Naand mense,
Ek wil graag van die van julle wat ondervinding met die Pajero Sport het weet of julle dit sal aanbeveel?
Ek sien die 2.5 het nuwer binneruim as die ouer 3.2L en meer krag en beter brandstof verbruik.
My bakkie raak nou oud en dis tyd om aan te beweeg. Oorweeg SUV vervanging agv beter waarde proposisie.
Julle gedagtes?
Groete,
Halvar
Pajero Sport 2.5
-
Hennie Dreyer
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm
Re: Pajero Sport 2.5
Hallo daar. Ek het eers die 3.2 gehad en nou die 2.5 vanaf Sep 2013. Het amper 100k op die 'klok' en nie 'n dag se probleme gehad nie. (2.5 4X4 auto)
My persoonlike siening is dat die voertuig die beste waarde vir geld is wat ek ooit kon kry.
En die groot bonus is dat ek legendariese betroubaarheid geniet en die buitelewe absoluut met die kar geniet.
Gaan vergewis jouself van die PS se gewildheid op die 4X4 Community forum onder diegene van ons wat dit ry. Jy sal waardevolle inligting hieroor daar kry in die Pajerosport 'thread'
Ek ry nounou na 'Die Hel' toe vir die naweek
kan nie wag nie
Groete

Hennie
.308 CZ 550 Lux
.308 CZ 550 Lux
- likweD
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm
Re: Pajero Sport 2.5
Dankie Hennie.
Ek het op 4x4 Community Forum gesien die manne wat ene het sal nie weer iets anders doen nie..
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Ek het op 4x4 Community Forum gesien die manne wat ene het sal nie weer iets anders doen nie..
Sent from my SM-P605 using Tapatalk