S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek weet die is waar die grootwild jagters laai vir GROOT gewere, maar as hier dalk 'n handwapen herlaaier is wat my met die volgende kan help sal ek baie bly wees.
Ek het onlangs eers my herlaai toerusting aangeskaf en is maar nog lekker dom met die herlaai storie.
Ek het 124gr 9mm Accufire CMJ ronde neus punte in 9mm kaliber wat ek wil herlaai. Ek het S121 kruit gekoop omdat dit skoon brand en ook omdat dit op 'n ander forum se FB blad voorgestel is. As ek geweet het dat daar so min data vir die kruit is sou ek eerder MS of MP200 gekry het. Die finansies laat nie toe dat ek nou iets anders koop nie, dus moet ek nou maar probeer inligting soek en deurdruk.
Die Somchem boekie gee S121 data vir 124gr Hornady FMJ/FP as: COL: 28mm, Start:3.5gr, Max:4.0gr.
Ek wil weet of ek die data kan gebruik vir 'n veilige begin lading vir die CMJ's en dan met 0.1 of 0.2gr op te beweeg en te chrono?
In my wapen (Glock 19) werk 'n COL van 28.4 sonder probleme ek dink die 28mm is dalk bietjie aan die kort kant. Ek verstaan Glock verkies die COL bietje langer.
Dan moet ek verder ook bekommerd wees oor die krag faktor vir IDPA, Ek wil graag faktor van 130 bereik en moet dus herlaai vir 'n snelheid van 1049ft/sec.
Ek het Rheinmental ge mail, vir Elmarie en vir Manie, dit lyk asof hulle dalk nog op verlof is.
Is hier dalk iemand wat my kan help met 'n veilige begin/max lading om die punte met S121 te laai.
Ek het 'n chronograaf en alle ladings sal getoets word vir spoed en druk probleme.
Dankie by voorbaat.

-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Praat met G- force hy is die handwapen boffin die man ken van die goed.
Beretta
Beretta
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Greg ek laai al baie jare met S121. Dis n baie lekker kruit en sal jou gou laat weet as die ladings te warm raak. Dis egter so fyn dit verstop my Lee dispenser. Die blik gaan jou vrek lank hou. My oefen lading met Josyd 115gr loodpunte is 2,8 grein! Spoed is seker maar 800fps maar genoeg om die slide betroubaar te "cycle". Dis nie gevaarlik om onder die minimum te gaan nie. My "carry load" is 4.5gr agter n 124gr Remington golden sabre. Ek dink die spoed was 1160 fps.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Het kers opgesteek by 'n ou pistoolskieter - hy beveel aan dat jy liefs MP200 gebruik. Hy verwys na die vinniger ontbranding en met die hoër ladings om faktor te kry kan dit die glystuk laat kraak - in elk geval werk al jou komponente harder synde die reaksie vinniger gebeur. Die manne wat baie skiet meng blykbaar S121 en MP200 om 'n tussenin ontbrandingstempo te verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5122
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Die manne wat baie skiet meng blykbaar S121 en MP200 om 'n tussenin ontbrandingstempo te verkry.
Ek weet baie manne laai S121, ek inkluis maar die ernstige kompetisie manne verkies meestal MP200
Ek het gevind dat COL amper meer van belang is met 9mm as die tipe kruit juis omdat elke 0.1mm die inhoud van die dop so erg beinvloed.
Peet
Last edited by Pvdw on Thu Jan 10, 2013 3:03 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Dankie aan almal wat geantwoord het. Ek het so in al die plekke wat ek kon vra die volgende gesien.
Vir 124 CMJ's in grooter (Wat sal Full frame in afr wees?) wapens gee 3.8gr probleeme (FTF & FTE) en 4.6gr is "warm"
Meeste stel tussen 3.9 en 4.5gr voor. COL 28 tot 28.5mm (een 29).
Ek voel dus nou meer gerus om vir die (Compact G19) 3.9gr te begin en in 0.1gr op te beweeg na 4.5. (COL 28.4)
Nou het darem wat na 'n veilige Min/Max sodat ek met die lading ontwikkeling kan begin.
