas toe in die Kalahari om hom te 'proe'. 'n Springbokram se nekskoot met die eerste skoot op so ongeveer 180m, toe sê skoonpa: "Maandag gaan koop jy vir my ook so 'n geweer."
Ek is Maandag BSB toe en toe is al die LP1000's klaar verkoop maar hulle het 'n Musgrave Safari gehad wat BSB laat maak het by Musgrave op die patron van die LP 1000, maar die geweer het gekerfde kolf gehad, sy loop en aksie was blinkswart en hy het 'n korrel en visier ook opgehad. Sover ek kan onthou het dit nie veel teruggestaan vir die LP 1000 n die veld nie.
Die LP 1000 het egter in Tim Inman se hande uit die boks uit 'n internasionale kompetisie gewen. Jy het egter ook 'n LP1001 gekry wat 'n enkelskootgeweer was sonder magasyn gemik op die weermag vir sniper doeleindes.
Musgrave LP 1000
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave LP 1000
Soek op Vuisboek die groep Ben Musgrave Gewere. Chris Barnard daar het baie goeie kennis oor die ou Musgraves en hy sal jou beslis kan help met die geskiedenis van die geweer - en model. Plaas foto's by jou navraag. Die BSB-Musgraves was destyds algemeen beskikbaar en het 'n Vrystaat-aksie met Musgrave loop. Jy noem dat jou geweer 'n "normale aksie" het. Hierdie Vrystaat gewere het gewoonlik 'n RSA-aksie. Die reekse was ook 1000 en 2000 genoem. My plankgeweer se kaliber is byvoorbeeld ook 7.62 en nie 308Win nie.
Gee gerus weer terugvoering hier!
Mooiloop!
Gee gerus weer terugvoering hier!
Mooiloop!
-
Schalk van Schalkwyk
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Jul 20, 2017 10:32 am
Re: Musgrave LP 1000
Jou plankgeweer is as 'n skyfskietgeweer bedoel as ek dit reg het en die ammunisie beskikbaar via die weermag vir Bisley-skiet was alles 7,62mm.Hein M. wrote:Soek op Vuisboek die groep Ben Musgrave Gewere. Chris Barnard daar het baie goeie kennis oor die ou Musgraves en hy sal jou beslis kan help met die geskiedenis van die geweer - en model. Plaas foto's by jou navraag. Die BSB-Musgraves was destyds algemeen beskikbaar en het 'n Vrystaat-aksie met Musgrave loop. Jy noem dat jou geweer 'n "normale aksie" het. Hierdie Vrystaat gewere het gewoonlik 'n RSA-aksie. Die reekse was ook 1000 en 2000 genoem. My plankgeweer se kaliber is byvoorbeeld ook 7.62 en nie 308Win nie.
Gee gerus weer terugvoering hier!
Mooiloop!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave LP 1000
Heeltemal korrek. Musgrave het selfs hierdie skyfskietgewere se groefdraai pasmaak vir die 7.62x51 Nato puntgewig vervaardig.Schalk van Schalkwyk wrote:Jou plankgeweer is as 'n skyfskietgeweer bedoel as ek dit reg het en die ammunisie beskikbaar via die weermag vir Bisley-skiet was alles 7,62mm.Hein M. wrote:Soek op Vuisboek die groep Ben Musgrave Gewere. Chris Barnard daar het baie goeie kennis oor die ou Musgraves en hy sal jou beslis kan help met die geskiedenis van die geweer - en model. Plaas foto's by jou navraag. Die BSB-Musgraves was destyds algemeen beskikbaar en het 'n Vrystaat-aksie met Musgrave loop. Jy noem dat jou geweer 'n "normale aksie" het. Hierdie Vrystaat gewere het gewoonlik 'n RSA-aksie. Die reekse was ook 1000 en 2000 genoem. My plankgeweer se kaliber is byvoorbeeld ook 7.62 en nie 308Win nie.
Gee gerus weer terugvoering hier!
Mooiloop!
Mooi aand!
-
Schalk van Schalkwyk
- Newbie

- Posts: 3
- Joined: Thu Jul 20, 2017 10:32 am
Re: Musgrave LP 1000
OK. Is daar enige werklike verskil tussen die .308 en die 7,62mm kaliber? Ek weet wel van 'n storie dart die draai van die groewe blykbaar presies reg is vir die koeëlgewig van die 7,62mm army patrone? Die LP 1000 is egter baie akkuraat op staalpunte en ook op 180 grein .308 patrone. Daar is mense wat wil hê dat die gewere nie lekker op die swaarder greine groepeer nie??
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Musgrave LP 1000
7,62 x 51 en 308 Win is dieselfde kaliber, die loop se groef draaitempo het nie iets met kaliber te doen nie, die metriese benaming kom van die militer, die duim desimaal van Winchester
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Musgrave LP 1000
In my geweer se geval beslis. Die groefdraai is 1-12.5 wat perfek is vir die 143gr FMJ punte. Jy kan maar die swaarder punte skiet. 'n 308 is beslis nie vol nonsens nie. So terloops, waar kry jy staalpunte?Schalk van Schalkwyk wrote:OK. Is daar enige werklike verskil tussen die .308 en die 7,62mm kaliber? Ek weet wel van 'n storie dart die draai van die groewe blykbaar presies reg is vir die koeëlgewig van die 7,62mm army patrone? Die LP 1000 is egter baie akkuraat op staalpunte en ook op 180 grein .308 patrone. Daar is mense wat wil hê dat die gewere nie lekker op die swaarder greine groepeer nie??
470 Rigby,
Heeltemal korrek, die 308 en 7.62 kalibers is wel dieselfde, maar daar is heelwat ander verskille in die patrone.
http://www.303british.com/id36.html
http://how-i-did-it.org/762vs308/chamber.html
Mooi aand!