Die kruit meng sal ek nie. Ek sukkel klaar om veilige data te kry vir 'n bekende kruit, hoe sal jy die min/max vir so 'n "hybrid" kruit uitvis. Miskien as ek eendag "groot" is. Nou sit ek met 'n "handicap" van baie min ondervinding.
Weereens dankie vir die antwoorde, komentaar op my min/max waardes sal ook wardeer word.
Vir 124 CMJ's in grooter (Wat sal Full frame in afr wees?) wapens gee 3.8gr probleeme (FTF & FTE) en 4.6gr is "warm"
Meeste stel tussen 3.9 en 4.5gr voor. COL 28 tot 28.5mm (een 29).
Ek voel dus nou meer gerus om vir die (Compact G19) 3.9gr te begin en in 0.1gr op te beweeg na 4.5. (COL 28.4)
Nou het darem wat na 'n veilige Min/Max sodat ek met die lading ontwikkeling kan begin.
Die kruit meng sal ek nie. Ek sukkel klaar om veilige data te kry vir 'n bekende kruit, hoe sal jy die min/max vir so 'n "hybrid" kruit uitvis. Miskien as ek eendag "groot" is. Nou sit ek met 'n "handicap" van baie min ondervinding.
Weereens dankie vir die antwoorde, komentaar op my min/max waardes sal ook wardeer word.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek het MS200 en MP200 vergelyk vir ontbrandingstyd in QL. Onthou dat S121 nog vinniger as MS200 is. Die verskil in bereiking van piekdruk is 2,5% nl. .121 en .124 millisekondes. Die vinniger tempo is waaroor ek gewaarsku het - S121 gaan nog vinniger by piekdruk kom.
Ek het nie die meng van kruit voorgestel nie - net genoem dat die ervare skuts dit doen om die ontbrandingstempo van S121 te tem en dan moontlik 'n skoner brand te verkry (Verstaan MP200 brand met baie roet).
Ek het nie die meng van kruit voorgestel nie - net genoem dat die ervare skuts dit doen om die ontbrandingstempo van S121 te tem en dan moontlik 'n skoner brand te verkry (Verstaan MP200 brand met baie roet).
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
bobby
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
DON'T MIX POWDERS
i use 4,3gr or 4,4 gr s121 124gr rn cmj oal 28,2mm in my glocks 17 and 19
i get 1060fps in the g19 very reliable and accurate combo and i've shot about 1000in the g19 and about 3000 in the g17 .
DO NOT MIX POWDERS

Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Man, ja. Ek het ook onlangs oorgeslaan S121 toe en ek is nie beindruk nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy brand mooi skoon en hy werk goed vir teiken ladings, maar jy gaan nie dieselfde "velocities" met hom kry as wat jy met MP200 kan kry nie. Dis nie so groot probleem in 9mm nie, maar as jy na die verskille tussen S121 en MP200 kyk i.t.v. 12 boor haelgeweer ladings, sal jy sien MP200 sal vir jou tot 300fps ekstra gee sonder om buite die veilige ladings te beweeg.
En as jy jou geweer gereeld skoonmaak, gaan jy nie rerig 'n probleem met vullis he nie.
En as jy jou geweer gereeld skoonmaak, gaan jy nie rerig 'n probleem met vullis he nie.
Of so iets
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
As iemand dalk belangstel, ek het Saterdag 'n paar Frontier 115gr CMJ's met S121 in my Glock 19 getoets en hier rondom 3.7gr met 'n COL van 28mm begin hy net-net betroubaar "cycle". Ek het net tot by 3.9gr gegaan want dit was Sochem se maksimum (hulle COL is wel 27mm en nie 28mm soos myne nie).
Maar ek gaan terugslaan MP200 toe want daar's meer ruimte vir eksperimenteer sonder om 'n oog te verloor.
Maar ek gaan terugslaan MP200 toe want daar's meer ruimte vir eksperimenteer sonder om 'n oog te verloor.
Of so iets
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Praat maar met die ouens wat ipsc skiet en elke naweek honderde rondtes skiet. Baie van hulle skiet ook S121. Jy moet hier by 4.3gr gooi om faktor te maak.
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Goeiemôre, Henk van Zyl hier.LUAN wrote:Praat maar met die ouens wat ipsc skiet en elke naweek honderde rondtes skiet. Baie van hulle skiet ook S121. Jy moet hier by 4.3gr gooi om faktor te maak.
Hang af van die grein van die punt, en ook waarvan jou pistool hou. 124gr punte en 4.2gr S121 behoort te faktor en betroubaar oor te haal.
Sent from my iPhone using Tapatalk
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ja dankie Henk het bedoel saam met 124gr koeels na aanleiding van Harambe se pos.henk.spioenkop wrote:Goeiemôre, Henk van Zyl hier.LUAN wrote:Praat maar met die ouens wat ipsc skiet en elke naweek honderde rondtes skiet. Baie van hulle skiet ook S121. Jy moet hier by 4.3gr gooi om faktor te maak.
Hang af van die grein van die punt, en ook waarvan jou pistool hou. 124gr punte en 4.2gr S121 behoort te faktor en betroubaar oor te haal.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Het gister 3 rondtes gelaai. Data soos volg:
Pmp doppe
Federal 205 primers
S121 3.1grein
124grein Frontier cmj punt
Nie gechrony nie, maar baie mild recoil indien vergelyk met 115gr fabrieks ammo
Baie dankie vir jul inligting. Ek deel net my ervaring. Gaan settle op so 3.5grein
Wil graag vir vroulief die 9mm leer, sy vertrou nie die cz75 nie.
Sent from my iPad using Tapatalk

Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek is baie dankbaar dat hier al so baie gevra is oor die kombinasie. Ek wil nou self begin laai vir my Glock 19, maar kon net S121 kry. Ek skiet wel nie kompitisie nie, so vir my gaan dit net oor oefening en betroubaar cycle. Maar as ek Somchem se data so kyk en almal se terugvoering dan kan ek maar ‘m redelike ent onder maksimum begin laai. Het so paar 115gr en 124gr punte om die toets proses te begin.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek moet ook een van die dae my 9mm Browning HP begin laai , so ek gaan maar dophou hier vir al die geite
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek het self deur a die posts gelees en gesien 'n klomp manne wat Glock 17 & 19 skiet het genoem dat 3.8gr S121 gebruik. Ek het nou self 3.8gr gelaai, so kom ons kyk hoe dit werk.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek het gereken ek sal maar so by 3.5 begin en opwerk tot waar hy betroubaar cycle. Gelukkig skiet ek nie IPSC of so nie.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Het vanoggend gou my lading oor die Chronograaf geskiet.
Denel Brass
Magtech primers
S121 3.5gr
124gr CMJ RN Frontier
Col 28.5mm
Avg spoed was 918fps en hy cycle mooi.
Denel Brass
Magtech primers
S121 3.5gr
124gr CMJ RN Frontier
Col 28.5mm
Avg spoed was 918fps en hy cycle mooi.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
My Gen4 19 wil net-net cycle met 3.6gr agter 'n 115gr koeel en 'n 28.5mm lengte. Ek moet se, as jy so 3.4gr gooi, dan cycle hy nie, maar daar is omtrent geen recoil nie, so dis lekker vir teiken skiet. But anyway. Ek laaik nie baie van S121 nie. Ek gaan eerder terugbeweeg MP200 toe vir die redes hierbo weergegee.
Of so iets
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Ek het aanvanklik ook S121 oorweeg maar gebruik nou net S221 in beide my 9mm en my 40 S&W. Hulle loop soos stroop.
Maak 'n verskil
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Jammer vir die hijack, ma Ratel watse koeëls skiet jy en hoeveel S221 gooi jy en wat is die spoed wat jy kry?
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
-
Coenraad V
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Sun Mar 12, 2017 11:40 am
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Greg, het jy reg gekom, het onlanks my Glock 43 gekry. Het jy toe by S121 gebly of oor gegaan na MP200 ? wat was jou COL and gr ?
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: S121 laai data vir 9mm 124gr CMJ
Sal jou PM. Wil nie verder hijack. Jammer Greg.Stephan86 wrote:Jammer vir die hijack, ma Ratel watse koeëls skiet jy en hoeveel S221 gooi jy en wat is die spoed wat jy kry?
Maak 'n verskil